Brno Model 21 H
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Brno Model 21 H
Naand manne,
Ek is op soek na 'n paar van bg. gewere.
Dalk moet ek net gou spesifiseer wat ek soek. Net na WW II, ek dink 1946 het Brno die model 21H uitgebring op 'n klein ronde brug Mauser tipe aksie. MAW is dit 'n vol lengte aksie ( nie kort ) maar kleiner in omtrek, en ligter. Êrens in 1950 het hulle van die ronde "receiver" ring na "dovetails" verander. Hulle het met onderskeidelik 20&1/2 en 23&1/2" lope uitgekom, volgens die BBGV.
Hulle is, in net 5 kalibers vervaardig nl. 6,5x57; 7x57; 8x57; 8x60 en baie meer skaars ook 7x64.
Al hulle 8mms was .323, m.a.w "S" kaliber.
Ek besit tans 'n 7x57 met die ronde receiver en 20&1/2" loop circa 1948, en 'n Mod22 6,5x57 circa 1950. Ek soek nou die ander 3. Ek sal dit verkies as hulle ook die ronde receiver en lepel grendel-handvatsel het, maar sal die dovetail weergawe oorweeg. As daar 'n man is wat van sy 7x64, 8x57 of 8x60 wil afstand doen, sal ek graag wil hoor.
Nou asseblief mense. Ek soek die gewere in oorspronklikke toestand. Dit beteken dus 'n paar goed is uit:
1. Daai spuls skroefdraad wat jy laat sny het vir n silencer.
2. Die kief blou en buff of colour case hardening afwerking wat jou oom gedink het waarde toevoeg voor hy die ding vir jou gegee het. O en daai powdercoted vibe wat sekere manne aan magasynplate gedoen het. Nee, nee, nee.
3. Blink polering van die grendel, en, bewaar my siel, Jeweling daarvan. Ek doen nie die Pimp my gun ding nie.
4. Boor en tap. Ek verstaan die doel daar agter, maar nee dankie, ek het baie gewere met teleskope op.
5. Kamer verandering. Ek verstaan dat jy jou 7mm STW op hom wou bou, maar soos bo vermeld, ek soek die oorspronklikke kalibers.
6. Kolwe wat langer of korter gemaak is. As 'n saag aan hom geraak het soek ek nie. Ook die jou lekker zef nuwe checkering of totaal ander kolf nie. Dalk as jy hom vir my verniet gee.
7. FUBAR loop. Binne of buite, ditto vir enige roes of pitting.
Vervangbare parte wat weg is, wat ek kan kry sal my nie pla nie. Hiermee bedoel ek dalk 'n visierklappie, buttplate, gripcap, ens.
Ek dink ek soek hoender tande hier, maar dalk kan een van julle my op die spoor van een sit wat wel goeie huis kort.
Dewald

Last edited by Pappabeer on Wed Jun 22, 2016 12:08 am, edited 1 time in total.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Brno Model 21 H
Ek het n 6,5x57 maar hy is nie te koop nie. 1951 model met die dovetails.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1881
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Brno Model 21 H
More Pappabeer
Goeie nuus en slegte nuus.
Ek het almal van hulle insluitend te 7x64, maar nie een is te koop nie.
Hulle kom nogal gereeld beskikbaar maar soos die tyd verloop al hoe minder maar ja, in oor spronklike kondisie baie min.
Ek was seker maar net gelukkig want my 5 is 100% oorsproklik en dan het ek ook 3 "duplikate" wat gedril en tap is en die recoil pads is vervang met rooi Decelerator pads waarmee ek jag.
Sal seker nou moet begin bou aan n model 22 versameling
Sal my ore oop hou en jou laat weet as iets op kom (as ek dit nie self koop nie)
Ek weet Classic arms het 6.5x57, 8x57 en 8x60s in voorraad gehad, gee vir Andrew n lui.

Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
Môre,
Ja dit is 'n voorreg om so 'n versameling te hê. Dit wat ek al by Classic Arms gesien het se kondisie het maar gewissel van stront tot uiters stront. Ek sal nogtans as ek weer daarbo is 'n draai maak en loer wat hulle het.
Ek sien daar kom elke nou en dan van hulle beskikbaar, maar, of die pryse is belaglik- lets face it, on werk nie hier met Tipe A Obendorf Mausers nie, of hulle is so verkrag dat dit nie die moeite werd is nie.
Ek sal,dit waardeer as jy 'n oor op die grond hou.
ns. Ek sien jy is 'n mediese rep. By watter pharms maatskappy is jy?
Mooi dag
Ja dit is 'n voorreg om so 'n versameling te hê. Dit wat ek al by Classic Arms gesien het se kondisie het maar gewissel van stront tot uiters stront. Ek sal nogtans as ek weer daarbo is 'n draai maak en loer wat hulle het.
Ek sien daar kom elke nou en dan van hulle beskikbaar, maar, of die pryse is belaglik- lets face it, on werk nie hier met Tipe A Obendorf Mausers nie, of hulle is so verkrag dat dit nie die moeite werd is nie.
Ek sal,dit waardeer as jy 'n oor op die grond hou.
ns. Ek sien jy is 'n mediese rep. By watter pharms maatskappy is jy?
Mooi dag
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1881
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Brno Model 21 H
Hier was nou die dag n ou in Midrand wat n redelike goeie kondisie 6.5 gehad het, maar gedril en tap.
Baie min van die 6.5 en 7 mm gaan onaangeraak wees.
En oor die pryse, ja, ek sien die pryse is besig om op te gaan
Ek het R5000 - R6000 vit myne betaal en R7500 vir die 7x64 (eienaar het nie geweet hulle is skaars nie)
Ek rep vir Dr Reddy's Laboratories
Baie min van die 6.5 en 7 mm gaan onaangeraak wees.
En oor die pryse, ja, ek sien die pryse is besig om op te gaan
Ek het R5000 - R6000 vit myne betaal en R7500 vir die 7x64 (eienaar het nie geweet hulle is skaars nie)
Ek rep vir Dr Reddy's Laboratories
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
OK, dan ondersteun ons julle
ons praktykie in Roodepan, het noggal baie van julle Rx.
Ja, daai is wat my naat effens krap. Ek het R8000 vir my 7x57 betaal, in die mooi kondisie wat hy is, met die koerier koste ingesluit. Dit is vir my billik. Dit was Maart 2013. My ZG47 was 'n steel teen helfte daai prys, maar in 2006, en die ou oom wou hom laat vernietig.
Ek het vroëer die jaar 'n 8x60S by Jacques Arzul (Gun'O Clock) in Stellenbosch teen R6000 met 'n paar minute gemis. Dit het na 'n goeie kondisie post'49 geweer gelyk. Dit was nie dalk jy wat hom geneem het nie?
Daar is by voorbeeld 'n persoon met wie ek nou onderhandel vir 'n 6,5x57 in baie mooi toestand, maar met baie "bland" hout, en weereens 'n post '49 met die dovetails. Hy het dies en 50x patrone (wie weet watse maak, ons wag nog) by, maar hy soek R15 000. Dit is vir my net te styf. Veral siende dat die Nikko Sterling scope, en Weaver ringe nou nie rêrig waarde toevoeg nie...
Die ding met boor en tap is ook, jy kry boor en tap, EN DAN, boor en tap... Dit is een ding as Johan Morkel of Danie Joubert bv. hom geboor en tap het, en dan mag ons dalk aanvaar dat die geweer n netjiese teleskoop op kry, en dat hy 4x netjies opgelynde, flush skroefies sal in hê vir die estetiese. Dis 'n ander storie as een of ander Ex-SADF armourer, wat nou 'n "geweersmid" is die ding met sy Ryobi drillpress bygekom het en hom soos 'n stuk Switserse kaas laat lyk het.
Epos vir my bietjie fotos van jou gewere, ek sal dit graag wil sien, en ons sal lekker daaroor gesels.
Laat weet van daai een in Midrand, dit mag dalk die moeite werd wees om te beloer.

