Remington slagdoppe
-
Walter
- Sr. Member

- Posts: 489
- Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm
Remington slagdoppe
Middag Manne
Het enigiemand ondervinding van Remington slagdoppe? Met die tekort aan Federal en CCI LR slagdoppe, oorweeg ek om Remington slagdoppe te koop.
Wat is jul ondervinding?
Groete
Walter
Het enigiemand ondervinding van Remington slagdoppe? Met die tekort aan Federal en CCI LR slagdoppe, oorweeg ek om Remington slagdoppe te koop.
Wat is jul ondervinding?
Groete
Walter
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Remington slagdoppe
Walter
Ek het ondervinding van Remington slagdoppe. Het hulle vergelyk met CCI. Geskiet in my 7 mm Tombi en .308 Howa. Kon geen verskil vind nie. Al verskil is dat Remington baie goedkoper is.
Indien iemand werklik wetenskaplike bewyse wil kry, vra vir Wollie Wolmarans.

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Remington slagdoppe
Die kompetisie in die VSA is baie hoog, s swak primer sal dit nie lank daar oorleef nie. Fiocchi en Sellier & Bellot is n ander storie.
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: Remington slagdoppe
Is daar fout met Sellier& Bellot of wat bedoel jy Louis?
Groete
Henning
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Remington slagdoppe
Fiocchi was al wat vir n ruk beskikbaar was in die Wes Kaap en die manne wat dit moes koop het vreeslik baie "misfires" gehad. Baie bedoel ek nou vier na vyf uit twintig het nie afgegaan nie. Weet nie of dit harde primers was of defekte primers nie, maar as hy gejag het, het die bok weggekom. Sellier & Bellot is seker ok, maar ek moes lading ontwikkeling oor doen toe dit al was wat ek kon kry. As jy Winchester WLRM of WLR kan kry dan is hulle ook baie goed. Ek gebruik op die oomblik net dit.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Remington slagdoppe
Dagsê LouisLouis Kriel wrote:Fiocchi was al wat vir n ruk beskikbaar was in die Wes Kaap en die manne wat dit moes koop het vreeslik baie "misfires" gehad. Baie bedoel ek nou vier na vyf uit twintig het nie afgegaan nie. Weet nie of dit harde primers was of defekte primers nie, maar as hy gejag het, het die bok weggekom. Sellier & Bellot is seker ok, maar ek moes lading ontwikkeling oor doen toe dit al was wat ek kon kry. As jy Winchester WLRM of WLR kan kry dan is hulle ook baie goed. Ek gebruik op die oomblik net dit.
Ek is een van die manne wat noodgedwonge moes oorslaan Fiocchi toe en miskien is ek tot nou gelukkig, maar na ±200 skote het ek nog nie een "misfire" gekry nie. Hulle seat egter wel dieper as die CCI's, maar ek sien dit nie as 'n probleem nie.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Remington slagdoppe
Soos ek se Wernich Stipp is die man se naam, Nuwe Winchester 375 H&H het +- 5 misfires gehad in Maart 2014 by Durbanville skietbaan.madako wrote:Dagsê LouisLouis Kriel wrote:Fiocchi was al wat vir n ruk beskikbaar was in die Wes Kaap en die manne wat dit moes koop het vreeslik baie "misfires" gehad. Baie bedoel ek nou vier na vyf uit twintig het nie afgegaan nie. Weet nie of dit harde primers was of defekte primers nie, maar as hy gejag het, het die bok weggekom. Sellier & Bellot is seker ok, maar ek moes lading ontwikkeling oor doen toe dit al was wat ek kon kry. As jy Winchester WLRM of WLR kan kry dan is hulle ook baie goed. Ek gebruik op die oomblik net dit.
Ek is een van die manne wat noodgedwonge moes oorslaan Fiocchi toe en miskien is ek tot nou gelukkig, maar na ±200 skote het ek nog nie een "misfire" gekry nie. Hulle seat egter wel dieper as die CCI's, maar ek sien dit nie as 'n probleem nie.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Remington slagdoppe
Ek wonder of dit dan nie dalk te doen het met die lengte wat die slagpen uitsteek nie? Soos gesê - hulle seat redelik dieper as enige ander primer wat ek al gebruik het.
Maar as hulle nie in jou geweer werk nie en ander gee nie die probleem nie, "by all means" - dan werk hulle nie vir jou nie

