Bosvarkies

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Bosvarkies

Post by Andy »

Image

Hier is 'n paar groter varkies wat geskiet is. Die ligste een het 83Kg geweeg. Die varke is tussen Amsterdam en Swaziland gejag.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: Bosvarkies

Post by JvB »

Andy,


Sjoe, dis mooi bosvarkies daardie. Dit is jammer die foto is so klein. Dit is een van die diere wat ek nog graag wil skiet.


Nogmaals geluk.


JvB 
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Bosvarkies

Post by Andy »

Jammer man ek sukkel maar nog met die plasing het dit nou vir die eerste keer reggekry.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvarkies

Post by Gerhard »

JvB wrote: Andy,


Sjoe, dis mooi bosvarkies daardie. Dit is jammer die foto is so klein. Dit is een van die diere wat ek nog graag wil skiet.


Nogmaals geluk.


JvB 
JvB,

Oppas as jy eers hulle een keer gejag het sal jy nie wil op hou nie...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvarkies

Post by Gerhard »

Andy wrote: Image

Hier is 'n paar groter varkies wat geskiet is. Die ligste een het 83Kg geweeg. Die varke is tussen Amsterdam en Swaziland gejag.

Andy
Klomp groot otters daai,

het julle met honde gejag of oor voerplek?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Bosvarkies

Post by Andy »

Met honde, jy is reg omtrent dat as die goga gebyt het. Ons jag elke naweek van die jaar behalwe kersdag en paas naweek.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvarkies

Post by Gerhard »

Dan is julle manne lekke fiks om in daai wereld die otters met die varke te jag.

Ek neem aan dat julle hulle in die plantasies kry...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Bosvarkies

Post by Rasmus »

Lekker man. Sit bietjie groter foto op as jy kan. Hoeveel het die varke uitgeslag weet jy?
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Bosvarkies

Post by Andy »

In die somer jag ons in mielie lande. Die varke bly sommer daar as die mielie begin kop. In die winter durf ons maar die plantasies en bosse aan. Ons het 'n groep wat by die honde bly en dan die bakkie jagters wat ons vooruit kan stuur as die varke begin hardloop.

Ek sal vanaand nog fotos opsit het nie nou by my nie (besig om hard te werk vandag)

Ons weeg nie die varke na hulle geslag is nie maar jy kan werk op 50% van die gewig.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Bosvarkies

Post by Andy »

Hier is groter fotos soos belowe.

[img width=800 height=600]http://i1225.photobucket.com/albums/ee3 ... ure094.jpg[/img]

[img width=800 height=600]http://i1225.photobucket.com/albums/ee3 ... ure089.jpg[/img]

[img width=800 height=600]http://i1225.photobucket.com/albums/ee3 ... ure331.jpg[/img]

[img width=450 height=600]http://i1225.photobucket.com/albums/ee3 ... ure019.jpg[/img]

[img width=800 height=600]http://i1225.photobucket.com/albums/ee3 ... ure018.jpg[/img]

Ek kan ongelukkig nie al die details onthou omtrent al die foyos nie maar die varke was almal in Mpumalanga geskiet.


Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Bosvarkies

Post by henslin »

Andy
Iets lyk vir my anders as waaraan ek gewoond is. Al die varke se gesiggies is vir my baie wit. Lyk ook nie vir my na 'ou' varke nie, daarvoor is die gesiggies te 'mak'.  Het 'n hele paar op Frankfort ( Sabie ) geklop wat meer na ons tipe varkies gelyk het. Rooierig met 'n wit skof met baie min wit in die gesig . Gaan nou 'n baie wilde raaiskoot waag en verwag om pak te kry op my stelling.  ;D Die vorm van die gesiggies en die grootte van die varke laat my baie wonder of daar nie miskien Europese varkies in die geskiedenis betrokke geraak het nie. Jag nou al van 1969 af die ou eetgoedjies vanaf Sabie, George, Tsitsikama, Lydenbuerg en Tzaneen omgewing en het baie selde die tipe varkies gesien. Kry dieselfde gevoel omtrent varkies van KZN.
Varke wat groter as 60Kg uitslag is uiters skaars. Die varkies op die foto's is almal, na my mening in die 60Kg plus klas. Nie om die manne te na te kom nie - sal graag die mening van nog manne wil hoor !!
Moet eerlik wees dat die varkies op die foto's seker glad nie te sleg op die tong sou afgaan nie !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: Bosvarkies