-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: Brno Model 21 H
Pappabeer
Daai 8x60 van Stellenbosch is nou in Jeffreysbaai.
Groete Riaan
Daai 8x60 van Stellenbosch is nou in Jeffreysbaai.
Groete Riaan
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
Nice geweer. Jy hom gekoop?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
RV
- Sr. Member

- Posts: 273
- Joined: Sat Apr 14, 2012 5:54 pm
Re: Brno Model 21 H
Nee.n Vriend van my het hom gekoop.
-
Skier
- Jr. Member

- Posts: 68
- Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am
Re: Brno Model 21 H
Dewald,
Kontak vir Kruger hier op die forum. Ek onthou hy het 'n mod. 21 6.5x57 gehad (saam met die ZG47 8x64s) wat hy wou verkoop.
Groete,
Kontak vir Kruger hier op die forum. Ek onthou hy het 'n mod. 21 6.5x57 gehad (saam met die ZG47 8x64s) wat hy wou verkoop.
Groete,
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
Daai tyd daaroor gepraat met hom. Hy wou nie meer verkoop nieSkier wrote:Dewald,
Kontak vir Kruger hier op die forum. Ek onthou hy het 'n mod. 21 6.5x57 gehad (saam met die ZG47 8x64s) wat hy wou verkoop.
Groete,
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Skier
- Jr. Member

- Posts: 68
- Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am
Re: Brno Model 21 H
right oh. Ek laat weet jou as ek een raakloop.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
Sharp Hannes,
Waardeer dit. Hou maar oë op die grond. Ek is egter besig om te onderhandel vir 'n spuls klein 6,5x57tjie in mint oorspronklike kondisie, klompie ekstras ens ens. Wag nou om te hoor waar ons gaan settle met sy prys.
Nou is dit daai 8x57 wat moet kom...
Waardeer dit. Hou maar oë op die grond. Ek is egter besig om te onderhandel vir 'n spuls klein 6,5x57tjie in mint oorspronklike kondisie, klompie ekstras ens ens. Wag nou om te hoor waar ons gaan settle met sy prys.
Nou is dit daai 8x57 wat moet kom...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Skier
- Jr. Member

- Posts: 68
- Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am
Re: Brno Model 21 H
klink spoggerig Dewald!
Hoop jy kom reg. la weet as jy gekap het.
groete,
Hoop jy kom reg. la weet as jy gekap het.
groete,
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
Lyk my die koeël is deur die kerk...Skier wrote:klink spoggerig Dewald!
Hoop jy kom reg. la weet as jy gekap het.
groete,
Die 5kg pak Iwiza is ook gekoop om my vir Mei te voer...
Pakket kom met 130x Rondtes, Hollywood Gunshop dies (sterkte as die decapping pin breek), Treurige teleskoop ( Nikko Sterling uit 19voetsek) en weawer ringe...
2 down, 3 to go. Nou vir 8x57, 8x60 en 7x64...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2173
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Brno Model 21 H
Geluk Dewald! Hoop die lisensie loop mooi en vinnig.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: Brno Model 21 H
Pragtige roer Dewald. Baie geluk. Hou vir jou duimvas vir die res van die familie wat moet bykom.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
Dankie Johan. Ons is mos nou maar deur daai dril, ad nauseum en weer terug, so hy behoort heel mooi te vlieg...Johan Nel wrote:Geluk Dewald! Hoop die lisensie loop mooi en vinnig.
Baie dankie oom Koos. Moet liewer nie te styf duim vas hou nie, dan word die Iwiza plan dalk uitgerek vir die hele 2014...NEGE3 wrote:Pragtige roer Dewald. Baie geluk. Hou vir jou duimvas vir die res van die familie wat moet bykom.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Brno Model 21 H
Baie Geluk Dewald!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Skier
- Jr. Member

- Posts: 68
- Joined: Fri Apr 15, 2011 11:02 am
Re: Brno Model 21 H
Mooi! Geniet hom Dewald!
- tau
- Hero Member

- Posts: 3987
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Brno Model 21 H
Aitsa baie mooi!!!! Nou het jy die regte 6.5!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
Al die 6,5s is reg...tau wrote:Aitsa baie mooi!!!! Nou het jy die regte 6.5!!!
Wat het jy toe vir doppe vir joune gedoen Tau?
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
- tau
- Hero Member

