Sprongafstand van koeel na groewe

Post Reply
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Ek sien en word hierdie vraag baie gevra van wat moet my sprong met n spesifieke kaliber wees? My antwoord was maar gewoonlik om met die kleiner kalibers tot en met die 6.5mm jou sprong gewoonlik 0.5mm te maak en met die groter kalibers dit 1mm te maak. Ek het nou so bietjie meer oor hierdie aspek gedink en met die volgende riglyn vorendag gekom.

Gebruik 10% sprong van kaliber en meskien beter 10% van jou kaliber se neklengte as n riglyn. Indien jy met n 308 sit vat jy 10% van 7,82mm as jou wegtrekpunt maw 0,8mm jump. Indien jy met n 223 sit vat 10% nou weer van 5,69mm maw 6mm sprong. Met n 375 is dit 9,53 so 1mm sal werk. Onthou om maar net te toets of jou patroon wel in jou magesyn gaan pas met hierdie TPL.
Wanneer TPL verstellings gedoen word om daai laaste finetuning te doen sal ek aanbeveel om eers te begin om die lengte ondertoe aan te pas en as laaste uitweg boontoe te gaan. Hierdie aanbeveling is van toepassing op alle koeels behalwe GSC.

Onthou asb dat hierdie net n riglyn is met herlaai en defnetief nie die Alpha en Omega nie! Baie kalibers wat met n lang vryboor sit gaan n ander benadering verg. Maar oor die algemeen sal hierdie die beste werk.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Arnold »

Wouter Roets wrote: Indien jy met n 223 sit vat 10% nou weer van 5,69mm maw 6mm sprong.
Ek sien jou calculator het nognie vanoggend koffie gehad nie  ;D

Ek laai gewoonlik so dat die patroon vir my reg lyk ...  :angel:
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Monrique (SJ) »

Indien jy met n 223 sit vat 10% nou weer van 5,69mm maw 6mm sprong
Wout

Ek neem aan jy bedoel 0.6mm

Groetnis
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Arnold »

;D ;D ;D

Nou lag ek lekker. Wout probeer help en ons haal hom oor die kole omdat hy 'n nul vergeet ...  ;)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Wouter Roets »

Ja-ja julle etters! ;D ;D Julle gaan slaap te vroeg!

Die 0,6mm is die regte een!

Maak dit sin wat ek hier se?

Klaasvakie
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Raven »

Wouter,
Ek verstaan glad nie, eintlik te lui om nou te dink  ;)
Ek sal vanand die 25 se jump gaan kyk en besluit of ek moet aanpas.
Ek dink hy is op 1mm van lands af  :o

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Wouter Roets »

Raves

Moet nie karring aan daai lading van jou nie. As jy op 1mm reg gekom het dan is dit fine, ek dink toe ons laas gepraat het was dit 1mm. Hierdie skrywe het gegaan oor n riglyn as jy begin met n kaliber en hoef nie gesien te word as n regide maatstaaf nie. Die sprong op die 25-06 sal 0,6mm wees volgens my formule.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Raven »

Wouter,

Dankie ou maat, nee ek sal glad nie krap nie ou maat, my Tikka loop mooi en dis al wat saak maak, al was jy jump ook  5mm.
Ek raak nogals gou verstreerd as 'n geweer nie reg groepeer nie, so as ek hom reg kry los ek hom tot daar weer kwale opduik.  ;)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
herley

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by herley »

Raven

So jy sal my help met die 22 as ek ladings moet uitwerk ;D ;D
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Raven »

Brad,
Ek kan nie meer wag vir jou 22-250 nie, jou Termiinator het nou by my aangekom.

Hoe lank nog vir die lisensie, dis amper al 2 maande, wat sloer dit so  >:(

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Arnold »

Raven wrote: Brad,
Ek kan nie meer wag vir jou 22-250 nie, jou Termiinator het nou by my aangekom.

Hoe lank nog vir die lisensie, dis amper al 2 maande, wat sloer dit so  >:(

Raven
black-sam .... julle raak moeilik as dit twee maande vat, ons gaan op ons knee en s? dankie as dit maar net 3 maande kan vat  ;D
herley

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by herley »

Raves

Nee man dis nou eers n maand, was laas week daar toe se hulle of die 1ste of 2de week in April, ongelukkig vang julle daai tyd vis so ek sal ma moet aleen die loop inwei
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Armand Steenkamp »

Ek sal na 8 maande nogsteeds op my kniee gan en dankie se!!!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2155
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Koos Barnard »

Dags?
Sommer net 'n klip in die bos. As jong lat het ek eendag vreeslik tegnies geraak met my oorlede pa oor herlaai en raakskiet en sulke dinge. Hy het sy lewe lank met 'n ou .303 geskiet en hom nooit aan dinge soos groeperingskiet en al die tegniese dinge gesteur wat ons vandag so najaag nie. Hy het my vir 'n oomblik stil aangekyk en toe ges?: "Seun, jou probleem is dat jy te veel weet en te min skiet."
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Geno »

Koos Barnard wrote: "Seun, jou probleem is dat jy te veel weet en te min skiet."
Wyse woorde Oom Koos!
Was lekker om Oom te ontmoet die naweek by die skou!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Witpietskiet
Hero Member
Hero Member
Posts: 763
Joined: Wed Jul 14, 2010 1:14 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Witpietskiet »

Koos Barnard wrote: Dags?
Sommer net 'n klip in die bos. As jong lat het ek eendag vreeslik tegnies geraak met my oorlede pa oor herlaai en raakskiet en sulke dinge. Hy het sy lewe lank met 'n ou .303 geskiet en hom nooit aan dinge soos groeperingskiet en al die tegniese dinge gesteur wat ons vandag so najaag nie. Hy het my vir 'n oomblik stil aangekyk en toe ges?: "Seun, jou probleem is dat jy te veel weet en te min skiet."
Dankie Koos, dit is die beste s?-ding wat ek in n lang tyd gehoor het.  ;D
Jag bly baas.
Groete uit Windhoek
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by Freek »

Koos,
"Seun, jou probleem is dat jy te veel weet en te min skiet."
Jou pa was reg... min woorde, baie ges?. (punt)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
KLASIE
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Sep 16, 2009 3:08 pm

Re: Sprongafstand van koeel na groewe

Post by KLASIE »

Ja nee Koos hulle se nie verniet grysheid bring wysheid ware woorde van jou pa
Post Reply