Verbod op geteelde leeu jag

User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by 375fanatic »

daai ou slimkop wat die program gemaak het maak ook geld uit die leeus dump al 10000 op sy plaas dan will ek sien hoe hy met elkeen rondroll

op die ou eiende as jy iets wegsteek sal dit uitkom my vraag is as ons trots is op wat ons doen hoekom laat hulle geen kameras toe nie? as alles in orde is wees transparent dis wat mense agterdogtig maak

as ek n teller was en my praktyke was in lyn het ek my plek laat goedkeur deur n wildlife organisasie wat op die einde van die dag waarde toevoeg tot die produk en sal ouens soos fish and wildlife gerusstel om jou produk te laat invoer. gee die proses tracebility

dalk is dit n geleentheid om skoon te maak want huidiglik lyk die beeld nie goed nie.

nog n punt ek dink ook dat hulle sal kan jag daai mak leeus het oudie dag die silhouette bekruip en om gespring op die mark ou se ander program so die instink is sterk
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
regal
Full Member
Full Member
Posts: 156
Joined: Sun Nov 03, 2013 1:02 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by regal »

Baasvark, lees asb die artikel - http://www.peterflack.co.za/blog/amateu ... r-members/

Ek vind Peter Flack n bietjie pompous maar hy weet tog waarvan hy praat. As dit by leeujag kom sal ek eerder nie sy mening vra nie.

Ek haal die volgende gedeelte uit die artikel
In May I attended the four day conference of CIC – The International Council for Game and Wildlife Conservation in Cape Town at which every speaker, almost without fail, mentioned the critical importance of conveying to the general public the vitally important roles that hunting plays – ecologically, economically and culturally – in the conservation of wildlife and wildlife habitats and how the failure to do so is not only playing into the well organized and well funded hands of the animal rights movement but is having the most dire and detrimental negative effects on wildlife and wildlife habitats.

The major organisations concerning hunting in this country are well known but, for the sake of completeness, let me mention them here, namely, the Confederation of Hunting Associations of South Africa (CHASA), the Professional Hunting Association of South Africa (PHASA), the South African Hunting and Game Conservation Association (SA Hunters) and Wildlife Ranching of South Africa (WRSA). During and after the above conference I met with representatives of these bodies except WRSA – they did not attend – and they agreed, in principle, to the following:

To hold a joint strategic planning session in order to determine those in areas of common agreement and interest amongst them which could benefit most from being managed by a professional public relations firm.
The appointment of a professional public relations firm on a three year contract to manage these issues for them.
The contribution of R20.00 per member per year to fund the fees of the professional public relations firm.
Once a quarter for each member to:
Host a lunch for members of the media selected by the public relations firm at which they will provide brief presentations on various aspects of hunting and conservation, in general, and the organisation’s activities, in particular;
Invite members of the media selected by the public relations firm on an outing to demonstrate practical aspects of hunting and wildlife conservation, for example, to a firing range, a game capture operation, a hunt, a game lodge;
Provide the public relations firm with information which will support an interesting article on an aspect of hunting and wildlife conservation preferably demonstrating its role in the ecological, economic or cultural aspects of wildlife and wildlife habitat conservation.

Each year the four members will meet, taking turns to do so at one another’s offices, to review the public relations strategy and amend it, from time to time, as may be dictated by prevailing circumstances. As Winston Churchill famously remarked, “I reserve the right to change my mind in perfect harmony with changing circumstances.” Should the members be unable to reach consensus on any of these decisions, then such decisions will be determined by majority vote, each member having one vote for every R20.00 they contribute to the funding of the public relations fees.

To date, none of the above has come to pass despite one or two encouraging meetings amongst the main organisations referred to above.
francois
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Baasvark »

Dankie Regal!
Gelees en ek dink tog hy staaf my punt!

Ek stem saam met baie wat hy se. In beginsel se hy self ons moet meer doen om onsself te verdedig en terug te baklei!

Of sy plan die regte een is kan ek nie nou se nie maar MINSTENS HET HY 'N PLAN!

Op die einde van die dag gaan ons hulle nie weg wens nie en as ons verteenwoordigers nie na wense optree nie moet ons stappe in plek sit om dit reg te stel!

Om al die verskillende organisasies te kry om saam te staan is brilliant! Ek weet nie of dit werklik haalbaar is nie maar dit sou die beste oplossing wees. 'n Gesamentlike front gaan beter weerstand bied veral as almal uit die selfde mind praat.

Maar ek het ook al geleer dat dit nie altyd so maklik is nie!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
User avatar
Petrie303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Petrie303 »

Dagse,

Om 'n verbod te plaas is een ding, ma wat die greenies na an geding het nie is dat Hul dalk nou die rede gan wees van een masiewe uitsit van leeus deur heel moonltik die local veerats of boer self in plaas van oorsese jagters... Geen leeu boer gan daai klomp leeus net anhou terwyl hul hom bankrot vreet nie...

