Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
My 4kaartjies is nou net betaal en bewys deurgemail as JPS as verwysing. Jy behoort ook een direk van bank te kry net om seker te maak jy kry die bewys
Ek en Theresa skenk nog 'n wegbreek naweek vir 4 persone ter waarde van R2800.00 in 'n selfsorg chalet op Buyskop Lodge - vir die eienaar van kaartjie nommer 2000 - maw as ons ten minste die R100 000.00 kerf maak.
Daar hoor julle die eienaar van kaartjie no 2000 is outomaties die wenner van hierdie wegbreek naweek vir 4 persone en verder gee Robbie aan dieselfde persoon 4kg biltong om te geniet op hierdie wegbreek.
Manne
Dan is dit seker nou tyd om vir Jaco en die manne wat hom help en almal wat n bydrae gemaak baie baie dankie te se vir julle bydrae. Dat julle bereid was om te gee om n verskil in iemand se lewe te maak namens myself en my dogter BAIE BAIE DANKIE MAG JULLE EN JULLE GELIEFDES N WONDERLIKE KERSFEES EN NUWE JAAR HE.
Beretta
Beretta wrote:Manne

Beter kon ek dit nie self stel nie, dankie aan julle elkeen. Mag die bydrae meningte gelukkige gesiggies he
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Dankie aan almal wat deelgeneem het, voorstelle gemaak en en gereeld navrae gedoen het oor waar ons staan. Baie dankie ook aan die borge wat pryse en aansporingspryse geborg het. Sonder julle sal hierdie kompetisie nie gewerk het nie.
Manne, laat ons nooit vergeet dat ons bevoorreg is om in die posisie te wees om te kan gee nie en laat ons nooit versuim om te help, as dit in ons vermoë is nie!
Ek dink hierdie jaar se bydraes en ondersteuning het almal se stoutse verwagtinge oortref! Baie dankie aan die Jaracal-lede se onbaatsugtige bydraes hierin!
Daar gaan 'n paar kinderharte wees wat ongelooflik bly gaan wees!
Laastens, baie dankie en ook geluk aan Jaco! Sonder 'n dryfveer soos hy, sou hierdie poging, nooit suksesvol gewees het nie.
Eugene wrote:Dankie aan almal wat deelgeneem het, voorstelle gemaak en en gereeld navrae gedoen het oor waar ons staan. Baie dankie ook aan die borge wat pryse en aansporingspryse geborg het. Sonder julle sal hierdie kompetisie nie gewerk het nie.
Manne, laat ons nooit vergeet dat ons bevoorreg is om in die posisie te wees om te kan gee nie en laat ons nooit versuim om te help, as dit in ons vermoë is nie!
Ek dink hierdie jaar se bydraes en ondersteuning het almal se stoutse verwagtinge oortref! Baie dankie aan die Jaracal-lede se onbaatsugtige bydraes hierin!
Daar gaan 'n paar kinderharte wees wat ongelooflik bly gaan wees!
Laastens, baie dankie en ook geluk aan Jaco! Sonder 'n dryfveer soos hy, sou hierdie poging, nooit suksesvol gewees het nie.
Woorde kan soms nie alles se wat n mens eintlik bedoel nie!
Sonder elke deelmener, sou hierdie nie moontlik gewees het nie, ek dink elke lid wat hier deelgeneem het, verdien n klop op die skouer, en die seeninge van ons Vader, weet net julle maak n masiewe verskil in daai kinder harte!
Dankie Jaco en die span wat gehelp het, onbaatsugtig julle tyd hierin gesit het, mag dit wat julle almal gesaai het, menigvuldig na julle terugkeer!
n Ekstra Gessende Feestyd vir almal, en n uit julle skoene geseende 2014!!
Dankie aan almal wat relings getref het en in die enjin kamer geswoeg het
ook aan almal wat pryse en bydraes gemaak het
Volgende jaar mik ons vir daai R100 000 of hoe?
Henk van der Walt
.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75