Lank gespaar en die 'Bucket List'

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Doppies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Oct 24, 2012 5:35 pm

Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Doppies »

Ek het onlanges die vooreg gehad om n Swartwitpens te jag. Vir 4 jaar geldjie gebere so hier is hy nou. Was n groot belewenis gewees iets wat ek nooit sal vergeet nie.

Vir die wat gevra het ek was op n vorige geleentheid op die plaas gewees en die Bul opgemerk wat alleen rondloop. Ek en die eienaar het oor n prys gesels en die geldtjie wat ek gespaar het kon ek soveel ander spesies teiken wat ek nog nie die voorreg gehad het om te jag nie. Op my volgende besoek aan die plaas het ek en die eienaar tot n ooreenkoms gekom maar ek was maar nog skrikerig om soveel geld te betaal vir n enkele bok.

Ek het letterlik die heel week dit vermy en die saterdag besluit dat ek hom gaan jag. Wel ek het die heeldag op die voet na die outjie gesoek en kon hom glad nie opspoor nie. Hy het seker geweet daar is n ooreekoms bereik en hom skaars gemaak. Na n heeldag se gesoek het ek dit maar laat waar en vrede gemaak daarmee. (half verlig gevoel) en omdat daar nie op n Sondag gejag word nie en ons die Sondag sou terug ry was dit maar so. En dis waar jou swaar en soms jou vriende jou oorreed dat jy nie weer so geleentheid gaan kry nie. Soos die lewe maar gaan het ons die Sondag op die outjie afgekom en het n paar fotos geneem (van wat kon gewees het) Die jag is verleng met nog n dag. Maandag oggend is ons vroeg die veld in en so na so n halfuur se soek het ons hom raak geloop. Hy was egter lankal bewus van ons en na n 40minute se stap kon ek n skoot op die outjie kry. Hy het besluit om in die ruigtes in testap en moes n pad oorsteek wat my die geentheid gegee het op n skoot. Hy het so op die kant van die paaitjie gaan staan en ek kon so 80m van hom kom. Ek moes die 375 BRNO inwei en het my self rustig op die skeit stoke gemaak. Toe die skoot klap het ek geweet dis raak en was half bekommerd dat ek die skoot bietjie hoog geplaas het. Ek het nader gestap want hy is met n spoed daar weg in die ruigtes in. Ek het begin stap die ruigtes en die spoor op tel was moeilik. n mens se waarneming van spinnerake wat nie verstuur is ens het my in die regter rigting gevat. Swaar wat bo in die buffel kamp gewag het het daar aangekom en saam begin soek. Moet se ek was baie 'nervous' dat dit n slegte skoot was. Het n spoor gekry en ek en swaar het so half in verskillende rigtings gestap het. Ons het so 80 to 100m gestap toe swaar skree hy het hom. Die skoot was hoog soos ek vermoed het maar deur die longe. Die skoot was reg deur en ek kon sien waar hy geval het was daar baie bloed. Ek dink maar soos elke jagter is wat n dier jag het daar n jammerte oor my gekom vir die pragtige dier (wel ek voel ten minste so). Ek was baie verbaas hoe verskriklig sag die pels was. Die geselsie wat ek altyd met n dier het wat ek gejag het was van die verlede en ek het op daai oomblik baie trots gevoel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Doppies on Mon Jun 23, 2014 1:49 pm, edited 1 time in total.
Doppies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Oct 24, 2012 5:35 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Doppies »

375 BRNO
285 grein Hornady Interlock
Long Skoot
Self gelaai: 64grein
Uitgeslag: 130kg
Horings: 41 en1/8
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Carel Kolesky
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Feb 21, 2014 3:44 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Carel Kolesky »

Baie geluk-wat n voorreg!!
Gooi kole!
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Jaktrap »

Pragtige dier
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Marc »

Baie geluk, jyt nou vir jou n samurai gekry vir die muur !

Baie mooi bul !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by DWB »

Baie baie geluk! !!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by VdWalt »

Baie geluk met jou pragtige bok!
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by KalahariKlong »

Baie geluk, dis regtig mooi. Vertel asb vir ons so bietjie meer van die jag.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Louis Kriel »

Sjoe dis n mooi bok. Daars nie baie ouens wat meer die voorreg het om agter daai bok te sit nie! Baie geluk. Prys?
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Reggie Gerber »

Doppies baie geluk man

Dit is n pragtige bok
Boskamper
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Nov 09, 2013 5:50 am

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Boskamper »

Shoe - shoe, dis baie baaaaie mooi, defnitief muur toe met daai trofee !!
Mooiloop met skerp oge en spits ore
Se sommer Nico

Llama 38 spesialtjie

WP (Province) Stormers
kyk waar staan die Beker
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Gawie(13mm) »

Geluk met 'n pragtige trofee.
Respek!!! Soos my vriende hier op die vlakte sou sê O0 .
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Evert »

Baie Geluk dis n mooi bul en n Uitsonderlikke Trofee
As als goed loop jag ek myne ook die jaar.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Wouter Roets »

Hallo Doppies

Baie geluk met n ontsettende mooi bok. Hats off to you om jou drome n realiteit te maak. Ons almal kan n pluimpie hier uit jou hoed vat. Ons lewe verseker net die een keer so maak die meeste daarvan.

Groetnis
Wouter
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by JuanVE »

Baie geluk, dis voorwaar 'n voorreg. Hulle maak ongelooflike trofees.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Carl »

Geluk Doppies baie mooi trofee.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
boogman
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 79
Joined: Thu Jan 03, 2013 10:13 am

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by boogman »

Geluk Doppies. Baie mooi!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3987
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by tau »

Wow geluk baie mooi dier.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Chris Swart »

Geluk.

Dis 'n mooi bok daai.

Vertel bietjie meer man...
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by RUPERT »

Hel doppies dit maak die spaar sommer die moeite werd.Baie geluk op n spog dier.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Geno »

Netjies Doppies!

Was dit darm 'n lekker jag? Ek neem aan dit was 'n teeldier wat ophou teel het (As ek die plaatjie in die regter oor so kyk).
Goed, beter, 6millimeter!
Doppies
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Oct 24, 2012 5:35 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Doppies »

Geno , nee die Bul het net nooit saam met die ander geloop nie en was seker ge oogmerk om mee te teel and het altyd op sy eie geloop. Toe die permanent Swartwitpens kamp gebou is het hy net nooit weer deel van die trop geraak nie en op sy eie rond gedwaal op die plaas. Die ander Bulle wat nie deel was van die teel trop was nie het saam gebly want daar is 2 troppe op die plaas. So die outjie het die hele plaas rondgedwaal en net nooit weer by die ander aangesluit nie. Sal die storie skryf hoe die jag gegaan het.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Hilux01 »

Doppies goeie werk

Soos ander manne droom van Buffels jag so voel ek oor die outjies
Eendag as ek groot is sal ek myne gaan haal in Zambie of Noord Mosambiek
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by Roger »

Baie baie geluk!
Too many to mention ;-)
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Lank gespaar en die 'Bucket List'

Post by theedge »

Baie netjies maat - baie geluk prag dier
Post Reply