Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by BLOK »

VdWalt wrote:
BLOK wrote:
Silent Hunting wrote: Blok,

Onthou net om op meer as 200m te skiet. Is maar moeilik as hulle naby is...

Henk
Ek sal seker nooit die einde hoor van daai mis skoot op die jakkals nie hehehe
++>: ...... terwyl jy nou pak kry ..... jy het my nog nie geantwoord op die vraag
vir watter span jy support nie....!!

Ek kan sê "Die Sharks het ons gewen die naweek" (glad nie 'n skande nie) maar
jy moet sê "Die ........ het ons gewen" ++>:


Van Der Waltieee hehehehe

Ek skree vir daai span teen wie julle alweer verloor het, die CHEETAHS!!
Last edited by BLOK on Mon Feb 24, 2014 4:21 pm, edited 1 time in total.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Fritz »

Vrystaat ek wil deurgaan!!

Marnitz Boshoff vir Springbok loskakel!!
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Frikkiedbr »

[/quote]
Van Der Waltiieeee

Ek skree vir daai span teen wie julle alweer verloor het, die CHEETAHS!![/quote]

http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/cheetah-5_zpsf6b4fc41.gif
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Capt. Yoda »

Fritz Hagen wrote:Vrystaat ek wil deurgaan!!

Marnitz Boshoff vir Springbok loskakel!!

Laat die man dam eers teen Lambie en die Sharks ook speel O0
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Zack Benade

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Zack Benade »

Laat die man dam eers teen Lambie en die Sharks ook speel
Hy het mos laas jaar. :police:
Hy was ook nie verniet die hoogste puntemaker in 2013 nie. :angel: :angel: :angel:

Wat my duister slaan is dat hy al lank misgekyk word deur die Springbokke. Hy verdien sy plek.
Of laat ek eerder vra wat moet die arme man nog doen?
Miskien moet hy vir die All Black gaan speel!! ++>: ++>:
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by VdWalt »

BLOK wrote:
Van Der Waltieee hehehehe

Ek skree vir daai span teen wie julle alweer verloor het, die CHEETAHS!!
++>: Ek het vir die een gewag om my te kom byt!!

Maaaaar..... ons kry al 'n rukkie pak so my vel is al lekker taai, maar om teen die Leeus en die
Stormers te verloor maak nog steeds die seerste!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by BLOK »

Ek het maar gedink ek spaar jou die vernedering, maar as n man aanhou vra vir n pakslae dan gee ek hom maar haha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by 375fanatic »

hallo my naam is Rudi ek rook nie ek drink en ek vloek nie

die tannie is ook te oud vir my tannie toksie en tjopies


Frikkiedbr wrote:
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/cheetah-5_zpsf6b4fc41.gif[/quote]
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Fritz »

Vir jare lank hoop ek al die goeie era van blobul rugby, so 1998 - 2001 se kant, wil weer terugkeer sodat my ore nie ao seerkry van al die bulle ondersteuners se geskerts nie. Nou dat dit uiteidelik weer hier is het ek nie meer 'n tv nie!! :( :(

Ai maar dis darem weer lekker om werk toe te gaan op maandae!

Waar bly die bulle??

Hulle bly stil!!!!!!! ;D :laugh:
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Frikkiedbr »

So op die os en die jas.

Hulle sê mos mens praat nie oor Godsdiens, politiek nie, maar nou vra ek vir die slim manne en dames hier.....

Vir wie moet mens nou die 7 Mei stem. Al die partye klink na mense wat nie regtig weet om die land reg te ruk nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by PWV »

Frikkiedbr wrote:So op die os en die jas.

Hulle sê mos mens praat nie oor Godsdiens, politiek nie, maar nou vra ek vir die slim manne en dames hier.....

Vir wie moet mens nou die 7 Mei stem. Al die partye klink na mense wat nie regtig weet om die land reg te ruk nie.
Probeer 'n ander Forum! ::)
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Frikkiedbr »

Dis nou 'n baie goeie antwoord daai Oom Pieter, :o ::)
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Fritz »

Frikkiedbr wrote:So op die os en die jas.

Hulle sê mos mens praat nie oor Godsdiens, politiek nie, maar nou vra ek vir die slim manne en dames hier.....

Vir wie moet mens nou die 7 Mei stem. Al die partye klink na mense wat nie regtig weet om die land reg te ruk nie.
EFF 4 life!!!!!!!

Viva Julius Viva!!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by BLOK »

Ek dink as jy vir EFF stem en hulle wen weet jy ten miste waar jy staan en wat gaan gebeur en wat hulle plan is. Anders as die ander partye wat die selfde dinge nastreef maar dit net baie agterbaks doen.

