Skietstoel direk van vevaardiger.

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
Post Reply
User avatar
Katefbessie
Hero Member
Hero Member
Posts: 778
Joined: Tue Aug 06, 2013 3:36 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Katefbessie »

Hierdie vol gere sugustiewe trant moet ent kry.
Natuur die enigste rusplek vir die siel

.243 Ackley Imp.
6.5-06 A-Square
45-70 Marlin 1895 GBL
12 boor Browning Semi-Auto
Glock 17
Bowtech Destroyer 350
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by G-force »

Julle voeter Ian se draad op met die tjol praatery.
Last edited by G-force on Thu Feb 27, 2014 7:23 am, edited 1 time in total.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Cobus(Cobb) »

Daai box idee is puik. Myne is net 'n R80 plastiek, Big Jim of iets, pas ook presies so aan die kant, nog steed is my arm lening daar, met 3 klein LED liggies onder die armlening, vir mooi sien in die nag as jy iets soek..
Ook waterdig en kan verwyder word vanaf die stoel met 2 wingnuts.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Dawie Malan »

Dankie Cobb

Kyk bietjie na die foto van my boks se deksel. Daar is een van daai Energiser touch lights. Ook om mooi te kan sien.

Groete

Dawie
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

"n MNR van 'n skietstoel.

Willie Nel, 'n nuwe lid hier op die forum skakel my verlede week en vra of ek vir hom 'n skietstoel kan bou op spesifieke maates. Ek het verlede Woensdag begin en was Vrydag klaar met die stoel. Hy wou Saterdag die stoel kom haal maar die afstand het sy moed gebreek. Time Freight het vandag (15h15) die stoel kom laai en soos ek verstaan ontvang hy dit more.

Hy het gevra dat ek vir hom 'n video kamera houer moet maak en ek het dit so naby die loop as moontlik gesit.

Willie, geniet die stoel en onthou daar is nie medisyne vir hierdie siekte nie ;D .
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by MEERKAT »

Mooi stoel Ian , wanneer tyd dit toelaat en ons draaitjie kom maak in jou wereld sal hom graag wil uittoets .

Groetnis aan my ou neef, gaan jy veiling toe eerskomende Saterdag?

MEERKAT
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

MEERKAT wrote:Mooi stoel Ian , wanneer tyd dit toelaat en ons draaitjie kom maak in jou wereld sal hom graag wil uittoets .

Groetnis aan my ou neef, gaan jy veiling toe eerskomende Saterdag?

MEERKAT
Meerkat

Ek maak so as ek weer vir De Waal sien. Sien baie uit om jou hier in ons wêreld te ontvang, die deure staan oop vir jou en die gesin.
Nee, die veiling gaan ek nie maak nie, ek het jagters die naweek op Kommandonek.

Groete
willienel
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Fri May 16, 2014 3:13 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by willienel »

ian baie dankie ek het my stoel gekry hys baie smart en jyt hom presies vi my lyf reg gemaak ek gan al vanaand di stoel uittraai
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by VdWalt »

willienel wrote:ian baie dankie ek het my stoel gekry hys baie smart en jyt hom presies vi my lyf reg gemaak ek gan al vanaand di stoel uittraai
En ons wag vir die video....
willienel
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Fri May 16, 2014 3:13 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by willienel »

ek het regtig ni gedink ian kan so vining n stoel bou ni di manne hier in Limpopo is mal oor di stoel ek gan verseker n movie maak en vi julle manne posit weereens danki an ian vi jou goeie en vinnige diens ek wardeer!!
pyp76
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Sun Mar 09, 2014 7:44 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by pyp76 »

More Ian, ek is op soek na van daai, kamofleur net, hou vrek baie van jou stoel, wat kos hy deesdae?
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Twee 3D Skietstoele pasmaak vir twee Cruisers.

Timmie van Bloemfontein kontak my en sê dat hy 'n skietstoel wil hê vir sy Cruiser maar daar is 'n probleem dat die skietstoel moet binne in die bak staan. Ek het die skietstoel se voetstuk met 200mm gelig en dit werk soos 'n bom.

Thys van Standerton het spesiaal deurgery waar ek eers 'n klompie modifikasies moes maak en hy wou die skietstoel op 'n sekere plek hê wat ek vir hom gedoen het na so 6 ure se werk en hy is 'n baie gelukkige kliënt hier weg.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by HennieC »

Baie netjies Ian. Soos gewoonlik netjies en flinke werk.
User avatar
TINK
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Thu Aug 18, 2011 5:30 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by TINK »

Ek hoor net goeie dinge van die stoel. Wil weet: Het die stoel 'n rem-meganisme- indien nie, is daar 'n rede? Kan die stoel hoër of laer gestel word, om oor bv hoër tralies te kom?
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Tink

Nee, die stoel het nie 'n rem-meganisme nie, jy werk dit met die voete en werk uitstekend. Ja, die stoel kan gestel word as langer of korter persone die stoel wil gebruik. Jy is welkom om my te skakel by 083 vier vier nege 449 vyf.

