Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Manne, ek weet daar is baie van julle wat fantastiese toerusting het en vaardighede ontwikkel het om netjies te skiet oor "baie ver afstande". Dis inderdaad 'n kuns op sy eie.
Lees ook aangehegte artikel deur wyle Dr Lucas Potgieter . . . mens moet die skrywer se humor verstaan en waardeer wat hy sê. Daar's baie om oor na te dink.
Geniet dit.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Hehehe. Lekker Dok, hier het jy raakgeskiet..... RIP ou Grote!
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Ek onthou die dag toe ek die berig gelees het. Ek het daai tyd al geweet die berig is vir 'n sekere "audience" geskryf. Ek weet Dr Lucas het goed bedoel, en dit is goed geskryf. Ek sien die humor ook in ja, maar dit is nou wel 2013 en my volle opinie sal ek natuurlik uit respek terughou 
Dankie vir die deel van die berig. Ekt hom gesave.

Boskamper
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Baie goeie artikel, nevermind vir wie dit bedoel was, ek dink daar is so paar goedjies om oor te dink, veral vir ver skiet, miskien kan dit die verskil bring tussen (Jagters en Skieters)
Jagters gaan soek die wild en kom naby om te skiet
Skieters gaan soek die koppie en skiet die wild wat hy in die verkyker en scope sien
Jammer by voorbaat
Jagters gaan soek die wild en kom naby om te skiet
Skieters gaan soek die koppie en skiet die wild wat hy in die verkyker en scope sien
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
Se sommer Nico
Llama 38 spesialtjie
WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Baie goeie artikel en vir die jaar 2000 of wanneer dit ook al geskryf is, meestal die waarheid.
Ek lees egter baie die woorde "skat" en "raai"... Dis nie woorde wat 'n langafstand skut te veel moet gebruik nie....
Wat die woordtjies "skiet" en "jag" aanbetref, noem dit gerus maar net wat julle wil! As dit jagters lekkerder laat slaap of jag of brandewyn drink deur dit wat ek van 'n bakkie af, uit 'n hide uit of van 'n koppie af doen, skiet te noem, great! Noem dit net wat julle wil, solank julle watookal julle doen, meer kan geniet deur ander manne se passies af te maak as skiet, dan is daar darem 'n wenner hierin...

Aim small, miss small
-
Joe308
- Full Member

- Posts: 228
- Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Ek stem saam Fritz.
Last edited by Joe308 on Sun Dec 29, 2013 3:44 pm, edited 1 time in total.
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Ai die ou Afrikaner volkie ook darem. Van almal daarbuite wat TEEN ons veg, baklei ons die hardste......ook teen onsself. Manne, gun mekaar 'n plekkie in die son.
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Daars 'n boek van Dr Lucas "fonteintjies langs my geweerpaaidjie" of so iets. Seker een van die lekkerste boeke om te lees.
Waar kan mens die boek nog koop?
Waar kan mens die boek nog koop?
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
VersekerEugene wrote: Ek lees egter baie die woorde "skat" en "raai"... Dis nie woorde wat 'n langafstand skut te veel moet gebruik nie....
-
SNIPER
- Full Member

- Posts: 240
- Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Naand win270
Lag ek darem nou lekker oor al die dinge wat genoem word en hoeveel keur was ek nie
al in hierdie gesprek betrokke en luister wat die manne praat langs die braaivleis vuur oor daai laaaaang "SHOTS" wat hulle geskiet het nie.
Hier naby my op Naboom in Limpopo is n wildsboer by wie ek jakkalse skiet wat as die manne van die bakkie af klim en reg maak om gunne in te skiet n baan het met 100m,150m,200m en n staal plaat teiken so groot soos A4 bladsy op 300m wat teen boom hang.
Die reel is as jy staal plaat kan raak skiet kry jy rooibok verniet.
Nou vir die grap, meeste manne skiet op 100m mooi en 150m gaan dit nog goed en dan 200m skiet 9 uit 10 manne baie laag of die teiken heeltemal mis.
Nou vestaan ek hoekom hy so baie rooibokke op die plaas het.
Groete

- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Win 270, hierdie is soos om te wil se jy het lekker gebraai toe jy Saterdag jou tjoppie oor daai gas, houtskool of brikkette geskroei het. In werklikheid het jy bloot vleis gaargemaak. Want as jy wil braai gebruik jy hout en jy begin jou vuur sonder moderne aanstekers soos blitz. Jy doen dit verkieslik op die grond ook en nie een onder blink poleerde klontrapsie nie !
Soos Eugene noem, toe die persoon die brief gesit en skryf het het eskom nog nie eens krag aangele plase toe nie. Kom ons hou bietjie by met die tyd en gun elkeen sy plek in die son

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Eugene wrote:Baie goeie artikel en vir die jaar 2000 of wanneer dit ook al geskryf is, meestal die waarheid.
Ek lees egter baie die woorde "skat" en "raai"... Dis nie woorde wat 'n langafstand skut te veel moet gebruik nie....
Wat die woordtjies "skiet" en "jag" aanbetref, noem dit gerus maar net wat julle wil! As dit jagters lekkerder laat slaap of jag of brandewyn drink deur dit wat ek van 'n bakkie af, uit 'n hide uit of van 'n koppie af doen, skiet te noem, great! Noem dit net wat julle wil, solank julle watookal julle doen, meer kan geniet deur ander manne se passies af te maak as skiet, dan is daar darem 'n wenner hierin...
Dankie Eugene. Ek stem 100% saam met hierdie stellings van jou.
Noem dit gerus maar net wat jullle wil!
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
douw wrote:Eugene wrote:Baie goeie artikel en vir die jaar 2000 of wanneer dit ook al geskryf is, meestal die waarheid.
Ek lees egter baie die woorde "skat" en "raai"... Dis nie woorde wat 'n langafstand skut te veel moet gebruik nie....
Wat die woordtjies "skiet" en "jag" aanbetref, noem dit gerus maar net wat julle wil! As dit jagters lekkerder laat slaap of jag of brandewyn drink deur dit wat ek van 'n bakkie af, uit 'n hide uit of van 'n koppie af doen, skiet te noem, great! Noem dit net wat julle wil, solank julle watookal julle doen, meer kan geniet deur ander manne se passies af te maak as skiet, dan is daar darem 'n wenner hierin...
Dankie Eugene. Ek stem 100% saam met hierdie stellings van jou.
Noem dit gerus maar net wat jullle wil!
O ja, ek sien die oom praat van my in die artikel, 300 WM met Fluted loop op 'n sintetiese kolf wat ge "free-float" is
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Ja, kry julle op julle se moe vanuit die graf.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Haha Douw, jy was al in 1976 beroemd vanuit jou Pa se sakke. Bells vir jou mater 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Marc wrote:Haha Douw, jy was al in 1976 beroemd vanuit jou Pa se sakke. Bells vir jou mater
Onthou, ek was toe in die beplannings fase. Jy weet mos dat beplanning vir 'n sekere projek die deurslaggewende faktor is wat sukses sal bepaal
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Sniper ek soek asb daai boer se nr.SNIPER wrote:
Hier naby my op Naboom in Limpopo is n wildsboer by wie ek jakkalse skiet wat as die manne van die bakkie af klim en reg maak om gunne in te skiet n baan het met 100m,150m,200m en n staal plaat teiken so groot soos A4 bladsy op 300m wat teen boom hang.
Die reel is as jy staal plaat kan raak skiet kry jy rooibok verniet.
Nou vir die grap, meeste manne skiet op 100m mooi en 150m gaan dit nog goed en dan 200m skiet 9 uit 10 manne baie laag of die teiken heeltemal mis.
Nou vestaan ek hoekom hy so baie rooibokke op die plaas het.
SNIPER
Het lanklaas 'n rooibok verniet geskiet.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Ek het 'n paar jaar terug gaan skiet naby Mcarthyrus in die Kalahari. Die boer se pa het ons by ons aankoms saam met die boer ontvang en saamgestap toe ons die gewere en die zero's nagegaan het. Toe hy ons gewere en toerusting sien, sê hy: " Julle manne het nie kom jag nie, julle het kom skiet! 'n Ware Jagter gebruik oop visiere en die fancy teleskope nie!"
Later die aand vertel hy ons hoe hulle eendag met 'n Bedford trok gaan "jag" het en tussen 4 manne 100 springbokke van daai trok afgeskiet het. Daar is min sulke ware jagters oor! Gelukkig....
Nou wonder ek of die manne wat so lustig die woord skieter rondgooi, julle manne skiet darem seker julle bokke met oop visiere, haal binnegoed in die veld onder 'n kameeldoring uit en dra self julle bokke kamp toe, nè?
Dink maar daaroor ook...

- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Mooi gestel Eugene!
-
Jaco Naude
- Full Member

- Posts: 148
- Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Ekself is nie 'n lang afstand jagter nie, en ek erken ek het nie die kennis of toerusting (huidiglik) om lang afstand jag suksesvol te beoefen nie....
maar....
op 300m met die 338 sal ek ook 'n paar van die oom se rooibokke vir hom gaan afhaal siende dat hy nou so vrygewig wil wees....

Brno .22 LR Model 2
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
-
Jakkies
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Tue Sep 25, 2012 11:01 am
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Dit is vir my opvallend hoe jagters van verskillende metodes en disiplines konstant onder mekaar stry wat nou eintlik ware jag is en wat nie. Wie gee regtig om? Niemand van ons vandag jag uitsluitlik vir oorlewing nie. Elke persoon jag vir ander redes, wat ookal dit mag wees, dit is jou eie persoonlike oortuiging. Hoekom die nodigheid voel om iemand anders se manier van jag wat van jou eie oortuigings verskil, te verkleineer? Maak dit van jou 'n beter mens? Voel jy goed as jy jou eie oortuigings kan voorhou as die enigste korrekte manier? Gun elke jagter sy plek in die jagveld en ook die voorreg om sy metode, van watter aard ookal, jag te noem as hy so voel. Dit maak mos nie afbreek aan jou as mens nie. Hoekom die nodigheid om mekaar gedurig aan te val of reg te sien? Of is die eiewaan so belangrik?
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
+100 Ghillie Man - ek deel jou siening
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Dankie vir die waarheid! As 'n sekere dissipline jou nie trek nie, los dit vir die manne wat dit geniet! Waarom dit afkraak of verdag maak....Ghillie Man wrote:Dit is vir my opvallend hoe jagters van verskillende metodes en disiplines konstant onder mekaar stry wat nou eintlik ware jag is en wat nie. Wie gee regtig om? Niemand van ons vandag jag uitsluitlik vir oorlewing nie. Elke persoon jag vir ander redes, wat ookal dit mag wees, dit is jou eie persoonlike oortuiging. Hoekom die nodigheid voel om iemand anders se manier van jag wat van jou eie oortuigings verskil, te verkleineer? Maak dit van jou 'n beter mens? Voel jy goed as jy jou eie oortuigings kan voorhou as die enigste korrekte manier? Gun elke jagter sy plek in die jagveld en ook die voorreg om sy metode, van watter aard ookal, jag te noem as hy so voel. Dit maak mos nie afbreek aan jou as mens nie. Hoekom die nodigheid om mekaar gedurig aan te val of reg te sien? Of is die eiewaan so belangrik?
Aim small, miss small
-
Jaco Naude
- Full Member

- Posts: 148
- Joined: Wed Dec 26, 2012 5:57 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Ek soek nog steeds die gratis rooibok..... 
Brno .22 LR Model 2
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
CZ 527 .223 Varmint Laminated
CZ 550 .308 Win
Ruger .338 Win Mag
Brno 12g SxS
CZ 75 9mmP
CZ 83 9mmS
CZ Mod 50 7.65mm
- Geno
- Administrator

- Posts: 13643
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Lang-afstand skiet - dink bietjie hieroor
Win270.
So jy sê jakkalsjag is skiet en langafstand jag is ook skiet?
Genade, wat beskou jy dan as jag? Pak maar weg daai .270 en kry 'n spies. Loop eerder kaalgat sonder skoene en steek die bok vrek.

Goed, beter, 6millimeter!