Iemand hier skuld ons 'n storie

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by Alwyn »

Baie geluk!!

Een dag as ek mooi groot en sterk is gan my 404 Jeff ook so maak!!
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by SNIPER »

Hi Kallie

Besonderse mooi Buffel wat jy geskiet het daar.

Baie geluk,netjiese werk.

Groete

SNIPER
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by ROBBIE1 »

Baie mooi, geluk Kallie! Wag vir daai storie......
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by Gawie(13mm) »

Baie geluk. Is nou sommer namens jou trots op daai buffel en skelm-jaloers oor die voorreg.

Mooi man, mooi!
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
ASP
Newbie
Newbie
Posts: 40
Joined: Tue Nov 12, 2013 1:33 pm

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by ASP »

Regtig 'n mooi Buffel, baie geluk. Ek wil ook vir die kameraman sê goeie werk! Was dit 'n professionele kameraman?
"I have hunted almost every day of my life, the rest have been wasted" - Will Primos

https://www.facebook.com/pages/African- ... 1203379188
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by Boskamper »

;D Baie mooi, en ek dink jy is trots, jy mag wees, ek kan net droom, miskien eendag :D
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by Kallie404 »

Dankie manne vir die mooi gelukwense. ASP, nee geen kamera manne nie, net ons boertjies met n goeie kameras ;D
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by DWB »

Kallie. Hoop jy is besig om daai storie te tik ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by kopskoot »

Jis Kallie,

Hel nou is ek darem dik-jaloers!

Baie geluk.

Waar het jy ge-jag?
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by DWB »

Ronald, Dit was by Letaba Ranch.

Dink Kallie het al vergeet om die storie te kom skryf.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by Gert Odendaal »

Kallie404 wrote:Buffel 4.12.2013
Wat `n voorreg Kallie , daardie .404 Jeff lyk mooi so by die buffel, dit gee `n baie mooi opsomming, van die groot jag, die jagter pas baie mooi in, soos al die lede se, almal droom maar oor so `n buffel jag, maar ons almal deel in jou pragtige prestasie, jy laat ons hoop, wens en planne maak om soos jy ook langs so `n pragstuk Buffel te kan sit met `n .404 Jeffery styf in die hand vasgeklem.

Kallie, ons sal nooit dink dat jy wil spog nie, daarvoor het jy teveel karakter, maar dit is belangrik dat ons saam met jou op die groot spore van die buffel stap, storie nou asb. vir ons, dat ons ook die vars buffelmis ruik, die bosluisvoels sien opvlieg, die warm stof wat in jou neusvleuls vassit en die mopanie vlieg wat op jou sweet teen jou gesig vassit...ek het nou begin , nou moet jy aangaan... ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by win270 »

Pragtige buffel!! Dit moet 'n man se hart sommer baie vinnig laat klop en jou hemp se knope laat bars van trots.

Is jou bankbestuurder ook tevrede? ;-) Sommer net 'n grappie, hoor!

Vertel asb die hele verhaal . . .

Groetnis
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by hennief »

Dis nou hoe 'n mens vir jouself 'n Kersgeskenk gee!
Baie geluk Kallie, sien baie uit na die storie agter daai mooi buffel.
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Iemand hier skuld ons 'n storie

Post by william007 »

sjoe baie mooi buffel baie geluk Kalie jy my nou jaloers hahaha

baie mooi en jy kan trots wees op daai een
Post Reply