Baie geluk an die Greenies, jul het sopas dit reg gekry om leeus op deuisende lat uitsit deur kortsigtig te wees!

Groete,
Petrie
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7554
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Wouter Roets »

Petrie303 wrote:Dagse,

Om 'n verbod te plaas is een ding, ma wat die greenies na an geding het nie is dat Hul dalk nou die rede gan wees van een masiewe uitsit van leeus deur heel moonltik die local veerats of boer self in plaas van oorsese jagters... Geen leeu boer gan daai klomp leeus net anhou terwyl hul hom bankrot vreet nie...

Baie geluk an die Greenies, jul het sopas dit reg gekry om leeus op deuisende lat uitsit deur kortsigtig te wees!

Groete,
Petrie
Petrie

Dit was presies die geval 3 jaar terug. Een van die redes hoekom daar moontlik so baie omgeruimthede is in die teel bedryf in die afgelope tyd as gevolg van die enorme druk deur die enorme aanvraag wat daar geheers het in die mark. Phasa moet maar saam met die greenies hierdie een op hulle dra.

Groetnis
Wouter
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by JDKey »

375fanatic wrote: op die ou eiende as jy iets wegsteek sal dit uitkom my vraag is as ons trots is op wat ons doen hoekom laat hulle geen kameras toe nie? as alles in orde is wees transparent dis wat mense agterdogtig maak
Hierdie greenies sal enige iets doen om hulle boodskap oor te dra. Slim kamera werk en goeie editing en jy gaan soos die grootste skurk in Afrika lyk . Nee wat ek verstaan dat hulle weggejaag is by plase.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek volg hierdie draad reeds van die begin af en het lank gewik en geweeg of ek ook iets moet byvoeg. Ek is nog steeds huiwerig want ek weet ek gaan deur baie mense verguis word vir wat ek hier gaan sê. Laat ek dit net duidelik stel, ek wil nie baklei nie, ook nie in uitgerekte briefwisseling betrokke raak oor die voor- en nadele of die wenslikheid al dan nie van geteelde leeujag. Ek wil dit ook duidelik stel dat ek nie teen leeujag gekant is nie. Wat volg is bloot my observasie.
Ek het reeds in die middel 1990's in die Noord-Kaap en Vrystaat gesien hoe geteelde leeujag gedoen word. Ook kort daarna in die Oos-Transvaal op 'n leeuplaas beland en dinge waargeneem wat my ontstem het. Reeds toe het ek vir mense gesê hierdie tipe leeujag is bitter gevaarlik want die greenies gaan dit ontdek en dan gaan hulle die lewe vir alle vorme van jag hel maak. Op daardie tydstip het die mense my openlik uitgelag en gesê soos iemand op hierdie draad, "Julle ou toppies moet wakker word die wêreld het verander" (ek was toe nog nie eens 'n ou toppie nie). 'n Maand of twee later is die geblikte leeujag oopgevlek met die Sandy McDonald sage. Ek het weer gewaarsku dat die greenies nou alle jag onder die vergrootglas gaan plaas en dinge vir ons gaan moeilik maak.
Wouter het in een van sy antwoorde gesê "Mark my words," die greenies gaan ander vorme van jag aanval. Dit Wouter is presies waarteen ek en ander al vir 20 jaar lank waarsku. Geteelde leeujag het ons in hierdie penarie gedompel en PHASA gedwing om standpunt in te neem. Dit is onlangs verskerp deur kleurwild en die aanbied van mak diere vir jag wat in klein kampies grootgemaak is.
Ons kan maar woordgimnastiek gebruik soos ons wil, daar is 'n groot verskil tussen 'n springbok wat op 2000ha loop en vir homself sorg en 'n buffel wat in 5ha grootgemaak is, gevoer is en toe vrygelaat is om gejag te word. Glo my maar, ek het ondervinding van hierdie soort ding, want ek het dit op wildplase self ervaar (nee ek het nie daardie diere gejag nie, maar ek het agter hulle geloop in die veld waar hulle tussen ander wild geplaas is). En dan het ek 'n bufffeljag meegemaak met 'n bekende persoon wat 'n buffel moes gaan skiet en vandag is ek skaam daaroor want daardie dag het ek my beginsels verkrag. Toe ek besef het dat die persoon 'n mak buffel gaan skiet moes ek my kamera gevat het en geloop het. Dit was nie 'n jag nie, dit was 'n sirkus. In 'n artikel het ek my bes probeer om dit soos 'n jag te laat klink, maar dit was nie. Nadat die artikel verskyn het, het ek my voorgeneem om nooit weer so iets mee te maak nie. Want dit is sulke dinge wat jag se naam skade berokken en ek wil nie deel daarvan wees nie. Maar dis gedane sake, om ander mense nie te affronteer nie het ek stilgebly en saamgstap en aanskou hoe die mak buffel "gejag" word. Waarde vir jou geld soos een man hier genoem het, nie 'n dier wat stert tussen die bene weghardloop as hy mense sien aankom nie.
