Derms vir wors maak

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Derms vir wors maak

Post by HennieC »

Goeie dag mede forum lede.

Wil graag hoor wat sê die mense van watter derms om te gebruik vir wors maak.

Ek persoonlik hou nie baie van sintetiese derms nie maar hulle kan seker werk.
Dit is nou vir braai wors en om in die pan te braai of sommer in die oond gaar te maak.
Ek laaik self 'n duk droee wors dan het mens meer vleis om te hap.

Sê ook watter dikte derms verkies word.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Kalahari »

Hennie

Ek gebruik maar die gewone skaapderm grootte 24 - 26 vir droog en braai. Ekself nou weer nie baie lief vir daardie dik worse nie.
As ek nie koop nie is ek bevoorreg om skaap wat ek slag vir eie gebruik se derms self te skraap en te gebruik, dan weet ek darem wat ek gebruik, want partykeer koop mens ook maar derms wat nie wel is nie.
Hleroux
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Dec 30, 2012 7:52 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Hleroux »

Hi,
Vir boerewors en braaiwors, 28/32 hog casings,
Vir dun droëwors : Can 18, Can 22
Vir dik droëwors : Can 26, Can 28

Bly weg van sintetiese casings, werk nie goed op droëwors nie.
User avatar
hennief
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 345
Joined: Thu Jan 17, 2013 7:44 am

Re: Derms vir wors maak

Post by hennief »

More HennieC

Ek het vanjaar vir die eerste keer sintetiese derms probeer aangesien ons taamlik baie wors gemaak het en dit baie tyd spaar. Ek moet se ek is baie verras met die eindproduk.

Vir die droewors werk dit baie lekker en solank jy nie jou braaiwors te warm of droog braai nie bars hy nie oop soos mense my gewaarsku het nie. Ek het hulle by Crown gekoop, dink dit was 22mm.

Net my 2c

Groetnis

Hennie
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Derms vir wors maak

Post by J le Roux »

More Hennie

Vir dik Braaiwors is dit maklik, Can 32 of "factory" Hog casings. Die sintetiese derms bars as dit vinnig hitte kry.

Vir droewors is dit een van 2 dinge: Sinteties stop vreeslik maklik, ten minste 70% vinniger, maar dan sit jy met 'n taai velletjie as die wors droog is. CAN 22/long is maar 'n gesukkel om te stop, maar die wors eet darem net lekkerder.

Met die stop van natuurlike derms help dit om so 10-20ml water by die opening van die derm te spuit voor dit oor die stopper se tuit gevoer word, dan voer hy makliker op.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
bertie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 18, 2013 6:50 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by bertie »

Ek moet se ek is verbaas om te hoor meeste mense verkies die natuurlike derm, ek hou baie meer van die kunsmatige derms, maar so het elke man maar sy dinge wat hy van hou!
Groete
Bertie
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Willie »

kalahari vertel bietjie hoe mens die skaap derms self skraap om dit vir wors te kan gebruik ASB :-[
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Derms vir wors maak

Post by ROBBIE1 »

K gebrui, net sintetiese derm vir droewors, maar nie Cutizen of Devro nie, Edi-Cass is so na aan skaap derm as ek jou nie se dis sinteties nie, gaan jy wragties nie weet nie.

Vir boerewors is mees bekostigbare konstante derm die Factory Russian van Freddy Hirsch. N mooi lang derm en kos net so rondom R90.00 per bondel.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Gert Odendaal »

Robbie, waarom sal die 22 skaapderms so duur wees, ek het R194.40 vir een pak droee wors derms betaal wat vir my nogal baie is? Ek kon presies 15 kg vleis stop met die derms , so nou het ek te minste `n spesifieke mate/hoeveelheid waarvolgens ek in die toekoms kan werk...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by sako 30-06 »

Ek persoonlik hou nie van die sintetiese derms nie,moet die droewors baie droeer laat word voor die derm breuk as die wors gebuig word.
My twee dogtertjies eet glad nie die wors met die derms nie,hulle se dis taai.
So nou moet ek elke keer die velletjie afhaal voordat hulle dit eet.

