Die groot hond eet weer!

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Die groot hond eet weer!

Post by VdWalt »

Ek het die naweek toe 'n kans gekry om weer bietjie in die bos met die geweer rond te loop. Die
geweer was net nie die een wat ek beplan het om te vat nie.

Ek het 10 patrone vir die 300 gelaai om te sien hoe skiet hy met sy Jag Buddy op en dit was ook
die eerste keer met die Burris op. 5 x 180gr Hornady Interlocks met S385 en 5 x 165gr Hornady
GMX koeels ook met S385. Albei ladings is presies die middel van Somchem se data vir die gewig koeels.

Dit het die 5 Interlocks gevat om hom in te stel. Drie skote met die GMX om die verskil in POI
te sien. Toe 4 vier clicks reg en nog 2 skote om my te oortuig die 300 gaan saam op die jag….

Die loop is 'n duim korter as wat hy was en die kroon is oor gesny. Ek weet nie wat dit is nie maar dit voel vir
my die geweer skiet baie beter as wat hy geskiet het - en hy het mooi geskiet voor die tyd.
Miskien is dit net dat hy so veel meer van die S385 hou? Eerste keer wat ek dit gebruik in die 300.

Ek het nie die spoed gemeet nie maar dit behoort so hier by die 2800 - 2850fps te wees.
n Mooi groot rooibok ram het in so oop stukkie gestaan en ek was op die rant in die koelte.
Die skoot was 61m vêr gewees - ek sê mos die Predator camo werk.... Op die linker knop in
en op die regter blad uit. Die ram het 'n tree terug gegee en omgeval en nie weer beweeg nie.

(Die oor proppe gaan altyd saam - ek het so 6 jaar terug binne 'n klein kamer op 'n plaas se skietbaan
sonder beskerming geskiet en my ore so beskadig dit het vir 2 jaar gesuis.... :-[ gewoonlik bere ek dit voor
die fotos geneem word )
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Die groot hond eet weer!

Post by VdWalt »

GMX @ 100 meter - geen lading ontwikkeling ++>: .
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Die groot hond eet weer!

Post by Frederik »

Mooi rooibok horings en lyf.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Die groot hond eet weer!

Post by Pvdw »

Lekker as jou ou skietmaat jou hart weer warm maak. Die 6.5e het die gewoonte om ons go to guns te laat stof gaar.
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: Die groot hond eet weer!

Post by Rudie »

Regtig 'n mooi ram daai. Wat maak die buddy op die 300? Ek het terminator op myne en hy is mooi stil maar regtig 'n pyn om mee te stap. Ek het een van Henk se reflexes om my 375 gesit en oorweeg die buddy as silencer net as ek gaan stap jag met die 300.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Die groot hond eet weer!

Post by VdWalt »

Ek is baie happy met die Buddy op - en die walk en stalk is presies die rede hoekom
ek die Terminator verkoop het (wat jou toe gekoop het). Ek sou eintlik albei wou hou
en dan net met die buddy gaan jag het maar die een se geld moes betaal vir die ander
een. Ek het 2.5 dae geloop met die geweer en dit was nooit 'n probleem nie.

Sy balans is ook baie beter (dalk ook oor die loop bietjie korter is). Ek oorweeg dit nou
om die Pieter Jacobs KD wat ek op die 6.5 het ook met 'n Buddy te vervang. Die Buddy is
ligter en bietjie korter.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4791
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Die groot hond eet weer!

Post by Carl »

Baie mooi rooibok en bly die kluis stof is afgeskiet. Daai GMXe is darem goeie koeels.
Jy sal nie spyt wees om die Jag Maatjie op die 6.5 te sit nie, hy werk lekker op my 243.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Die groot hond eet weer!

Post by Geno »

Mooi bok mater! Jy toe hout gekry by Oom Swannie?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Die groot hond eet weer!

Post by VdWalt »

Geno wrote:Mooi bok mater! Jy toe hout gekry by Oom Swannie?
Nee ::) ongelukkig nie, ek het al die ekstra tyd agter een van die ander
manne se bwb aangeloop...... Dis hoekom ek ook net die een bok gekry het.
So gekweste bwb maak die naweek se jag tyd sommer vinnig baie minder.
Ons het ook toe nie eers die bwb gekry nie!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2341
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Die groot hond eet weer!

Post by henried »

Geluk, baie mooi bok.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Die groot hond eet weer!

Post by James Wilson »

Lekker storie, sal self nog n toets of twee wil doen met die GMX. Ek moet sê, na 4 jaar in die Pantser en die res in die jagveld, dra ek ook maar oorproppe. My ore suis in elke geval permanent.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply