Worsstopper

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Worsstopper

Post by sako 30-06 »

Ek oorweeg dit om hierdie stopper by BBRW te koop.

Ken enige iemand die produk?
Dis n tweespoed.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
mossie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 375
Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm

Re: Worsstopper

Post by mossie »

Ek het soortgelyk. Handig en wat lekker is die hand wat die slinger draai en die hand wat die derm voer is naby mekaar en nie so uitgestrek soos met n horisontale stopper nie.
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Worsstopper

Post by Parker »

Ek het ook so een in 7 liter. Werk soos n droom. As ma nie help nie kan jy dit sommer alleen doen! Net een modifikasie aangebring, en dis om die voetstuk vas te maak op die vleistafel. Permanente moere op die onderkant van die tafel vasgemaak en bout dan net die stopper vas.
Stoot lood!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Worsstopper

Post by sako 30-06 »

Parker wrote:Ek het ook so een in 7 liter. Werk soos n droom. As ma nie help nie kan jy dit sommer alleen doen! Net een modifikasie aangebring, en dis om die voetstuk vas te maak op die vleistafel. Permanente moere op die onderkant van die tafel vasgemaak en bout dan net die stopper vas.
Ek het 12mm plaat wat ek dalk sommer net n voetstuk sal maak. Sal lekker swaar en stewig wees.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Worsstopper

Post by sako 30-06 »

Dis goeie nuus, die stopper is baie goedkoper as ander stoppers so ek was bekommerd oor die kwaliteit.
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Worsstopper

Post by Barry Loock »

Ek het die 12 liter een. Nog n modifikasie is om die aluminium handvatsel ook te vervang met n beter metaal. Hy skuif in op s/steel splines. Ek het toe ook n s/steel female spline laat masjien om oor die aan dryf as te skuif. Nou is hy mamba!

Aim small, hit big.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Worsstopper

Post by henning »

sako 30-06 wrote:Ek oorweeg dit om hierdie stopper by BBRW te koop.

Ken enige iemand die produk?
Dis n tweespoed.
Wat is sy prys?

Wonder maar omdat ek nou net oor die R3000 betaal het vir 5 liter een.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Worsstopper

Post by Barry Loock »

Ek het so 3 seisoene teryg R2 299 betaal. Alles die moeite werd.

Aim small, hit big.
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Worsstopper

Post by Parker »

Die 7 l prys nou vir R1795. Absoluut die moeite werd. Met die sewe liter maak jy gemaklik 30 kg wors in so gou soos wat jy "worsstopper" kan sê!
Stoot lood!
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Worsstopper

Post by Friedland »

Kan ek vra wat is BBRW?
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Worsstopper

Post by henning »

Parker wrote:Die 7 l prys nou vir R1795. Absoluut die moeite werd. Met die sewe liter maak jy gemaklik 30 kg wors in so gou soos wat jy "worsstopper" kan sê!
Nou is ek knorrig oor die prys wat ek betaal het. Ek het n Tre Spade gekoop en dit lyk my jy betaal vir die naam.
Ou kwaal van my, as ek n ding wil he, koop ek hom, en wil nie nog baie soek nie. Kan maar net vir myself se, kry vir jou.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Worsstopper

Post by sako 30-06 »

henning wrote:
sako 30-06 wrote:Ek oorweeg dit om hierdie stopper by BBRW te koop.

Ken enige iemand die produk?
Dis n tweespoed.
Wat is sy prys?

Wonder maar omdat ek nou net oor die R3000 betaal het vir 5 liter een.

Groete
Henning
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Worsstopper

Post by sako 30-06 »

BBRW is n plek wat catering equipment verkoop.
Die 5 liter kos nou R1500.

Ek weet net nie of ek die 3l of 5l wil koop nie.
Soek iets wat nie te grrot is nie en wat maklik skoon maak.
User avatar
Parker
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am

Re: Worsstopper

Post by Parker »

Ek vind die 3 l is net te klein. Jy het net begin stop dan is hy leeg. Daar is so min prys verskil tussen die modelle. Koop die model wat jy kan bekostig en vir die hoeveelheid waarvoor jy hom wil gebruik.
Stoot lood!
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Worsstopper

Post by sako 30-06 »

Parker wrote:Ek vind die 3 l is net te klein. Jy het net begin stop dan is hy leeg. Daar is so min prys verskil tussen die modelle. Koop die model wat jy kan bekostig en vir die hoeveelheid waarvoor jy hom wil gebruik.
Ek het vandag gedink die 3l gaan dalk te klein wees toe bestel ek die 5l.
So nou weet ek dit was die regte besluit.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Worsstopper

Post by sako 30-06 »

Ek het toe die 5l gekoop en sommer gister getoets.

Hy werk so lekker dis nie eers nodig om iemand te he wat help nie. Ek kon alles self doen.
User avatar
Barry Loock
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Sat Jan 02, 2016 10:05 pm

Re: Worsstopper

Post by Barry Loock »

Geluk en geniet hom. Ek het myne al 3 seisone

Aim small, hit big.
Post Reply