Ek besef terdeë dat ons vandag veel meer wild het as vroeër en dat wildboere, PH's en almal betrokke moet geld maak anders gaan die boere maar net weer van die wild ontslae raak. My vraag is egter of dit nie kortsigtig was van die leeu-operateurs om net aan die geld te dink en nie in te sien dat hierdie manier van jag op die einde veel meer skade gaan berokken as om net leeujag te probeer verban nie.
Twee weke gelede sit ek in 'n restaurant langs Safari & Outdoor in Pretoria saam met drie manne van die wildbedryf. Een 'n regte guru/ikoon onder suid-Afrikaanse PH's, 'n man ouer as ek. "Bied julle nog leeujagte aan," vra ek. Sy vriend sê ja en toe vervolg hierdie man, "I hate the way we do it but I just luv the money." En daar lê die kruks van die saak vir my. Dis in die eerste plek om geld gedoen, nie om die wilde leeus te bewaar nie. Leeujag was nooit veronderstel om op posseëlgrootte plasies gedoen te word waar die leeu vrygelaat word en dan blitsvinnig geskiet moet word omdat hy dalk van die wild kan vang nie. Leeus word as't ware soos wors uit 'n worsmasjien aan die jagters gevoer. Moes ons dit nie op 'n ander meer volhoubare manier aangepak het nie? Moes ons nie minder leeus laat jag het en dit op meer "etiese" wyses (by gebrek aan 'n beter woord) gedoen het nie - die diere veel langer laat vry loop het nie, ens, ens.
Ek sê weer, ons kan woordgimnastiek gebruik soos ons wil maar geteelde leeujag kan ons nie verdedig teen die baie argumente wat daarteen is nie. Een ding het ek op hierdie draad opgetel, meer as een man stem saam dat daar ongeruimdhede was en steeds is. Beteken dit dan dat omdat daar so 'n groot vraag na leeus is ons maar oë moet toeknyp en pap skep, ongeag watter skade dit op die langtermyn aan jag gaan doen? Ek het onlangs weer met iemand gepraat wat regoor Suid-Afrika die Groot Vyf jag - hy maak bitter goeie geld. Ek vind dit dus moeilik verstaanbaar dat sommige manne noem hulle hou skaars kop bo water met die leeujagte en dat hulle dit om bewaringsredes noem.
Deesdae mag jy glad nie etiek noem as dit by jag kom nie. Dis glo elkeen se reg om te jag net soos hy wil, solank die dier net gou gedood word. Maar juis hierdie mensereg om te jag "soos ek wil" veroorsaak dat die jagbedryf onder al groter druk kom. Daardeur maak ons al meer vyande. Ek is dit eens dat ons moet saamstaan as jagters maar hoe verdedig jy 'n houding/beginsel dat byna enige manier van jag aanvaarbaar is solank die dier net sonder lyding geskiet word. Dit is eenvoudig dom om te dink ons kan maak soos ons wil, die probleem van die greenies sal verdwyn.
En wat help al die leeus ons nou wat ons "bewaar" het. Omdat ons huis nie in orde was nie kan dit dalk heel moontlik gebeur dat geteelde leeujag heeltemal gestop gaan word en dat ander vorme van jag nog meer geteiken gaan word. Dit is waarom ek krapperig is teenoor die leeu-operateurs want ek voel hulle het alle jag benadeel - iets waarteen nie net ek nie maar baie ander al lank waarsku.
Ek is 'n bietjie moedeloos oor jag, dis so kunsmatig gemaak dat die glans daarvan besig is om te verdwyn. Jagters tree nog steeds so op dat ons net al hoe meer vyande maak en die houding soos dit vir my lyk is die volgende: Skep maar solank dit pap reën want dit gaan in elk geval nou-nou stop" en "te hel met die greenies ons maak soos ons wil."
Ja, julle is reg, money makes the world go round maar geld het ook al baie goeie dinge gekelder. Ek weet wragtag nie wat ek gaan doen as ek nie meer kan jag nie. Ek wil dat alle jagters saamstaan maar dan moet ons ook die insig hê om nie dinge te doen wat ooglopend verkeerd is nie, of nie so kortsigtig wees dat ons die hele jagbedryf in gevaar stel nie. Ek stem heelhartig saam dat PHASA se standpunt ons in 'n dilemma gedompel het. Die helfte van PHASA is teen geteelde leeujag, byna die helfte daarvoor. Wat nou? Wat sê dit van PHASA se geloofwaardigheid? Ek sê weer, wat help al die geteelde leeus ons nou as leeujag dalk gestop gaan word.
Al wat ek weet is dat as ons jagbedryf aangaan soos dit nou aangaan, ons dalk vinniger as wat ons dink, net papierbokke gaan jag.
Mooi loop
Last edited by Koos Barnard on Mon Nov 23, 2015 5:49 pm, edited 1 time in total.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by PWV »

Koos, baie insiggewende stuk met baie pitkos wat duidelik nie uit jou duim gesuig is nie!
Groetnis
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Dimitri »

Well said, Koos. Agree with what you have said. You saved me having to finish the response I started typing.