Post by Andy »

Henslin,

Jy sal sien dat hoe ouer die varke word hoe witter is hulle gesigte. Al die varke is tussen Barberton en Piet Retief geskiet. Die ou mense op die fotos jag al oor die dertig jaar varke in die omgewing en hulle oudste fotos van varke lyk dieselfde as hierdie. Ons het egter al varke geskiet wat net rooi gesigte het maar dis bitter selde. Van die europese varke is ek nie seker nie want die wat ek al gesien het lyk vir my heeltemal anders as die bosvarke, sal egter 'n foto neem as ek weer in Badplaas kom van 'n europese vark. Daar is 'n boer wat hulle op hok het.

Groete Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Bosvarkies

Post by henslin »

Hi Andy
Het self 'n paar op Nelshoogte  ( Havelock omgewing ) en Sudwala in die plantasies geskiet. Wat my egter opval is die grootte van die varke. Daai goete is m@@@rse varke. Het nog nooit die voorreg gehad om met honde te jag nie. Skiet maar op die voer en voorsit manier.
Die kleur van die varke verskil baie van die kleure waaraan ek gewoond is. Die Tsitsikama varke is baie swaar ( stewig ) vir hul groote terwyl die varkies hier in Tzaneen weer relatief lig is in verhouding tot hul grootte.
Moral of the story - bly die lekkerste wilskossie beskikbaar !
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Bosvarkies

Post by worshond »

Hier is fotos van n Duitse Klient wat bietjie stadig was vir n gekweste Bosvark Beer. Die varke was met honde gejag.

Image
Image
Image
Image
Image
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Bosvarkies

Post by JOHANNIC »

Sy broek se naam moes eerder HOUSE OF PAIN gewees het ;D ;D ;D
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Bosvarkies

Post by Wielie Waps »

Worshond
Hoe ver is jy van die Scheuers af - ken jy hulle?
Geroer-nie geskud nie
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Bosvarkies

Post by worshond »

Daar is n paar Scheuers in die area, Oom Hentie en sy seun Andre (hulle was geweersmede maar het toe gemaak) hulle is so 40km van my af. Daar is ook Riem hulle wat in daai area boer.
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Bosvarkies

Post by Wielie Waps »

Worshond
Riem is my neef - het laasjaar by hom 'n bosvark gejag.
Ek verstaan hy ken van bosvarke.
Geroer-nie geskud nie
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Bosvarkies

Post by worshond »

My Pel is dan met jou Niggie getroud, Susan Boshoff.
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Bosvarkies

Post by Wielie Waps »

Nou begin die dinge loop.
Dis nes jy dit het. Stuur sommer vir hulle groete as jy hulle sien.
O ja hulle sal nie weet wie Wielie Waps is nie - my ma ken my as Willem Grabe.
Cheers
Geroer-nie geskud nie
User avatar
worshond
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Thu Sep 10, 2009 3:56 pm

Re: Bosvarkies

Post by worshond »

Sal so maak, sien hulle juis more.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Bosvarkies

Post by Rasmus »

Eina daai lyk nie lekker nie. Het ook al saam daai oom hulle by Lydenburg gejag. Hulle bring altyd babelas worsies van Barberton af erg lekker.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Bosvarkies

Post by Gerhard »

Rasmus wrote: Eina daai lyk nie lekker nie. Het ook al saam daai oom hulle by Lydenburg gejag. Hulle bring altyd babelas worsies van Barberton af erg lekker.
Ek is bly ek is nie die PH van daai Duitse jagter wat moes verduidelik hoekom sy klient bloei nie...  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Bosvarkies

Post by Stefan764 »

Eina s#!thouse!!! sjoe sjoe sjoe....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Bosvarkies

Post by James Wilson »

dit gaan maar broekskeur in die jagbedryf! :angel:
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply