Eerste Bosbok

Post Reply
velti.botha
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Sat Jan 09, 2016 12:14 pm

Eerste Bosbok

Post by velti.botha »

Dog ek deel so bietjie ñ kiekie van my eerste bosbok wat ek so rukkie terug by Debad naby Burgersfort geskiet het. Dit was dik lekker gewees, maar ek moet sê ek was maar so bietjie skrikerig Image
IMG-20160710-WA0113.jpg
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by tripodmvr »

Baie geluk. Lyk na 'n ou man as mens na die horingpunte kyk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Eerste Bosbok

Post by DWB »

Pragtig!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Maanboef
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Thu Feb 27, 2014 4:59 am

Re: Eerste Bosbok

Post by Maanboef »

Baie mooi.Kort ook nog een op my lys.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Eerste Bosbok

Post by Andre308 »

Baie mooi,

Moet se, ek self so bietjie bang vir hulle as hy klaar geskiet is. Ek gee hom maar tyd voor ek nader stap.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by Giepie »

Sal graag een op my lysie wil sit, maar hulle is maar skaars.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by Ben Remington »

Baie mooi bok....vertel bietjie meer van die jag asb.
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by Morne Van Der Merwe »

Baie geluk met 1ste bok.
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: Eerste Bosbok

Post by JDKey »

Maanboef wrote:Baie mooi.Kort ook nog een op my lys.
+1
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by honda2 »

Lyk soos n mooi ou bul! Sal graag wil hoor hoe die jag verloop het.
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1232
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by heywillie »

pragtige bosbok !

moet self nog myne kry
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
velti.botha
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Sat Jan 09, 2016 12:14 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by velti.botha »

Nou ja. Na omtrend 8 maande se beplanning breek die groot dag toe aan en ons is so 2uur die oggend uit Pta opad na ons JAGS. (Jaarlikse Amptelike Groepjag Sessie). 7 uur op die plaas aangekom en toe eers ñ wors op die gas gebraai en sopie muskadel gevat vir die koue natuurlik. Daar langs ons in die oorkantste plaas het ek seker die grotste bosbok in die lewe gesien. Hy was besig om in die lusern lande te wy, nie ñ saak met ons nie. So 300m meter weg maar ons het hom so 17 duim geskat. ñ Stoof van ñ bok!

Kla gebraai en toe die laaste 10km deur die berge gery tot by die kamp. Af gepak, gewere gezero, op die bakkie en daar gaan ons.

Ek en my groot vriend Loock is toe op ñ punt by ñ mango boord afgelaai en die oom sê ons moet net so 10 min daar wag tot die gids van die ander punt af kom en dan sal hy ons deur die bos vat. Daar sit ons. Dood rustig. Geen geraas. Geen sein. Geen worrys. Net die rustighuid vanself. Ons spot nogals oor boggem en sy maats wat sommer net hier naby ons teen die kloof sit en skreeu. Min weetend dat ñ bosbok amper soos bobejaan klink...

Daar kom Lawrens aan so ons begin opstaan en regmaak vir die groot uitog. Hy sê ons moet maar stadig loop want 'Eish die bokke, hele es baja'.

Ons het skaars 4min geloop en ek gewaar net die stert van iets wat deur ñ droë rivier beding gaan.

2 jong bosbok ramme. Of so dog ek want ek vergelyk nog met vanoggend se Stoof. Ek stap stadig nader en Loock hul skuil net agter my in die pad onder ñ boom. Ek het so 3 sekondes gehaad vir ñ skoot maar dit toe nie gevat nie. Ek soek daai Stoof en hier is mos baie bokke.... Dit was die laaste.

Na ñ paar uur se harde jag en baie baie moeilik loop kom ons toe weer by die mango boord aan. Stokflou. Vroeg oggend op en omtrend niks geslaap die vorige aand omdat mens nie kan wag vir more, het ons toe in gehaal.

Lawrens ons lê net so bietjie plat op ons rug maar gooi sommer ñ takkie nader as jy iets sien... En daar raak ons 2 vas aan die slaap vir 20 min. Ek voel net iemand ruk aan my en sê, Daar es hy meneer!

Vee die slaap uit my oog uit, korrel, vee weer die slaap uit my oog uit want ek kry nie gefokus deur die teleskoop nie, wag tot die bok onder die boom uit kom en in ñ oopte staan en ek trek daai sneller!

Ek het nog nooit ñ bok so bedonderd gesien na hy ñ skoot in sy lyf het nie. Het seker amper 3 meter in die lug in gespring, plat op sy rug geval en weer proebeer spring maar die keer reguit teen ñ bos vas. Van daar af nog so 10 meter gestoei en toe tot ruste gekom.

Nou ja, ek weet ek was miskien aan die slaap maar dit was my eerste bosbok jag. Sal dit nooit vergeet nie!!!


Sent from my SM-G925F using Tapatalk
velti.botha
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Sat Jan 09, 2016 12:14 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by velti.botha »

Nog so paar fotos...
Langs die rivier
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160810/71b698ae732ec61a5ed39249560dbb9d.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20160810/4c06bb16c7295603a887d721f7455b54.jpg

Mango boord...
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160810/dd15eb400a4dd935bfabc043c9b8cc22.jpg

Het hom...
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160810/b4a12818754e2401c38e98090b6ac6d7.jpg

edit- Velti,gebruik asseblief die ipv [IMG]vir toekomstige fotobeelde - THOMAST
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1703
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Eerste Bosbok

Post by Vlakvark Soldaat »

Well done, baie netjies!
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Eerste Bosbok

Post by dehacked »

Geluk meneer.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Eerste Bosbok

Post by Boersonderroer »

Geluk, baie mooi bok

Sent from my E5823 using Tapatalk
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
Post Reply