Gawie/ Kaptein/Carl...
Julle gee nou 'n hele nuwe dimensie aan die skietery.... om aan te vul by julle vorige wyshede, net nog so paar oorwegings:
1) Ek kan nie genoeg klem le op die belangrikheid van die regte koeels deur die regte lope nie.... in my bedryf sien ek gereeld die effek van verkeerde ammunisie en skiettegnieke op dodgy teikens.... dinge soos gekraakte receivers, die loop wat knoppe druk en eenmal selfs "headseparation" ....!
2) Dit bring my by die tweede belangrike punt.... maak seker jy skiet op jou eie teiken! Ek kan nie eers begin om te vertel hoeveel skuts al by skietbane verbied, bakleiery ontstaan en manne hulle skiet lisensies verloor het nie agv 'n "ge-cross fire" nie..... eie teiken manne....
3) Besluit voor die tyd of jy net wil gaan teiken skiet of wil gaan trofee jag. Papierbokke is dalk nie die real maccoy nie, maar dit gee jou darem oefening en is heelwat goedkoper. Te veel manne gaan met die idee om paar skote op die teiken te gaan oefen en kom dan terug met een of ander eksotiese trofee waarvoor hy nie gebudget het nie en dan vir die res van sy lewe moet afbetaal.
Nou ja, dit dan solank nog so paar belangrike aspek in die skietsport waarmee rekening gehou moet word.