I too am disillusioned with so much that I see in the hunting industry. Like you, I have raised numerous ethical issues regarding hunting over the years. One gets vilified for doing so. One has no right to criticise and as long as an animal is killed cleanly, then apparently it was a good, ethical hunt.

Perhaps, as with violence in our country, we have become desensitised to unethical behaviour because there appears to be so much of it and because it's not cool to be critical. If this is true, I am not one of those. The big ethical issues in hunting bother me a lot. The smaller issues too. I can't even get used to hearing people refer to "klapping" an animal or that the animal "het bakkie gery" without feeling that it is somehow disrespectful and bad for our image to be making such references. It is little wonder why there is such negativity toward hunting and hunters.

A few years ago I was privileged to exchange correspondence with one of SA's greatest conservationists - the late Dr Ian Player. Much to the irritation of the greenies, this conservation icon was pro-hunting and sustainable utilisation. Although he was pro hunting, he too was disillusioned with how the hunting industry was evolving including some of the issues Koos and I have raised here. His words to me were "you hunters had better get your house in order or there will be no hunting in the not too distant future."
bullseye

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by bullseye »

Tragies die jagters is hul eie grootste vyand.
Ek wil so graag goed se maar ek gaan my weerhou
Ek sal wel die volgende waarborg as leeus of watter spesie ook al nie n waarde het nie sal hy uitsterf dis ongelukkig hoe die wereld is vandag wildehonde is naby hulle is oorbeskermd jy kan nie handel nie daarom ook geen prys nie. Begin hulle teel en jag en hulle sal nooit uitsterf nie want hulle het waarde

Ek sal baie bly wees die manne wat so baie kennis het van leeubedryf dat hulle sal noem wie die moeilikheidmakers in die bedryf is ek gee toe daar is mense wat uitgehaal moet word maar dis nie die hele bedryf nie , noem die poskaart plase waar dit gebeur noem die teler of ph of wie ookal betrokke by skelmstreke is. Ek persoonlik dink Phasa is n klomp slapgatte wat net na hulle eie sakke kyk. Soos ek die wildbedryf in my kort lewe al gekyk het is die grootste sondebok JALOSIE DIE EEN GUN NIE DIE ANDER NIE.

Om op te som as jagbedryf nie saam gaan staan nie is dit vandag dalk die leeuboere more is dit die buffel boere oormore is dit renosters die greenies soek n deur en hulle het hom amper oop.
Groete
Thys Mostert.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by PWV »

Reservaat vra verbod op rolprent oor geblikte leeus.

http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/ ... s-20151123
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7554
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Wouter Roets »

More Manne

As ek n reguit vraag mag vra; is daar enige toekoms deur julle te sien vir die geteelde leeu jagbedryf? Wat ek hiermee bedoel het julle n beginselbeswaar teen die jag sowel as die bedryf of eerder n beswaar oor hoe die bedryf huidiglik bestuur en gereguleer word? Ek luister by die radio.

Groetnis
Wouter
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Smirre »

Wouter
Korttermyn Ja
Met hofsake kan die ding uitgerek word.
Daar sal ook altyd n PH wees wat bereid sal wees om die jag te doen

Amerika is toe Europa is nog oop, en solank daar vraag is sal dit werk

My voorstel aan die bedryf is: Bepaal self hoe lank n leeu "vrylopend" moet wees voor hy gejag kan word.
Dit sal n paar maande moet wees, nie dae of weke nie

Dit sal al manier volgens my wees hoe julle die regering en greenies sal stil kry

Andre
ps raak ook ontslae van die sklems en geldvrate wat julle skade berokken
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Eugene »

Wouter, ek was voorheen 'n groot teenstander van leeujag, veral die jag van geteelde leeus. Ek het maar met tonnelvisie na die dink gekyk, omdat ek basies net jag maak op diere wat ek kan gebruik en diere wat skade maak. My kennis oor leeujagte was ook maar beperk.

Vandat ek meer kennis opgedoen het hieroor, het ek my opinie verander. Alhoewel ek self nog geen begeerte het om 'n leeu te jag nie, aanvaar ek dat daar ander mense is wat dit graag wil doen en respekteer ek hulle keuse daaromtrent.

Jag sal ongelukkig altyd 'n emosionele onderwerp bly. ALLE vorme van jag, omdat daar altyd kansvatters in elke tipe jag is. Elke "vorm van jag" het maar altyd daai kwota ouens wat dit 'n slegte naam gee, of dit jou loop en bekruip, bakkiejag of Lang afstand jag is en leeujag en leeutelers is nie uitgesluit daarvan nie.

Ek dink die besluit om leeujagte in totaal te verbied, sal 'n kortsigte een wees. Laat daar eerder riglyne opgestel word wat vir alle rolspelers aanvaarbaar is, maar dan moet daar streng opgetree word teen diegene wat dit oortree.
Aim small, miss small
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Baasvark »

Manne almal hierbo het geldige punte en ek respekteer almal se sieninge.

Ek wil egter net se ons moet daarteen waak om die hele onderwerp met te veel emosie aan te pak.

Dit is so dat elke jagter sy eie idee het rondom die aanvaarbare etiek van jag en jagpraktyke. Ons gaan altyd met mekaar verskil rondom dit. Dit bly 'n emosionele benadering.

Maar kom ons kyk vir 'n oomblik , sonder emosie, na die prentjie:

Leeus word geteel. Hulle kry baie menslike bloodstelling en is gevolglik nie bang vir mense nie. Hulle word op die gepaste tyd verplaas na 'n plaas toe waar iemand geld betaal om hulle te jag/skiet waat ook al jy dit wil noem. Dis 'n eenskoot dood en die dier ly nie. Bene, velle ens word verkoop en 'n tweede inkomste word gegenereer.

Bees/skaap/vark/hoender word geteel. Hulle kry nog meer menslike bloodstelling en is ook nie bang vir mense nie. Op die gepaste ouderdom word hulle op 'n lorrie gelaai (baie stresvol) na 'n slagpale toe gestuur. Daar word hulle bloodgestel aan die klanke en reuke van diere wat gedood word vir menslike gebruik. (Ek is 'n groot vleisvreter en nie 'n vegetarieer nie!). Wat daar plaasvind is baie keer heelwat erger as wat enige mak leeu/buffel/geteelde bok moet deurgaan.

Die twee prentjies verskil nie veel van mekaar nie TOTDAT ons emosie beginne toelaat. Maar hoekom dan die bohaai oor die leeus en nie die res nie? Is dit omdat ons meer waarde heg aan seker diere as ander?

Nou voor die manne hulle kuite opblaas wil ek se ek self sal seker nie 'n leeu jag wat so grootgemaak is nie. Maar instede daarvan dat ek met mede jagters wat dit wel doen stry en baklei sal ek eerder hulle ondersteun. WANT AS DIE GROENES DIE EEN WEN WAT IS VOLGENDE? Watter aspek van jag gaan hulle volgende teiken?

Al is dit nie my verkose manier van jag nie - bly dit nog deel van my "sport".En 'n aanval op die soort jag sal op die ou einde nogsteeds 'n aanval op my sport wees! Elke keer as so iets opkom gebruik ons ons tyd om met mekaar te redeneer en te verskil instede daarvan dat ons mekaar ondersteun en saam staan! Ons gee hulle die geleentheid om 'n hou in te kry want ons is te besig om van mekaar te verskil.

Ons is almal , jagters en wildsplase, geraak deur hierdie aanval en dit is nou die tyd om ons kleinlike verskille opsy te sit en saam 'n staanvastige front te bied om ons passie te verdedig.

Doen ons dit nie, mag ons dalk oor 'n paar jaar praat oor die dae toe ons nog kon gejag het - al was dit makgemaakte bokke!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7554
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Wouter Roets »

Smirre wrote:Wouter


Amerika is toe Europa is nog oop, en solank daar vraag is sal dit werk

My voorstel aan die bedryf is: Bepaal self hoe lank n leeu "vrylopend" moet wees voor hy gejag kan word.
Dit sal n paar maande moet wees, nie dae of weke nie
More Smirre

Amerika is nog oop, maar Duitsland en Franryk se invoere is toe.

Hoe prakties uitvoerbaar is dit om n leeu vrylopend te laat vir n paar maande? Hoe bepaal n mens dan n prys met die jag van daai leeu op grond van verliese aan wildsgetalle in daai tydperk? Hoe word ander jagte op die grond hanteer in daai tydperk? Hoe word arbeiders beskerm wat hulle daaglikse pligte uitvoer op die plaas in daai tydperk?

Groetnis
Wouter
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Dimitri »

Wouter, I think there may still be a future for captive-bred lion hunting.

I don't think I am really qualified to comment on specifics but here goes anyway. Just an opinion from a passionate hunter-conservationist.