- Posts: 3987
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Brno Model 21 H
Gromit was gaaf genoeg om vir my Highland doppe te stuur in ruil vir 8x57 doppe. Hulle gee mooi grope, maar ek weet met my .308 het hulle na 3 laaie gekraak. So ek is net tydelik gehelp. Mens kan maak vanaf 30-06 of 7x57, maar ek is te dom iemsn sal my moet help wat ken van. my probeer het ek die nekke van die 30-06 en 7x57 doppe ingedruk.Pappabeer wrote:Al die 6,5s is reg...tau wrote:Aitsa baie mooi!!!! Nou het jy die regte 6.5!!!
Wat het jy toe vir doppe vir joune gedoen Tau?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Brno Model 21 H
Ek het toe uiteindelik daarby uitgekom om die bg. 6,5x57 uit te vat en bloed op hom te kry.
Na n redelike lang gesukkel voor ek die aansoek ingedien het (self inflicted- 'n trek KZN toe, nuwe werk, etc, etc...), het ek eers in September laasjaar my lisensie gekry. My eerste vrees was dat die aksie moontlik geboor was onder die Aluminium Parker Hale monterings, wat gelukkig nie die geval was nie. In teendeel, die staalwerk was in fantastiese toestand, en as n bonus het ek n klomp ammo saam gekry. 120x Hirtenberger fabrieks rondtes, gelaai met 125gr Partitions, 60 Sellier& Bellot 140&160gr koeels, en so 40 RWS doppe.
Die Hollywood Custom Gunshop matryse wat saamgekom het is nie great nie. Die seater cup is omtrent 2mm in deursnee, en die FS matrys is self redelik primitief. Die dimensies is duidelik nie op paar met die geweer se kamer nie, wat verduidelik hoekom die vorige eienaar dit nie gebruik het nie. Ek het n Forster Seater gekry ( snaaks genoeg die goedkoopste gewees), sowel as n Redding nek matrys, en van daar het dinge glad gelaai.
Laaste stap was om n 6x32 Zeiss diatal teleskoop op n stel Warne monterings te sit, wat my weereens aangenaam verras het. Met die ou teleskopie se turrets gezero het ek hom liggies vasgeklamp in die Warnes, wat uiters positief vat op die Brno Dovetails met die receiver keep wat "creep" verhoed. Met die eerste 2 skote op 50m was die windage 100%, en moes ek net hoogte stel om hom so 1&1/2" hoog te hê op 100m.
Februarie 2015 was ek reg om te jag, en het ek n 100 of so skote deur die geweer gehad op die skietstokke, en daar het n klompie lekker jagte voorgelê. Dinge het egter die een na die ander skeef geloop. Eers het n paneelklopper my bakkie se bedrading gebreek, en van dit gesteel op n vrydag, wat my eerste Saterdag jag by Nico Harris geskaak het. Daarna het ek n Jag in Fiksburg vir Blesbokke en Swartwildebees gemis oor my bakkie in die Noordkaap gebreek het, en ek moes terug Natal toe. ( jip- Toyota breek ook...), heellaas het nog n Jag deur die mat geval na n kolega in ongevalle dood is, en ek basies n week aaneen dag en nag moes instaan - tipies lang naweek.
Ieder geval. Ek het toe n vlugtige paar dae gekry om Drakensberge toe te ontsnap, en het n kans gekry om Blesbokke net buite Lotheni te jag. Die weer het gehou, en met sneeu op die berge agter ons, het ons Lotheni na drie dae verlaat om Blesbok en watervoëls te jag vir n paar dae. Die weiding is al effens af, maar die bokke is nog in mooi kondisie gewees. Na ons die ooste kant van die plaas deurgekyk het, het ek n mooi ram gesien, so 500m weg van n groot trop, en besluit hy sal n maklike teiken wees, siende dat hy by sy merkplek lê, en tien teen een nie veel gaan skuif nie. Ek het hom bekruip oor dooie grond met n effense wind in my gesig, en op so 150m het hy my gesien en opgestaan. Ek kon op my agterent naderskuif en nog so n paar meter wen. Hy was nog rustig, en ek het hom gou met die Leica Geovid gerange om seker te maak. Hy was 125m, en ek het toe die skietstokke oopgevou en die klein Zeiss se kruis op sy skouer gesit. Hy was plankdwars voor my, en die skoot is deur sy skouers en die bokant van die hart.
2015 is die jaar wat ek nog die minste gejag het in ten minste 15 jaar, maar op n manier was ek bly om n trofee bok soos hierdie die geweer se eerste te maak. Die blesbok het 17&1/2 gemeet, met mooi simmetriese horings en dik strooigeel basisse. Die karkas was 46kg.
Daar is darem nog n paar jagte oor vir die jaar, en die vooruitsig om nog n nuwe geweer of twee aan die skiet te kry. En dan hou ek nog steeds oë en ore oop vir n Model 21 8x57 of 7x64.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Brno Model 21 H
Baie geluk en dit is regtig n mooi geweer.