Persoonlik betaal ek eerder meer vir die skaapderms.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Derms vir wors maak

Post by ROBBIE1 »

Sako google Deli spices in midrand, hulle is die verspryder van die EdiCass derm, hys nie taai nie, n spier wit dermpie, werk soos n bom belowe jou!
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Kalahari »

Willie wrote:kalahari vertel bietjie hoe mens die skaap derms self skraap om dit vir wors te kan gebruik ASB
Willie

Jy vat maar die ingewande soos dit uit die skaap kom en haal die derms van die pens af. Begin by die dun kant (laaste deel van spysvertering) en kyk hoe die derm daar lyk (dikte) en dan waar die dikte vir reg begin lyk sny jy af en dan stroop jy maar die inhoud uit die derm tussen duim en wysvinger, sorg maar dat die derms nat bly, werk net makliker. Soos jy stroop gaan die meeste van die inhoud weer terug in die kleinpens in.

As jy nou alles tot teen die klein (melk)pens gestroop het, vat 'n mes (ek gebruik sommer my slag/knipmes) se stomp rugkant. Plaas die derm tussen jou duim en die rugkant van die mes en dan "skraap" jy die derm deur. Daar kom nog klomp "slym" uit/van die derm af.
As die derm breek soos jy skraap dan gooi ek maar weg, eerder as om te sukkel by die stoppery van die wors.
As al die derms geskraap is gooi so 2 - 3 teelepels koeksoda en sout oor die derms in bakkie met water en laat staan oornag. Volgende dag dan skraap jy maar so een of 2 keer weer deur en daar is jou derms gereed. As jy wil stoor, gooi sommer in plastiek bottel (chutney) mooi klompie sout oor en vries net so.

Met gebruik ontdooi die derms in warm water en as jy stop hou die derms in bakkie lou warm water.

Ek gebruik meer die middel slag skaap 4 tot 6 tand vir die derms, jonger skaap se derms geneig om te dun te wees en ouer (baie vet) skaap se derms is baie keer swak. Ek slag vir my eie vleis gebruik maar damara/karakoel/dorper kruisings. Jy gooi baie keer meer as die helfte van die derms weg, maar ek reken maar elke meter wat ek self skraap die hoef ek nie te koop nie, omrede dit so duur is.

Bek vol, maar dit is die lot. Makliker om dit te wys as om op die internet te verduidelik.
Brombeer
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Fri May 24, 2013 1:00 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Brombeer »

Stem met Robbie daai derms werk soos n bom. Ook skepties gewees maar kan stem.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Derms vir wors maak

Post by ROBBIE1 »

Gert dan het jy seker ook nog die short mediums gekry, die Can 22 longs is nou R214.00 per bondel en jys veronderstel om 18kg te stop. Maak die som, dan werk net jou derm jou R11.88 per kg droewors uit, dis mal duur!!!!

Sit jou vet en spices by dan kyk jy waar kom jy uit.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Willie »

Kalahari

Ek dink ek verstaan die skraap proses van die derms redelik soos jy daar verduidelik het. Ek het dit nog nooit gedoen nie. Ek gooi daardie gedeelte gewoonlik weg en moet dan ten duurste natuurlik ander gaan koop as ek wors maak.

Net om te bevestig. Die geskraapte derms word net oornag in die koeksoda/sout en water gesit en jy spoel nooit die binnekant op een af ander stadium nie ?

Ek wil ook daardie Edicas derms probeer wat Robbie so aanbeveel. Ek is egter maar skepties en daarom soek ek net 'n kort stukkie vir die proef. So ver kry ek net bokse vol hier in die Kaap en daarvoor is ek nie braaf genoeg nie. :laugh:
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Jean Marais »

ROBBIE1 wrote:Sako google Deli spices in midrand, hulle is die verspryder van die EdiCass derm, hys nie taai nie, n spier wit dermpie, werk soos n bom belowe jou!
Hallo Robbie

Ek het nou-net met Deli gepraat in Midrand oor die EdiCass. Ek is nie seker of ek die regte pryse by die girl gekry het nie, maar as dit wel was, is die goed flippen duur.

#18 derm = R1,121-50 + BTW
#26 derm = R 869-89 + BTW

Daar is 6 stokkies per pakkie, en die #18 is ongeveer 90meter.