There will have to be a model that appeases i) the landowner (economically viable), ii) the conservationists (breeding practices and genetics would have to be carefully controlled and monitored), iii) the hunter (will he be prepared to pay maybe double the current prices?) iv) the authorities (proper regulation and monitoring and, of course license fees). In addition I think the hunts would HAVE to take place within the true spirit of HUNTING meaning fair-chase by tracking (not all areas will be suitable), self-sustaining animals, long periods with no human contact, LARGE properties, no guarantees. Yes, I think captive-bred lions would have to be treated differently to wild lions - no baiting. Then, I think there may be a future. And I do think there will still be a market. There will be those who will be prepared to pay more for a more authentic hunting experience and will be happier to do so in the knowledge that the industry is more "acceptable".
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Eugene »

Dimitri, ek wil saam met Wouter hier stem, as jy jou verlies aan bokke (want leeus gaan nie net die uitgewyste biltong bokke vang nie) en die ander gepaardgaande koste in berekening bring, gaan die leeu se prys nog bekostigbaar wees?
Aim small, miss small
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Frederik »

Persoonlik dink ek dat as mens die geteelde leeujag bedryf gaan stop kan ons seker maklik van 'n groot deel van die trofee jag se inkomste uit buitelanders totsiens se. Leeus is 'n groot ticket item vir enige jagter en die manne wat soos MGM mannetjies lyk prys $25 000 en op.
So vinnige sommetjie 400 leeus teen $12500 gemiddeld teen R14 per dollar is 'n mooi nommertjie van R70 000 000.00 per jaar.

Leeujag is al klaar goed reguleer die probleem staan by die mense wat dit moet poliseer.
Daar is net nie die wil en manne krag om dit te doen op die oomblik nie.

As elke leeujag verkoop word as 'n geteelde leeu, darem genoeg dae gehad het om die dwelms af te weer en darem sy kort blywende nuwe tuiste te herken. Op voet gejag word met spoorsnyers tussen die lang gras en dan geskiet word sonder om die leeu te dwelm te druk met voertuie of van 'n voertuig af te skiet is daar dan iets fout met die tipe leeu jag? Ook noem minimum grote grond van 1500 hektaar.

Wat word nou van die wilde leeus gaan die Chinese ook stop sit aan die leeu been bedryf?
Dit gaan nou ook ontmoontlik raak vir enige normale persoon om 'n leeu ooit te kan jag behalwe as jy stinkryk is. Dit gaan meer druk plaas op wilde leeu jagte kwota of nie daardie rykgat wil met sy leeu huis toe gaan. Dit gaan gebeur dat PH gedwing gaan word om te jong leeus te skiet of die verkeerde leeu wat nou veroorsaak dat die nuwe mannetjie al die jonges gaan doodmaak.

Ek se weer meer as 100 jaar se natuurbewaring deur regering en jagters gaan tot niet oor 10 jaar se sosiale media. Keyboard warriors wat die wereld regeer en dink daar is 'n restart knoppie.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Koos Barnard »

Dagsê
Ek het nie beswaar teen leeujag nie maar wel teen hokleeujag in sy huidige vorm om verskeie redes soos ek onder andere genoem het in my vorige plasing. As vrylopende leeus op 'n plaas gejag kan word sal ek dit heelhartig ondersteun. Die probleem is egter dat vrylopende leeus baie groot praktiese implikasies het. Ek het nie te lank gelede op so 'n plaas gejag waar daar vrylopende leeus en olifante is en die "probleme" met vrylopende leeus is onder andere die volgende:
Jy moet groot genoeg grond hê; jy moet baie wild hê en beslis nie duur wild wat jy nie graag wil laat vang nie; plaaswerkers moet dikwels gemonitor word om hul veiligheid te verseker en soms kan hul glad nie in sekere areas werk nie; geen staptogte deur besoekers tensy hulle deur 'n gewapende gids vergesel word nie; geen alleen wildritte deur gaste nie; leeu-operateurs sal nie soos in die verlede 'n hele aantal leeus per jaar kan laat skiet op een eiendom nie.

Om 'n bietjie uit te brei oor die praktiese implikasies: Op die plaas waar ek gejag het, het die leeus in twee groepw geloop, 'n mannetjie met 'n paar wyfies en drie mannetjies wat saam gebly het. Hierdie drie leeumannetjies het 'n voorliefde vir buffels ontwikkel (waarvan daar so 150 op die eiendom is). 19 buffels later het die eienaars besluit dis te duur om die drie mannetjies aan te hou en hulle is toe oor 'n tydperk van 'n jaar laat jag - waarop die buffelvangste heeltemal gestop het. Hierdie jaar is daar geen leeus op die eiendom gejag nie en volgende jaar sal daar blykbaar net een wyfie gejag word. Op hierdie betrokke plaas is die inkomste uit gewone trofeejag en eko-toerisme genoeg om die leeus vrylopend toe te laat en om baie lae getalle te laat jag.