Groete Ian
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Riaan Kriel »

Ek het op 'n ander draad vermelding van die stoel gesien, 'n PM vir Ian gestuur met navrae rondom die stoel en hy het my binne seker 2 ure terug geskakel. Lekker gesels met hom. Dankie Ian, ek waardeer!!. Sal vanaand met die anner half gesels oor die ou stoeltjie en dan weer vir Ian kontak.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Riaan Kriel »

Vanoggend weer met Ian gesels, die nuwe speelding is bestel en betaal..... Nou vir die lang wag....... O my ongeduld tog >:+

Dankie vir jou moeite en diens sover Ian ;D
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Riaan

Baie dankie ou maat, nou is die druk op my ;D , jou skietstoel, filter en bakkienet is oppad.
Jy sal nou die regte medisyne moet opspoor want soos jy weet is dit 'n ongeneeslike siekte.

Groete
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Blackie Swart »

Wil net vir Ian bedank met sy help sover. Het vandag my skietstoel by hom bestel en is reg on Sondag opgetel te word. As als goed gaan is die stoel Dinsdag die 23 ste by my.Kan nie meer wag vir my stoel nie. Puik diens ou maat. Dankie weereens
Groete
Blackie
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Riaan

Jy het die druk lekker op my geplaas vir jou skietstoel, bakkie jassie en filter wat eers more sou reg wees en dit al klaar vandag kom afhaal het. Geniet en gooi die lood raak ou maat.



Blackie

Bly vir jou part dat jy 'n geleendheid kon kry vir die skietstoel na die weste van Suid Afrika, My naweek sal ek vir jou opoffer om jou gelukkig te hou, ek hou jou op hoogte.

DANKIE EN GROETE
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Riaan Kriel »

++>: Dankie Ian, nogmaals jammer as ek jou éffens in 'n blik gedruk het gister, met die kragsituasie by die werk was dit net moontlik om gister te kon ry. Ek sou dit nie vandag kon doen na ons alreeds gister nie kon werk nie. Die eerste geleentheid sou eers sondag gewees het...

Nogmaals baie dankie, die hele setup lyk bevange en die lig se bracket wat jy gou daar ontwerp het, werk soos 'n droom......
Dankie ook vir jou en jou gesin se gasvryheid, die koeldrank en lekker gesels. Dit was regtig aangenaam om julle te ontmoet

Ek kan nie wag vir 'n geleentheid om te gaan speel nie, glo volgende week met so braaidag op woensdag gaan beteken dat dinsdagaand die ideale kans sal wees...... ><)

Ek het vanoggend nie kans gehad om die stoel af te laai voor werk nie en sommer net so met hom op die bakkie werk toe gekom. Reeds 2 manne geahd wat nader gestaan het en kom vra het hoe werk die kontrepsie en waar gaan ek poach met so setup >:D
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Groot plesier ou Riaan
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Skietstoel in dele 'n week terug oppad Ceres toe met die trein.
Blackie se skietstoel by Time freight oppad Alexanderbaai toe 'n ruk terug.

My stoel het die afgelope week 'n bietjie gewerk op nuwe grond. 3 nagte 19 jakke en 'n kat.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Schalk.vdB
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Thu Mar 21, 2013 6:31 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Schalk.vdB »

Ian

Het na ek die stoel by jou gekry het nie kans gehad om hom te toets nie.
Het die naweek 'n kans gekry en my visvanger skoonseun op die stoel gesit en hy het die gong op 350 meter met die .243 elke keer raak geskiet.
Baie dankie vir jou moeite dis 'n fantastiese platform om vanaf te skiet.

Groete
Schalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
SR = M
Solid rest is equal to meat
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Riaan Kriel »

Ek het vir my 'n jakkalsraam/jakkasrak bestel en saterdag gaan haal by Ian. Sien sy post so 2 post terug se laaste foto van die raam agter die bakkie. Dit lyk baie gaaf. Nou gaan bosluise en vlooie nie meer op my wees nie en die dooie jakkalse stink so 2 tree verder weg. Ek glo nie die dooie jakkalse gaan ook kla oor hulle nuwe lift nie. ;)

Ian baie dankie weereens maat, ek waardeer jou moeite. Dit lyk BAIE goed!!
Post Reply