Opleidings sertifikate verloor.

Post Reply
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Opleidings sertifikate verloor.

Post by Jake1 »

Ek probeer n outjie help wat sy opleidingssertifikate verloor het. Hy wil sy competency hernu.

Hy het wel competency kaartjie maar moet sy competency hernu volgens vervaldatum op kaartjie. Hy het nooit n vuurwapen op sy naam gehad nie. Die plek bestaan nie meer waar hy sy opleiding vir competency gedoen het nie.

Ek het PFTC gebel en gevra wat kan die ou doen, hulle het gesê hy moet sy hele opleiding oordoen om PFTC sertifikate te kry. Ek het gese dit maak nie sin nie, hulle het gese dit het onder SASSETA geval, en dat ek moeilik of glad nie by hulle inligting sal kry nie. Hulle was reg, SASSETA telefoon lui sonder enige antwoord. PFTC het ook genoem dat hulle nie aan so n persoon n RPL kan toeken nie aangesien hy vir hulle niks op papier kan wys nie- dit maak nogal sin ja.

Dit maak nie sin dat die persoon alles moet oordoen en betaal hiervoor nie, hy het inelkgeval nie daardie geld nou nie, wat anders kan hy doen?

Enige inligting sal waardeer word

Jaco
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Opleidings sertifikate verloor.

Post by BeesBreet »

Dit het my oorgekom en ek moes dit oordoen volgens my DFO, ek hoop jy kry die plan. Glo n paar ouens kan baat vind daarby, ek volg graag. Sterkte
marco

Re: Opleidings sertifikate verloor.

Post by marco »

hy kan vir saqa kontak hulle is die algemene ligaam waaronder al die verskillende setas val... hulle behoort hom te kan help met n duplikaat...
Post Reply