Ekonomies gesproke gaan sulke tipe leeujagte op min plase in Suid-Afrika lewensvatbaar wees. Dit bring ons terug by hokleeujag. Om leeus op die worsmasjien-metode te teel, vry te laat en vinnig te laat skiet is die enigste ekonomies haalbare metode om hierdie bedryf op baie plase te laat werk, soos tans die geval is.

Die probleem is dat die negatiewe konnotasie aan hierdie hokleeuskietery die langtermyn voordele daarvan gaan oorskry want dit plaas ons hele jagbedryf in 'n swak lig en gee meer skietgoed aan anti-jagters. Daarmee my swanesang oor geteelde leeus.
Mooi loop
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Dimitri »

Eugene, on a global scale demand exceeds supply because there are very few truly wild lions available for hunting and they are very expensive. Perhaps the farmers can charge 3x the current prices? I don't know. What I know is that it is not like the lion hunter has a lot of choice.

IF the farmer can charge enough for the lion, perhaps there needs to be a 1,000ha camp adjacent to the piece of ground where the lion will be hunted. The purpose of the camp is to fulfil the requirement that the animal becomes self-sustainable and obviously only the cheaper animal species will be kept in that camp. X amount of time before the hunter arrives, by agreed regulation, the lion is darted and moved to the adjacent 3,000ha property. If the hunt is unsuccessful, I guess the poor thing needs to be darted again and moved back before it catches a sable.

Don't worry too much about my specifics. People in the industry, with far more knowledge than me, will come up with a far better plan that may work. My point was that, with some major changes in the way things are done and in our perception of how the hunt should be conducted I think there may still be a future for this industry.
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Baasvark »

Dimitri wrote:Eugene, on a global scale demand exceeds supply because there are very few truly wild lions available for hunting and they are very expensive. Perhaps the farmers can charge 3x the current prices? I don't know. What I know is that it is not like the lion hunter has a lot of choice.

IF the farmer can charge enough for the lion, perhaps there needs to be a 1,000ha camp adjacent to the piece of ground where the lion will be hunted. The purpose of the camp is to fulfil the requirement that the animal becomes self-sustainable and obviously only the cheaper animal species will be kept in that camp. X amount of time before the hunter arrives, by agreed regulation, the lion is darted and moved to the adjacent 3,000ha property. If the hunt is unsuccessful, I guess the poor thing needs to be darted again and moved back before it catches a sable.

Don't worry too much about my specifics. People in the industry, with far more knowledge than me, will come up with a far better plan that may work. My point was that, with some major changes in the way things are done and in our perception of how the hunt should be conducted I think there may still be a future for this industry.
Dimitri I like what you're suggesting because now we are moving towards a practical , workable solution that then benefits the industry as a whole.
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7554
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Wouter Roets »

Manne

Sit julle asb in ons skoene. Ons het destyds besluit om ook leeu jagte aan te bied op ons plaas vir twee redes. Eerstens om n meer aantreklike destinasie te raak vir jagters en tweedens om te kyk of die plaas/besigheid nie op sy eie twee bene kan staan nie. n Hele klomp geld en tyd is geinvesteer en na twee lang jare is al ons nodige permitte eers goedgekeer. In die laaste jaar is daar net vyf leeus gejag by ons. Die wetgewing van Noord Wes Provinsie verlang n duisend hektaar as minimum maar ons het dit goed gedink om die hele twee duidend hektaat te gebruik om die jag van die leeus.

Ons het ook n gedugte jagspan bymekaar gemaak om hierdie jagte profesioneel te kan hanteer. Met elke jag het ons presies die voorgestelde wetgewing gevolg en elke jagter het presies geweet waarvoor hy homself inlaat. Ons het die leeubene wettig verkoop en die trofee's is natuurlik na die jagter self. Die jagte self is was walk en stalk. Voertuie is gebruik om n aanvanklike spoor te kry en vir logostieke doeleindes.

Die leeus self is verkry van telers wat deur ons besoek is met al die se nodige permitte en regulasies in plek. Ons besoeke het nie n enkele keer iets snaaks of ongure praktyke openbaar nie. Nie by een van telers het die publiek met mak leeus rongestap of rondgerol tussen leeuwelpies nie. Huidiglik het ons n ooreenkoms in plek met net een wild teller vir die lewering van die leeus.

