pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by PITSMIT »

Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Geno »

Pit
Dit is mos nou mooi!!!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Raven »

Pit,

Mooi man, as daai mannetjie eendag groot is, gaan hy met trots vertel hoe jy hom op sy eerste jagtog gevat het.

Raven
Last edited by Raven on Mon Apr 04, 2011 7:10 pm, edited 1 time in total.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Jagtersdok »

Daai is hoe dit hoort ou maat
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by PITSMIT »

naands? al die ooms

my naam is Jacque en ek is die jagter op al die fotos.  ek het begin met my twee duikers toe my springbokram toe my knypkop rooibok en laaste my groot rooibokram.

dankie almal

groete

Jacque
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13654
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Geno »

Hallo Jacque.
Baie geluk met jou bokke groot man!
Ek kan sien dat jy sommer 'n groot jagter gaan word!

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by PITSMIT »

die laaste groot rooibokram was 189m ge-range, in die middel vd blad geskiet kyk mooi op die linker skouer sit die patroon net onder die vel so n knoppie wys net hoe v?r dit was dat n .270 nie eers deur hom kon skiet nie.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by JvB »

Pitsmit,


Geluk met die mooi bokke, maar se my hoe oud was jy toe jy daardie eerste bok geskiet het. Ek wil my seun ook nog vat om sy eerste bok te skiet maar weet nie wat is nou eintlik die regte ouderdom nie.


JvB
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Christo »

JvB wrote: Pitsmit,


Geluk met die mooi bokke, maar se my hoe oud was jy toe jy daardie eerste bok geskiet het. Ek wil my seun ook nog vat om sy eerste bok te skiet maar weet nie wat is nou eintlik die regte ouderdom nie.


JvB
Dis maklik............

13 jaar oud of sodra hy, en jy, reg is. M.a.w. enige tyd wat sy verantwoordelike pa dink hy is reg. ;)
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Christo »

pit

Daai foto laai so stadig, ek sien nou eers die mannetjie. Jou hemp se knope moes sekerlik gespat het. MOOI MAN
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
skaapwagter
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Sun Feb 28, 2010 11:11 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by skaapwagter »

Mooi Jaques, wat is volgende in jou teleskoop my maat?
Mooi loop..
.22-250 tikka 6.5PRC Howa .338WM Sako ::)
TO Y O T A...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Francois Marais »

Jaque

So het ons almal maar beginne maat, van kleins af, eers die klein bokke geskiet, later al groter bokke, maar niemand van ons het van die klein bokkies vergeet nie, die jag vir hulle was net so lekker as vir die groot bokke, onthou om vir pappa dankie te se vir die tyd wat julle saam kan jag, mens raak nooit te ou, of te groot om hierdie lekker tye saam te geniet nie.

Mooi loop, grootman.
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by PITSMIT »

more JVB  CHRISTO en FRANCOIS

jacque was ses jaar oud toe hy die duikers geskiet het. ek het gevoel hy is reg want hy kon jag en die dood van n dier respekteer omdat ek hom van kleins af geleer het jy skiet net wat jy kan en wil eet.  toe hy met sy windbuks begin vo?ltjies skiet het het ek hom ges? as hy een skiet moet hy hom eet. dit was geen probleem vir hom nie en sommer gou het hy gesmul aan die duiwe en vinke wat hy op die vuur gebraai het.  maak geen fout nie pa was gou saam aan die etens tafel want ek het al vergeet hoe lekker n duif is wat op die vuur gebraai is. ( hy hoef natuurlik nou nie goed soos muisvo?ls en spreeus te eet nie jig! )

die kort van die lank is hy het die natuur gerespekteer en ook die lewe van n dier op n baie jong ouderdom al so daarom het ek hom eers n haas laat skiet ( wat ook gebraai was) en toe in dieselfde jaar sy duikers.  hy het self geslag en pens gemaak en ek het vir hom sy eie biltong help maak met sy vleisies.  die volgende jaar het hy n springbokram geskiet. sy eerste een. christo jy praat van hemp se knope wat bars. dit was daardie dag gewees met die duikers al.  toe die springbok val was daar n traan in my oog van trots en blydskap want jule moes sien hoe spring n 7 jarige op en af en skree " my eerste ram, my eerste ram".  dit is prysloos. die eerste rooibok was net so lekker gewees maar toe was die outjie al n jagtertjie wat sy staan ken agter n geweer.

die groot rooibokram was in my o? nog die beste bloot uit die oogpunt van die afstand en akkuraatheid van sy skoot. ( dit kon natuurlik nie anders nie want dit is op stuk n .270 ;D ;D ;D) maar ja om op te som jy sal weety as jou outjie reg is vir die ding veral as hy van kleins af soos jy dieselfde passie deel.

Oom Francois my volgende ding in die versier is n trofee vlakvark  en later die jaar is ek genooi vir nog n mooi rooibokram.  my pa s? ek kan eers n kudu skiet as ek 13jr oud is. ek is nou tien jr oud.

al my bokke is met die .270 geskiet behalwe die duikers.

groete

pitsmit en jacque

ps  kyk sy br?ggat skoot op die regterkantste duiker se blad.  geskiet op 48 tree met die .22 met n SP blitzer.
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Francois Marais »

Jaque

Jy moet passop vir vlakvark se kind, hy is n man wat nie sommer omval nie, ek het al GROOT ooms met GROOT gewere gesien wat hom nie plat geskiet kry nie. Hoor jou pa het ook n 308, dink jy moet hom vat vir daai vark, sien jy kan klaar n goeie skoot skiet, sit hom moii oppi bad, en hy gaan so n entjie harloop, maar jy sal hom gou kry, want sy hart sal nie meer so lekker werk nie.

Voorspoed met jou jagtery, dit bly dam ma net lekker, my seun is nou al 19jr oud, en ons jag nog gereeld saam, met boog of geweer, en nie eers toe ek my ou Olifant geskiet het, was die jag vir my so lekker soos die klein jaggies wat ek saam met hom kan gaan jag nie.........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: pa se bulperd (kyk daai smiles) 2

Post by Ponkie »

Francois Marais wrote:
Voorspoed met jou jagtery, dit bly dam ma net lekker, my seun is nou al 19jr oud, en ons jag nog gereeld saam, met boog of geweer, en nie eers toe ek my ou Olifant geskiet het, was die jag vir my so lekker soos die klein jaggies wat ek saam met hom kan gaan jag nie.........
Oom FM

Eks nou 20 en Tiny 18, ons jongste boetie raak nou 11 en gaan seker een van die dae op sy eie mag begin sit by 'n voorsitjag! Onthou nog hoe opgewonde ek was toe ek sy size was! Intussen was Tiny by met my eerste koedoe en so ook ek by sy eerste koedoe, En verlede jaar was ons altwee by om vir klein Daniel te ondersteun met sy eerste bulletjie. Ek dink my Pa swel elke keer van trots as ons erens genooi word vir 'n jag en sy 2 laaities se bokke word deur die ander jagters gekoop omdat hulle nie hule kwota kon vol skiet nie. Oom Pitsmit, klou vas aan dit wat Oom en daai mannetjie het, daar is min mense wat so bevoorreg soos ons is! ;)

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Post Reply