Laat my nogals dink aan die onderhoud van Dali Thambo verlede jaar met Mugabe. Reken Mugabe toe mos hy het geen probleem met regse blankes nie, hulle is welkom in sy land want hy weet waar hy met hulle staan en hoe om hulle te hanteer. Sy probleem se hy is die agterbakse linkses wat hy weg gejaag het. Se mens kan hulle geensins vertrou nie, en dat hulle altyd met n verskuilde agenda besig is.

Seker een van die redes hoekom ek die EFF sal verkies bo die Anc. Hulle se tenminste wat hulle bedoel en beplan, die ander beplan en doen presies wat die selfde as die EFF maar werk dit op n agteraf skelm plan.

Newat vir wie ek gaan stem is n groot kopkrap saak, iets wat jy weet maak nie saak vir wie dit gaan wees nie, dit elkgeval seker nie op die korte duur die moeite wert is nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
stan man

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by stan man »

naand blok
ek stem vir nog n ver skiet hier op die plaas.
dit is al waaroor ek myself sal uitlaat,as dit by stemmery kom.
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Fritz »

Hey julle moet my saamnooi!! Ons boer ook net om die draai by Steynsrus!
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Heinz Petersen »

Almal belowe jou die maan en sterre, maar al wat vir my skyn is die daklig in my laaikamer.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by NicoSmit »

Ek laaik daai robot rooi berret van die Julius clan eke hy soek hom so ene
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by wlm »

NicoSmit wrote:Ek laaik daai robot rooi berret van die Julius clan eke hy soek hom so ene
Bring Diensplig terug. Dit is al manier wat daai eierkop en sy gabbas gaan leer hoe om 'n beret ordentlik op hul koppe te sit.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Johan Nel »

HeinrichPrinsloo wrote:Ek kan jul een ding sê

As my wild so aan n ketting gehang het as ek daar kom sou daar nog iets langs die bok gehang het aan n ketting so paar minute later - En nee dit sou nie nog n bok gewees het nie >:D

http://jaracal.com/download/file.php?id=13126
EK sien daar is manne benewens Heinrich wat sterk gereageer oor die feit dat die wild aan hulle nekke of onderkaak gehak is op die slagplek. Nou is ek nuuskierig daaroor. Waarom is daar so sterk uitsprake daarteen? EK het al baie fotos van Europese jagters gesien wat hulle wild presies so hang om af te slag, dus vermoed ek dat daar nie veel fout is om die wild so te hang en af te slag nie. Ek weet dis nie algemene praktyk in die Suid Afrikaanse jagbedryf nie, maar as ek dit so beskou dink ek dit kan dalk nogal skaflik werk wanneer mens die dier ontwy (pens en ingewande uithaal). Ek vind dit altyd 'n bietjie van 'n schlep om 'n bok se pens mooi verby die oopgesaagde ribbes verby te kry en dan seker te maak die skerp kante van die ribbes hak nie iets nie.
En asseblief manne, ek kritiseer niemand vir sy standpunt nie, ek vra bloot 'n vraag.
Ek hoor graag nog kommentare.
Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Eugene »

Johan, ek hang altyd 'n bok onderstebo vir die bloed om uit te loop waar die nek en kop afgesny is..... Dis maar al hoekom ek kan dink dat ons manne dit anders om doen....

Dalk bloei oorsese bokke en varke nie.... ;) >:D
Aim small, miss small
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by VdWalt »

Dit lyk verkeerd.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by junglejulian »

die boude wat die meeste bydra tot vleis op n bok kan so baie meer besmet raak as die pens stukkend geskiet of gesteek is.So gaan jy ook baie longbloed ens oor die boude ens kry sodra die diafragma gesny word.Al waar ek kan dink dit werk is as jy uitsluitlik vir die trofee jag en nie omgee oor die vleis nie.vir n skouermontering behoort so n bok makliker te slag agter op die haarlyn van die nek
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by win270 »

Die agterpote maak dit net eenvoudig makliker om op te hang en ek dink ook dit lyk vir my net netjieser. Die boude hang dan bo en vergemaklik ook sny van biltong as mens by boude en rug begin sny. Die argument oor beskadigde pens wat die boude kan besoedel, is ook 'n goeie rede vir andersom (as op die foto's) ophang.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hijacking en ander geskerts!

Post by Frikkie Coetzee »

Elke ou soen sy vrou op sy manier.

Ek het al gesien mense doen dit en sweer dis skoner. Ek self doen dit nie, maar as n ander man dit doen en dit werk vir hom, hoekom nie?
Post Reply