volstruis jag!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
volstruis jag!
Hi almal
Is daar iemand wat die vinnige geveerte aan bied vir jag en wat is die pryse tans want dit is seker van die lekkerste biltong en veral droe wors wat ek al ge eet het! Hoekom hoor ons so min van volstruis vir jag?
Groetnis
Marius

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: volstruis jag!
mariusr wrote:Hi almal
Is daar iemand wat die vinnige geveerte aan bied vir jag en wat is die pryse tans want dit is seker van die lekkerste biltong en veral droe wors wat ek al ge eet het! Hoekom hoor ons so min van volstruis vir jag?
Groetnis
Marius
Die manne is jaloers op sulke groot voels!
-
mariusr
- Hero Member

- Posts: 2995
- Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am
Re: volstruis jag!
Ja Pieter en so bleddie vinnig!Wat slag die groot voel uit dis nou in gewig nie lengte nie?he he
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: volstruis jag!
Pieter Willem Vorster wrote:
Die manne is jaloers op sulke groot voels!
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: volstruis jag!
Ek het laas jaar 2 geskiet. Die een met 308 en die ander met swart kruit. Beste steaks en droewors!
Roger!
Roger!
Too many to mention ;-)
- henried
- Hero Member

- Posts: 2343
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: volstruis jag!
Dit was die eerste dier wat ek met die boog geskiet het.
Neem aan jy wil met die geweer skiet..?
Neem aan jy wil met die geweer skiet..?
- Robin
- Jr. Member

- Posts: 68
- Joined: Thu Mar 20, 2014 11:06 am
Re: volstruis jag!
Hi Mariusmariusr wrote:Ja Pieter en so bleddie vinnig!Wat slag die groot voel uit dis nou in gewig nie lengte nie?he he
n jong voël kan so rondom 25kg en op weeg.Ek het laas week n mooi mannetjie geskiet wat 58kg uit geslag het, so jy kyk min of meer na 35 tot 55kg.
BORN TO HUNT, FORCED TO WORK
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: volstruis jag!
Ek neem aan dit is sonder bene, net vleis? Ek beplan vir later in die jaar, dit is nou as ek hulle in die hande kan kry. Verlede jaar was hulle erg wild, kon nie nader as 300m kom nie.Robin wrote:
n jong voël kan so rondom 25kg en op weeg.Ek het laas week n mooi mannetjie geskiet wat 58kg uit geslag het, so jy kyk min of meer na 35 tot 55kg.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: volstruis jag!
Ek het 14 volstuise verlede maand gaan uitskiet. Die boude het almal so 16kg elk geweeg en as jy jou vleis af sny dan kry jy +-12kg vleis.
Die karkaste moes na die werkers op die plaas gaan. Ek skat hule so tussen 50 en 55kg elk.
Die karkaste moes na die werkers op die plaas gaan. Ek skat hule so tussen 50 en 55kg elk.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Robert86
- Jr. Member

- Posts: 65
- Joined: Mon Apr 09, 2012 3:26 pm
Re: volstruis jag!
Hi Julle,
Hoop dit gaan goed?
Ek wil baie graag n volstruis voor die einde van die jag seisoen gaan skiet. Het julle dalk enige voorstelle van plase naby JHB en wat kos die volstruise op die oomblike?
Julle hulp sal baie waardeer word
Groetnis
Robert

- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: volstruis jag!
Ek en 'n vriend het laasmaand 5 geskiet by Morakane Safaris in die Vryburg distrik. Hulle was R1250 elk. Die gemiddelde karkasgewig vir die 5 was 63.6kg.
-
bokbal
- Jr. Member

- Posts: 55
- Joined: Sun Dec 02, 2012 7:21 pm
Re: volstruis jag!
Marius as julle nog nie reggekom het met volsruise nie kontak my gerus ek het nog heelwat oor louwshunting@gmail.com. 082 vyf sewe 44 ses vyf 1