Lyk die pryse vir jou reg?

Groetnis.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Kalahari »

Willie wrote:Net om te bevestig. Die geskraapte derms word net oornag in die koeksoda/sout en water gesit en jy spoel nooit die binnekant op een af ander stadium nie ?
Willie, skuus. Ja, jy kan maar soos jy die derms skraap net oopmaak en dan stoot jy die water (lou) deur die derm.
Voor ek die derm oortrek skep ek ook bietjie water, trek net makliker oor.
martinf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Tue Jul 12, 2011 10:10 am

Re: Derms vir wors maak

Post by martinf »

Ek stem Jean. Dit klink vir my ook maar duur.

Seker Robbie sal kan aanraai hoeveel kg se vleis kan met een stokkie se derm gestop word. Sal beter indikasie gee
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Gert Odendaal »

Ek het met een pakkie nr22 derms presies 15kg gestop...12 kg vleis /3kg vet, dit is die lang derms, R194-00 vir `n pakkie derms...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Derms vir wors maak

Post by ROBBIE1 »

Jean ek koop die 19s, daars 40 stokkies in n box en kos so rondom R1k, werk jou R26 per stokkie uit, stop 4.5kg vleis so kos jou R5.80 per kg, waar regte derm jou R11/kg kos.

Dit maak n taamlike verskil van R6pkg.
User avatar
Johan Reyneke
Hero Member
Hero Member
Posts: 899
Joined: Mon Jul 18, 2011 9:07 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Johan Reyneke »

Jean Marais wrote:
ROBBIE1 wrote: Hallo Robbie

Ek het nou-net met Deli gepraat in Midrand oor die EdiCass. Ek is nie seker of ek die regte pryse by die girl gekry het nie, maar as dit wel was, is die goed flippen duur.

#18 derm = R1,121-50 + BTW
#26 derm = R 869-89 + BTW

Daar is 6 stokkies per pakkie, en die #18 is ongeveer 90meter.

Lyk die pryse vir jou reg?

Groetnis.
ROBBIE1 wrote:Jean ek koop die 19s, daars 40 stokkies in n box en kos so rondom R1k, werk jou R26 per stokkie uit, stop 4.5kg vleis so kos jou R5.80 per kg, waar regte derm jou R11/kg kos.

Dit maak n taamlike verskil van R6pkg.
Iemand verneuk iemand hier. ;D

Miskien moet ons vir Robbie dan vra ons nie dan eerder direk by hom kan koop nie, want selfs met 'n 100% markup gaan hy nog goekoper wees. >:D
Johan
223Rem: Howa
243 Win: Remington
30-06 XL7C: Marlin
12g O/U: Beretta
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Derms vir wors maak

Post by ROBBIE1 »

Julle is welkom manne, ek kry dit darm teen groothandel prys omdat ek bitter baie van die koop, maar die prys kan nie so rof verskil nie!!

Praat gerus as julle soek ek kry elke week voorraad.
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Jean Marais »

Miskien het die girlie 'n hele boks bedoel, wat in lyn sal wees met wat Robbie sê met 40 stokkies per boks.

Dan werk die sakie darem nie te duur uit nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Willie »

As iemand edicas #24 of #26 koop sal ek 'n paar stokkies by hom oor neem
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Derms vir wors maak

Post by Gert Odendaal »

Kalahari wrote:
Willie wrote:Net om te bevestig. Die geskraapte derms word net oornag in die koeksoda/sout en water gesit en jy spoel nooit die binnekant op een af ander stadium nie ?
Willie, skuus. Ja, jy kan maar soos jy die derms skraap net oopmaak en dan stoot jy die water (lou) deur die derm.
Voor ek die derm oortrek skep ek ook bietjie water, trek net makliker oor.
Kalahari, ek het vandag twee hammels geslag en more moet ek nog drie hammels slag, ek gaan probeer om die derms te herwin en dit vir wors stop gebruik...kan ek die derms wat ek uitslag met `n tuinslang en dun pypie deurspoel om vinniger van die maagsappe uit te spoel en dan skraap?

Ek hoor graag van jou..

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Post Reply