Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Wildjagter wrote:Saam jul opgewonde Geno. Jammer julle kon nie van daai 108gr .257 ook inbring nie.
Sal hulle graag wou toets. Daar nie n manier hoe jul op n tyd van hulle kan kry nie?
Groete
Cobus
Die .257's is nie op die stadium in produksie nie. Ons wou wel van hulle laat kom.
Baie dankie Geno. Hoop hul kan in produksie kom binnekort.
Hou ons asb op hoogte
Geno ek hou van wat ek sien. 1 ding wat ek egter oplet is dat die .264 se 130 en 140gr'ers se mates dieselfde is. Hoop ek het reg gekyk. Indien dit wel so is weet jy dalk hoe hulle dit reg kry?
Geno wrote:Peet, ek vermoed hulle kry dit reg om een mantel te gebruik, met 2 verskillende kern gewigte.
Korek,
As jy kyk na die 175 en 190gn vir die .30 koeëls noem hulle dat die eksterne dimensies presies dieselfde is en dat slegs die "lead core weight" verskil.
Ek let wel op dat beide JLK en Berger se eie verteenwoordigers net lof vir mekaar se koeëls het. As daardie hoër BC goed, groepeer, gaan die goed 'n wenner wees.
Sou beide die 105gr (243Win) en die 168gr(7x64) geskik wees vir jag en langafstand baanskiet?
Wil baie graag betrokke raak by langafstandskiet, maar sal dit erg like as dieselfde koeëls ook kan jag.
Hennie, die koeels word met groot sukses deur langafstand jagters gebruik in Amerika.
Op watse afstande beplan jy om te jag met die koeels? Of laat ek eerder vra, watse impaksnelheid het jy in gedagte?
Ek het 'n CZ - dink die 243 is 1 in 10. Sal hulle nie mooi stabiliseer nie?
Hennie ongelukkig dink ek jy gaan maar sukkel met so lang koel in n 1/10twist loop, ek het al Berger, Nosler en Hornady se langs koels in die 1/10 probeer en met koels wat over all langer as 30.10mm meet begin die wiele af te val, een dag skiet hul mooi volgende dag is dit n gesukkel en jou BC waarde is ook nie konstant elke dag agv die koel wat dalk marginaal stabiliseer nie. Daai JLK meet 31.65mm maar niks stop jou om n pakkie te toets nie, elke geweer hou maar van n ander koel.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.