Boogjag skuilings

User avatar
egenis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am

Re: Boogjag skuilings

Post by egenis »

Fish 2 Hunt wrote:Jammer ek kom n bietjie laat in, meeste ouens oefen op 20 m of jaarts en is dit amper die die algemene afstand na die mid punt van n krip of voerbak. 25 is nog aanvaarbaar vir baie jagters.
Geen materiaal wat jy gebruik om n blind te bou gaan jou reuk in die blind hou nie.

Ek verkies 1 skietgat 15cm breed en 40 - 50 cm hoog(as hy voor in die deur is nog beter) en 2 kleinerige loer/video gate 15x5cm voor, loergate moet laag genoeg wees sodat jy nie aanhoudend hoef op te staan om buite te sien nie, jy kan dan kies watterkant om te sit en as daar 2 manne is dek jy 4 rigtings uit die blind. 2 kant skietgate moet verkieslik kan toemaak om lig in die blind so min as moontlik te hou en word ook as kant loergate gebruik. Spandeer n tydtjie in die blind en bedink die senarios en kyk en oorweeg die skiet en kyk areas.

Om skietgate mee toe te maak werk seil of skadunet die beste. 2 dele, 1bo en 1 onder soos in die ronde groen blind werk baie mooi. Dan sit ek sommer my videokamera onder die onderste gordyn deur. Onderkant vd skietgat moet nie te hoog wees nie, my skietgate maak ek max 1.2m vd grond af aan die onderkant vd skietgat en dan 40 -50 cm hoog, op 'n blind wat op grondvlak staan, ek is net 1,72 m en skiet nog oor my video kamera ook wat net oor die onderkant vd skietgat loer. Skietgate word baie raak geskiet aan die onderkant veral uit elivated blinds.

As die blind reg geplaas is vir die heersende winde gaan diere agter die blind jou elkgeval ruik of jy hulle kan sien of nie dus is agterste gate oorbodig en gaan net onnodig lig inlaat

2 Booghakke is n moet, as jy hom kan rond skuif soos dit jou pas is nog beter.ek het altyd n spaar booghaak en n stukkie tou in my jagsak. n klein rakkie langs die stoel vir rangefinder, boek, foon, kos, water ens. Is baie nice, dan soek jy nie rond nie en niks word raak getrap of rond geskop as jy rond beweeg nie. sal kyk of ek 'n foto of 2 vd rakkies kan neem die naweek
F2H! Jy het die van jou lys af vergeet!

'n klein barfridge, wifi, krag punte, komplimentere peppermentjies...

:P
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Boogjag skuilings

Post by henried »

Harm "Fish 2 Hunt", is 'n yster as dit by hide bou kom en die opsit van die feeder.

Hy kan dalk fotos van sy DIY hide opsit, maar soos Christo sê dit is reeds op die ander forum.
User avatar
egenis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am

Re: Boogjag skuilings

Post by egenis »

henried wrote:Harm "Fish 2 Hunt", is 'n yster as dit by hide bou kom en die opsit van die feeder.

Hy kan dalk fotos van sy DIY hide opsit, maar soos Christo sê dit is reeds op die ander forum.
Daai foto's op AP? Dit was baie netjies gedoen!
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Boogjag skuilings

Post by henried »

egenis wrote:
henried wrote:Harm "Fish 2 Hunt", is 'n yster as dit by hide bou kom en die opsit van die feeder.

Hy kan dalk fotos van sy DIY hide opsit, maar soos Christo sê dit is reeds op die ander forum.
Daai foto's op AP? Dit was baie netjies gedoen!
Ja.
Christo J
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Sun Sep 11, 2011 7:04 pm

Re: Boogjag skuilings

Post by Christo J »

Boogjagter, daai side is terug op die lug. www.anchorpoint.co.za
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Boogjag skuilings

Post by BoogJagter111p »

Christo J wrote:Boogjagter, daai side is terug op die lug. http://www.anchorpoint.co.za
Dankie Christo, sal hom nou daar opsit.
morne smith
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 420
Joined: Wed Jul 25, 2012 11:02 pm

Re: Boogjag skuilings

Post by morne smith »

Henried netjiese broad head wat jy op jou boog het. Hy is vrek sterk. Hulle het my buffel dadelik in haar voetspore gestop.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Boogjag skuilings

Post by henried »

morne smith wrote:Henried netjiese broad head wat jy op jou boog het. Hy is vrek sterk. Hulle het my buffel dadelik in haar voetspore gestop.
Danksy Ge...Ek is mal oor hulle.
BoogJagter111p
Full Member
Full Member
Posts: 191
Joined: Sat May 05, 2012 12:07 am

Re: Boogjag skuilings

Post by BoogJagter111p »

Net gou vinnig terugvoer gee. Die kuier was lekker en ekt baie gesien en self ook geleer. Baie dankie vir julle insette, want dit het gehelp om na die skuilings met n ander oog te kyk. Het ook hier 'n groot vark gesien, skietkans vir my het hy nie gebied nie, maar ek gaan beslis terug vir hom. Plaas so paar fotos onder aan.

http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/PICT1733.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/PICT1719.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/PICT1459.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/PICT1458.jpg
http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/PICT0745.jpg
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Boogjag skuilings

Post by Geno »

BoogJagter111p wrote:http://i1054.photobucket.com/albums/s497/Boogjagter111p/PICT1458.jpg
Genugtig, kyk daai nek!!!!!!!!
Goed, beter, 6millimeter!
connas26
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Mon May 19, 2014 9:57 am

Re: Boogjag skuilings

Post by connas26 »

Eugene wrote:Ek sit ook soos Henried van donker tot donker, so ek vat kos en koeldrank vir die hele dag saam. Probeer dat jou hide se skietvenster noord of suid wys, anders gaan die son op 'n staduim daar inskyn of dit gaan in jou oë wees as jy skiet! Die plaas waar ek skiet, sit heeljaar kos uit. Hulle het sulke oulike selffeeders gekoop wat met timers werk en elke uur 'n handvol mielies uitgooi! Dit werk goed en kos so R800 stuk!


eugene \

kan jy dalk vir my daai besonderhede van n handelaar deurgee waar ek ook so n voerder kan kry

baie dankie connas26

ps sorry vir die hi jack :laugh: ++>:
Post Reply