Nou vra ek eerlikwaar is ek enigsins verkeerd om te vra wat het ons verkeerd gedoen in die hele proses? Hoekom moet ek hierdie besluite sommer net goedsmoets aanvaar? Is ek enigsins verkeerd om tenagekom te voel as my mede jagters my doen en late veroordeel? Om gedurig te hoor hierdie word net gedoen oordat n mens geldgierig is en dit die dryfveer is vir al ons dade. Om veroordeel te word deur mense wat op high horses sit, maar hulle eie doen en late laat ook maar veel te wense oor? Om die redenasie te hoor dat een dier nie oor dieselfde kam geskeer moet as al die ander diere nie. Om te hoor dat sekere jagte regverdig is en ander nie oor n klein tegniese punt. Om te hoor dat leeujagte net goedgekeur word as dit op die ou safari jagte vanmelewe se dae plaasvind maar n rooibok kan maar gejag word in 400ha sonder dat een mens n woord daaroor rep. Om te hoor dinge is artificial met die jagte maar die res van diere op die plaas val nie onder hierdie vaandel nie. Die ergste natuurlik is dat elke ou wat sy mond uitspoel oor die verloop van die jag het nog nie of stel nie eers belang in die jag van die dier nie! Laat staan nog die feit dat die meeste mense weinig of niks eers weet van die bedryf nie maar dat sy opinie gebasseer is op media stukke wat deur die antjag kringe aanmekaar geslaan is!

Ek weet eerlik nie of ek moet lag of huil oor hierdie hele afvere nie.

Groetnis
Wouter
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Sarel »

Wouter Roets wrote:Manne

Sit julle asb in ons skoene. Ons het destyds besluit om ook leeu jagte aan te bied op ons plaas vir twee redes. Eerstens om n meer aantreklike destinasie te raak vir jagters en tweedens om te kyk of die plaas/besigheid nie op sy eie twee bene kan staan nie. n Hele klomp geld en tyd is geinvesteer en na twee lang jare is al ons nodige permitte eers goedgekeer. In die laaste jaar is daar net vyf leeus gejag by ons. Die wetgewing van Noord Wes Provinsie verlang n duisend hektaar as minimum maar ons het dit goed gedink om die hele twee duidend hektaat te gebruik om die jag van die leeus.

Ons het ook n gedugte jagspan bymekaar gemaak om hierdie jagte profesioneel te kan hanteer. Met elke jag het ons presies die voorgestelde wetgewing gevolg en elke jagter het presies geweet waarvoor hy homself inlaat. Ons het die leeubene wettig verkoop en die trofee's is natuurlik na die jagter self. Die jagte self is was walk en stalk. Voertuie is gebruik om n aanvanklike spoor te kry en vir logostieke doeleindes.

Die leeus self is verkry van telers wat deur ons besoek is met al die se nodige permitte en regulasies in plek. Ons besoeke het nie n enkele keer iets snaaks of ongure praktyke openbaar nie. Nie by een van telers het die publiek met mak leeus rongestap of rondgerol tussen leeuwelpies nie. Huidiglik het ons n ooreenkoms in plek met net een wild teller vir die lewering van die leeus.

Nou vra ek eerlikwaar is ek enigsins verkeerd om te vra wat het ons verkeerd gedoen in die hele proses? Hoekom moet ek hierdie besluite sommer net goedsmoets aanvaar? Is ek enigsins verkeerd om tenagekom te voel as my mede jagters my doen en late veroordeel? Om gedurig te hoor hierdie word net gedoen oordat n mens geldgierig is en dit die dryfveer is vir al ons dade. Om veroordeel te word deur mense wat op high horses sit, maar hulle eie doen en late laat ook maar veel te wense oor? Om die redenasie te hoor dat een dier nie oor dieselfde kam geskeer moet as al die ander diere nie. Om te hoor dat sekere jagte regverdig is en ander nie oor n klein tegniese punt. Om te hoor dat leeujagte net goedgekeur word as dit op die ou safari jagte vanmelewe se dae plaasvind maar n rooibok kan maar gejag word in 400ha sonder dat een mens n woord daaroor rep. Om te hoor dinge is artificial met die jagte maar die res van diere op die plaas val nie onder hierdie vaandel nie. Die ergste natuurlik is dat elke ou wat sy mond uitspoel oor die verloop van die jag het nog nie of stel nie eers belang in die jag van die dier nie! Laat staan nog die feit dat die meeste mense weinig of niks eers weet van die bedryf nie maar dat sy opinie gebasseer is op media stukke wat deur die antjag kringe aanmekaar geslaan is!

Ek weet eerlik nie of ek moet lag of huil oor hierdie hele afvere nie.

Groetnis
Wouter
My simpatie is met jou.

Om "almal" tevrede te stel is 'n onmoontlike taak

Om "geld" te maak is blykbaar ook nie meer reg nie
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Verbod op geteelde leeu jag

Post by Dimitri »

Wouter,

I think the comments made on this thread are about the lion hunting industry in general, not specifically your operation.

However, regardless of the fact that the majority of operators probably follow the rules, the industry continues to make the news for all the wrong reasons and the image of lion hunting in particular and hunting in general is being tarnished. If some of the processes and practices can be changed to improve the situation to an acceptable level then I think it will be a good thing. Unfortunately, in the process, all operators - honest and dishonest - will take a knock.

So PHASA has distanced itself from captive-bred lion hunting until certain facts have been established. Let the facts be speedily and independently established so that a responsible and acceptable way forward can be agreed upon.
Post Reply