Manne,
Ek en Ge het so paar bokke by hom op sy plot afgehaal.
Ek het 'n rooibok voorgesit en op omtrent 65m met die .300Blackout en 208gr Amax teen 995fps geskiet.
Ge het sy rooibok bekruip en met die .17Hornet op omtrent 100m geskiet
Die blesbok het ons bekruip en het ek hom op omtrent 35m met die Blackout geskiet.
Albei my bokke was bladskote om te sien hoe die Blackout se doodmaakvermoe is met subsoniese ammo, en Gé se bok was 'n breinskoot.
208gr AMax langs .300Blk doppie.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0024.jpg
Gelaaide rondtes.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0022.jpg
My rooibok.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0023.jpg
My blesbok.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0020.jpg
Ge se rooibok.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0021.jpg
Skoot is amper te laag, maar die bok is morsdood op die plek.
20gr VMax teen 3650fps.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/culling/IMG-20160404-WA0019.jpg
Video van die blesbok.
Ek sal volgende graag 'n BWB wil skiet met die roertjie om te kyk of ons 'n koeel terug kan kry.
Die blesbok het kwaai vleisskade gehad omrede daar baie been getref is. Daar is ook mantelstukkies tydens die afslag gekry.
Groete
Lights-out met die .300Blackout!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Lights-out met die .300Blackout!
Goed, beter, 6millimeter!
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1846
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Lights-out met die .300Blackout!
Net 'n vragie... hoekom nie sommer 220 gr PMP of Hornady RN nie? Hulle hou dalk beter bymekaar? Goedkoop ook.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Geno
- Administrator

- Posts: 13654
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Lights-out met die .300Blackout!
Ek dink die sagter AMax is juis beter. Man soek steeds n koeel wat oopmaak.
PMP, nee dankie.
PMP, nee dankie.
Goed, beter, 6millimeter!
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: Lights-out met die .300Blackout!
Awesome, klink soos n .22 maar slaan soos n hammer.
Hoe het die vleisskade gelyk?
Hoe het die vleisskade gelyk?
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2487
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lights-out met die .300Blackout!
Ek het lank gelede 220gr PMP gebruik in 30-06 wat subsonies was op eland, daai PMP het bitter min oopgemaak, bok het paar meter geloop gaan staan rukkie gestaan en gaan le. Sal nie weer gewone koeels gebruik nie. Selfde getry in 270 150gr PMP subsonies, op dooie bok getry, niks oopgemaak nie.Geno wrote:Ek dink die sagter AMax is juis beter. Man soek steeds n koeel wat oopmaak.
PMP, nee dankie.
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Lights-out met die .300Blackout!
Ai,
Die lyk baie lekker, en smokkel met my kop. Nou wil ek ook een hê....
Die lyk baie lekker, en smokkel met my kop. Nou wil ek ook een hê....
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
- Gernie
- Hero Member

- Posts: 771
- Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm
Re: Lights-out met die .300Blackout!
Jinne maar daai gunnetjie is saffies
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
