Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post Reply
User avatar
superjakes
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Fri Jul 18, 2014 2:26 pm

Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by superjakes »

Ek wil net bietjie my ervaring met my laaste lisensie aansoek deel, dalk help dit iemand hier ook...

Ek het op die 8ste Mei 'n lisensie aansoek ingegee by Lyttelton DFO vir 'n .308, hier volg die tydlyn (wat ek netjies neergeskryf het om te kan deel):
8 Mei - handig aansoek in
17 Junie - aansoek word ingesleutel in stelsel (ja, regtig)
24 Junie - aansoek gestuur na CFR
30 Junie - "attention at CFR" sms ontvang; sent for registration volgens call centre
26 Augustus - stuur epos na cfrenquiry@saps.gov.za
27 Augustus - "attention at CFR" sms ontvang; epos response ontvang wat se dat ek terugvoer by hulle sal kry; volgens call centre is my aansoek by Gauteng Noord
21 September - stuur opvolg epos na cfrenquiry@saps.gov.za, Brigadier Mabule en Kaptein Sylvia Harwood in copy, geen response
16 Oktober - stuur opvolg epos na cfrenquiry@saps.gov.za, firearms@saps.gov.za, Brig Mabule, Kapt Harwood; kry 'n response binne 30 minute waarin 3 individue aangese word om terugvoer op die lisensie te gee teen 22 Oktober "per directive of Brigadier Mabule"
20 Oktober - lisensie in konsiderasie
22 Oktober - lisensie goedgekeur
23 Oktober opvolg epos ontvang vanaf cfrenquiry@saps.gov.za wat bevestig dat lisensie gefinaliseer is.

Die bottom line is dat e-posse reaksies kry en meer effektief is as om net die call centre te bel.

Groete,
Jaco
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by DawieKotze »

Jaco het jy dalk die epos adresse van Mabule en Harwood?
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by Eugene »

DawieKotze (madako) wrote:Jaco het jy dalk die epos adresse van Mabule en Harwood?
Asseblief!!!
Aim small, miss small
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3953
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by tau »

selfde tydperk as ek. Behalwe my app is nou gecancel volgens hulle!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by Jake1 »

Eugene wrote:
DawieKotze (madako) wrote:Jaco het jy dalk die epos adresse van Mabule en Harwood?
Asseblief!!!
Sal waardeer asb
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
superjakes
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Fri Jul 18, 2014 2:26 pm

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by superjakes »

En vandag eers kry ek my kaartjie. Baie doeltreffende diens, SAPS...
User avatar
Petrus.nel
Full Member
Full Member
Posts: 139
Joined: Thu Jan 21, 2016 8:28 pm

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by Petrus.nel »

Baie geluk Superjakes. Ek wag steeds. Myne le nou al meer as n maand net by my stasie.
Tikka T3 hunter .308
Glock 17 gen3. 9mm
Mauser mod2000 .243
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by Forester »

Ek weet nie of dit toeval is nie, maar ek dink tog dit werk om te bel. My lisensie is 18 Jan ingedien by DFO. 28 Jan is dit blykbaar na provinsiaal. Van toe het ek nog niks gehoor nie en dit het die bus verpas na CFR omdat dit nie deur hulle verwerk is nie. Ek begin toe vandag verwoed bel, DFO en call centre. Paar uur later kry ek sms wat sê die aansoek geniet aandag by provinsiaal.
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
User avatar
superjakes
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 51
Joined: Fri Jul 18, 2014 2:26 pm

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by superjakes »

Forester wrote:Ek weet nie of dit toeval is nie, maar ek dink tog dit werk om te bel. My lisensie is 18 Jan ingedien by DFO. 28 Jan is dit blykbaar na provinsiaal. Van toe het ek nog niks gehoor nie en dit het die bus verpas na CFR omdat dit nie deur hulle verwerk is nie. Ek begin toe vandag verwoed bel, DFO en call centre. Paar uur later kry ek sms wat sê die aansoek geniet aandag by provinsiaal.
Ek dink jy is heeltemal reg, maar mense frustreer jouself erg as jy probeer om dit te bestuur. Die beste is maar om te vergeet van dit en dan 'n aangename verrassing te kry.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by Armand Steenkamp »

Nee wat. dink nie dit help om te bel nie, daai manne lees ook maar net van die sisteem af en het ie veel met jou aansoek te doen nie. Ek wag al van begin Okt af en bel die laaste tyd weekliks, aansoek staan stil van die 11De Des af

Groetnis
User avatar
SakoTrippel2
Hero Member
Hero Member
Posts: 716
Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by SakoTrippel2 »

Terwyl ek hier lees kom 2de SAPS SMS van receiving attention at CFR... Raak nou effens opgewonde.....

Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by Chris (vdB) »

Dan was ek nog heeltyd gelukkig. Het nog nog nie vir een van my aansoeke langer as 2 maande gewag van begin totdat ek my lisensie kaart gehad het nie.
Petrus.nel by watter stasie in Bloem het jy joune ingehandig?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
bsaaiman
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:41 pm

Re: Lisensie uiteindelik goedgekeur!

Post by bsaaiman »

Hi Almal

My lisensie vir .22 het ek op 21 Okt 2015 in gegee. Dit is toe in Nov na die Provinsie en het die bussie gevang na CFR op die eerste geleentheid in Des en op 4 Des is dit op CFR stelsel gecapture.

Eers 14 Jan 2016 het die aansoek beweeg "vir konsiderasie". Op 4 Feb toe ek bel kry ek die verassing dat dit reeds goedgekeur is! Nog groter was my verbasing toe ek gister sms van DFO kry wat seg die aansoek is gefinaliseer.

Het dus toe vanoggend my kaartie gekry en kan nou nie wag om daai .22 te gaan haal by Chevvy SS nie.

Groete en geniet die nuwe gun.

Bartho
Post Reply