Maar as hulle nie in jou geweer werk nie en ander gee nie die probleem nie, "by all means" - dan werk hulle nie vir jou nie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Remington slagdoppe
Dit is seker die antwoord. Diep geseate primers plus harde primer plus "light strike" = misfire
-
terven
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Fri Jul 06, 2012 9:52 am
Re: Remington slagdoppe
Ek het al meer as n 1000 Fiocchi primers geskiet in my 243 AI en 7X64 en nog nooit n "misfire" gehad nie, inteendeel ek kry beter groeperings en baie kleiner spoed verskille met Fiocchi primers in my 243 AI met s385 as wat ek met Federal 215 primers kry.
Groete
Terven
Groete
Terven
Terven Venter
.22 BRNO, .22 Ruger Precision , .22 Dasher ,.243 AI Weatherby, 6mm Dasher ,7x57 Mauser , 284 Shehane ,375 H&H Remington, 12 BR OU Fabarm , 284W Ruger no1 , 9mm Kel Tec p11.
.22 BRNO, .22 Ruger Precision , .22 Dasher ,.243 AI Weatherby, 6mm Dasher ,7x57 Mauser , 284 Shehane ,375 H&H Remington, 12 BR OU Fabarm , 284W Ruger no1 , 9mm Kel Tec p11.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Remington slagdoppe
Dis goed om te hoor, maar ek gaan nog steeds Federal vat as hulle beskikbaar is. Groeperings kan mos maar die drywer ook wees.
-
Walter
- Sr. Member

- Posts: 489
- Joined: Wed Jul 04, 2012 7:06 pm
Re: Remington slagdoppe
Dankie vir almal se bydraes tot op hede. Die probleem is dat ek op hierdie stadium Remington slagdoppe kan kry teen 'n goeie prys, maar dat Federal onverkrygbaar is. My ladings is ontwikkel met Federal, maar mens weet nie wanneer daar weer ooit Federal beskikbaar gaan wees nie. Ek wil nie sonder slagdoppe sit en dan spyt wees ek het nie maar voorraad Remington gekoop nie.
- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: Remington slagdoppe
Walter as oom Einstein se hulle is reg, belowe ek jou jy kan hulle koop!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Remington slagdoppe
Walter, ek gebruik dieselfde lading vir Remington en CCI slagdoppies.
As jy egter 'n persoon is wat in die hogere gestoeltes meeding, mag jy dalk 'n verskil kry.
As jy Remington gaan gebruik, laat weet ons wat jou bevinding is, asseblief.
Groetnis
As jy egter 'n persoon is wat in die hogere gestoeltes meeding, mag jy dalk 'n verskil kry.
As jy Remington gaan gebruik, laat weet ons wat jou bevinding is, asseblief.
Groetnis
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Remington slagdoppe
As ek na Remington se gehalte ammunisie kyk vermoed ek hulle slagdoppies sal ook goed wees.
Maak 'n verskil
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Remington slagdoppe
Ek het vandag (Saterdag )hierdie eksperimentjie uitgevoer om die drie soorte slagdoppies met mekaar te vergelyk. My .308 Howa gebruik.
Het 15 doppe geweeg - almal presies 155.4 gr.
Ek het 15 koeëls geweeg - almal presies 168 gr. en dieselfde diepte ingedruk in die dop.
Vyf rondtes van elk met dieselfdes lading en met presisie gelaai.
Vooraf ‘n proefskoot deur die skoon loop geskiet. Kondisies was perfek.
Ek het op 100 meter geskiet op drie teikens - CCI, Remington en Federal, afwisselend ten einde te probeer om die invloed van ‘n warmer loop en wisselende omgewingstoestande uit te skakel.
In alle gevalle is die spoed gemeet. Ongelukkig het my chrony my in die steek gelaat en kan ek nie die resultate ten opsigte van die spoed, as akkuraat aanvaar nie.
Al faktor wat die wetenskaplikheid van my toets kon beïnvloed, was die Ou Ballie agter die mikke. Alhoewel ek uiters versigtig en akkuraat probeer skiet het, was daar tog so ‘n afwykinkie wat ek werklik nie aan die spesifieke slagdoppie kan toedig nie. Vir my was daar geen verskil nie en ek sal met enigeen van hulle hoogs gelukkig wees.
Besluit maar self of jy een bo die ander sal verkies.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Remington slagdoppe
Dankie vir die terugvoer Oom PW.
Ek bewe meer as die verskil tussen die slagdoppe.
As ek na die groepe kyk en die "uitskieters" buite rekening laat, wil ek my ook verbeel dat die spoed redelik konstant was.
Groetnis.
Ek bewe meer as die verskil tussen die slagdoppe.
As ek na die groepe kyk en die "uitskieters" buite rekening laat, wil ek my ook verbeel dat die spoed redelik konstant was.
Groetnis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!