51 duim Jakkals

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

51 duim Jakkals

Post by Schalk.vdB »

Ons het gaan Jakkies soek by Zeerust toe man verby kom oppad rivier toe.
Kon hom nie los nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
SR = M
Solid rest is equal to meat
AntonF
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 97
Joined: Wed Oct 23, 2013 2:51 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by AntonF »

Ja nee daai is darm n baie mooi jakkie :o ;D ek soek ook so een :'(

Baie geluk mooi grooooootte
.22 BRNO
12Br Baikal
.303.BSA
.308 Musgrave
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 51 duim Jakkals

Post by KalahariKlong »

Hy was seker vrek skelm so in die spotlight..
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Polla1983 »

Lekker man, mooi bul daai! Deel asb met my watter klanke julle gebruik het om die tiepe jakkals in te roep. Hulle is lig sku hier by my...ha ha ha
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Marc »

Mooi bul daai, in watter area was dit. Kan maar net dorp noem ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Polla1983
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 273
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:06 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Polla1983 »

Ons het gaan Jakkies soek by Zeerust toe man verby kom oppad rivier toe.
Kon hom nie los nie

F.Y.I Marc...
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by SNIPER »

Naand 243 RSA

Baie mooi koedoe daai,hoop jy het darem n ou jakkie ook gekry wat bakkie gery het.

Groete

SNIPER
User avatar
Braamgr
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 82
Joined: Sun Oct 30, 2011 11:54 am

Re: 51 duim Jakkals

Post by Braamgr »

Waarmee het jy hom toe geskiet, 243?
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Schalk.vdB »

Manne
Ek het het hom by Doringpoort geskiet net buite Zeerust.
Ons het hom nie geroep nie hy het sommer self gekom, maar ek dink hy het die bakkie gesien ry en wou saam ry.
Braam ja ek het hom snaaks genoeg met die 243 geskiet want dit is al wat ons by ons gehad het.
Ek het hom seker so op 80 meter met 'n 85 gr Sierra agter die kop geskiet toe hy begin wegloop.
SR = M
Solid rest is equal to meat
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Biker »

mmmm wettig????????
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Flip Nel »

Polla1983 wrote:Lekker man, mooi bul daai! Deel asb met my watter klanke julle gebruik het om die tiepe jakkals in te roep. Hulle is lig sku hier by my...ha ha ha

Ek dink baie mense sal daai klanke wil he. ;D
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2150
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: 51 duim Jakkals

Post by Koos Barnard »

Ek moet ongelukkig ook saam met Biker die vraag vra: Was dit wettig?
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: 51 duim Jakkals

Post by matewis »

Ek lees graag saam. Daar is baie verskillende opinies wat uit hierdie een kan kom. In die aand, met n lig, met n ligter kaliber, kopskoot terwyl hy beweeg ens. Elke situasie is uniek en ek was nie daar nie. Ek glo elke jagter maak die regte besluite op daardie oomblik.

243 ek gooi nie klippe nie, baie geluk met jou mooi kudu. Ek dink net dalk kan hierdie n langer draad word as wat jy beplan het toe jy jou foto kom deel het.

Ek weet self nie wat al die reels, regulasies en etiese riglyne is nie, sal graag wil hoor wat se die gesoute manne.

Groete
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Piet Pille »

Jinne manne, ek glo darem seer sekerlik nie RSA243 sal 'n foto op 'n openbare forum kom plaas van 'n ge-poach-de koedoe nie? Dis tog seker logies dat die grond einenaar toestemming gegee het/by was?

weet nou nie hoe werk dit daar in die States met die permitte ens buite die jagseisoen nie, maar hier mag 'n boer koedoes buite seisoen skiet vir "eie gebruik" heel jaar.
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Schalk.vdB »

Manne hy is voor sonsondergang geskiet toe ons oppad was na die anderkant van die plaas.
Die res van die groep was nie baie ingenome toe ons die sleepwa kom haal om 'n jakkals te kom oplaai.
Van die jakkals jag het niks gekom nie want ons moes vleis werk. Die res van die groep se braai was ook uitgestel tot heelwat later. Ek moes daarna 4 uur in die kamp wees en my gewere bêre en die braai werk doen.
Skiet toe die ander koedoe bul 7 uur die oggend.

;) ;)
SR = M
Solid rest is equal to meat
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: 51 duim Jakkals - vervolg

Post by Schalk.vdB »

Die 2 de koedoe wat ek 7 uur die volgende oggend geskiet het.
Ek het hom met die .375 H&H met 'n 270 gr Rhino punt geskiet.
Daar was nog 'n bul in die trop maar ek kon hom nie sien nie en het die een op omtrent 100 meter agter die blad geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
SR = M
Solid rest is equal to meat
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by SNIPER »

Hi 243RSA

Baie Geluk

Dat n man so gelukkig kan wees om 2 sulke mooi koedoes so gou na mekaar te kan skiet is n voorreg.

Sit asb net so paar jakkals foto's ook op wat jy geskiet het ,want al die manne hier is nou m**rse jaloers en dink regtig jy roep die bokke in.

Dankie vir die mooi foto's

Groete

SNIPER
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Schalk.vdB »

Sniper
Nee ek werk vir my wild.
Ek wag vir die son op op te kom dat ek darem kan sien en begin spoor soek.
As ek 'n spoor kry wat die moeite werd is dan gaan ek agter hom aan, tot so 11 uur. Dan kom ek uit die veld uit tot so 2 uur en dan gaan ek terug na die laaste plek waar daar spore was en volg hom tot so 4 uur.
As ek hom nog nie gekry het nie gaan ek die volgende dag terug na die area toe want hulle bly maar daar rond en begin die proses weer van voor af.
Koos/Biker in die 43 jaar wat ek jag het ek nog nooit iets onwettig gejag nie en almal wat ek blootgestel het aan jag is almal aan my heel belangrikste beginsel blootgestel.
Respek vir die skepping!
SR = M
Solid rest is equal to meat
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 51 duim Jakkals

Post by KalahariKlong »

KalahariKlong wrote:Hy was seker vrek skelm so in die spotlight..

Dan vra ek onverskoning vir my ongepaste aanmerking.
Ek het aan geneem dit was in die nag geskiet met 'n lig en eks nie bang om te sê dat dit my dwars in die krop steek nie.
Weereens jammer vir my uitlating sonder die nodige feite.

Baie mooi bul, baie geluk.

Groete
KK
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 51 duim Jakkals

Post by Eugene »

KK, dit vat ook darem 'n man om te erken as jy verkeerd was en verskoning te vra. Dankie daarvoor. ;D
Aim small, miss small
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: 51 duim Jakkals

Post by Silent Hunting »

Baie mooi bulle daai. Mooi geskiet. Maak maar weer so.
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
Post Reply