Snotneus??
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Snotneus??
'n Vraag vir die "Oumanne":
Die 40mm Meervuldige Granaat Lanseerder wat in die vroeë 1980's in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig is, het liekoostelik bekend gestaan as die "Snotneus" onder Weermag manne.
Waar kry hierdie troetelnaampie sy oorsprong vandaan?
Net nuuskierig!
Dankie by voorbaat.

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Snotneus??
Eenvoudig. Hoe raak jy van 'n snotneus ontslae? Boom...
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Snotneus??
Sal ook wil weet ,ek was daar 81en 82 infanterie en ons het baie met hom geskiet , was 'n peleton wapen , ons het hom maar so leer ken as die "snotneus" hy so lekker plomp geluid gemaak as jy die sneller druk , dit kan dalk iets daarmee te doen he
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Snotneus??
Ek was presies dieselfde tyd daar as Jurgen. Die een wat ons gebruik het, het nie die roterende drom gehad nie. Hy het gelaai soos 'n enkelskoot haelgeweer. Ek kan ook bespiegel dat dit iets te doen het met die "ghonk" geluid wat hy gemaak het as jy hom skiet. Dit is 'n wapen wat deur die Amerikaners ontwerp is en sy buiging in Viëtnam gemaak het.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Snotneus??
Lyk my ons 'n paar van die "ou manne" hier. Was ook daardie tyd in browns. Ons het ook maar die naam so gehoor. Krygkor het toe die een met die roterende magasyn begin bou.
In die fliek "Apocolypse now" word dit ook gebruik.
In die fliek "Apocolypse now" word dit ook gebruik.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Snotneus??
Ons het Baie bane gevee, en as n jy n snotneus gewaar, het jy maar jou afstand gehou.
Dan het ons 90mm aangedra en om die snotneus gepak.
Boom weg is als
81mm recoilless was net so onstabiel
Ai ...nou dink ek darem aan lekker dae
Dan het ons 90mm aangedra en om die snotneus gepak.
Boom weg is als
81mm recoilless was net so onstabiel
Ai ...nou dink ek darem aan lekker dae
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Snotneus??
As julle n slag nostalgies wil raak gaan kyk na die skakel...al die army "taal" wat ons geken het!Giepie wrote:Lyk my ons 'n paar van die "ou manne" hier. Was ook daardie tyd in browns.
http://allatsea.co.za/blog/armymain/glo ... rminology/
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Snotneus??
Wat is dit?Smirre wrote:Dan het ons 90mm aangedra en om die snotneus gepak.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Snotneus??
90mm plofkoppe wat nie ontplof het nie
Eland en Ratel 90 hey hulle geskiet
Daai website is nice Viking
Eland en Ratel 90 hey hulle geskiet
Daai website is nice Viking
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Snotneus??
Penkop,Penkop wrote:'n Vraag vir die "Oumanne":
Die 40mm Meervuldige Granaat Lanseerder wat in die vroeë 1980's in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig is, het liekoostelik bekend gestaan as die "Snotneus" onder Weermag manne.
Waar kry hierdie troetelnaampie sy oorsprong vandaan?
Net nuuskierig!
Dankie by voorbaat.
Daar is net 2 spesies in ons land wat "oorspronklik" is wanneer dit kom by benamings. Die een is 'n koshuis kind en die ander een 'n army troep!
My afleiding as oud artilleris is dat die term "snotneus" gebruik is om na iets te verwys wat "klein" is met steeds goeie slaankrag.
Die amerikaners het die wapen gesien as die infanterie leier se "artillery on the go"! So in artillerie terme sou die wapen 'n snotneus wees gesien teen ander artillerie wapens....
Ek hoor graag die ander Oumanne se verklaring!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Snotneus??
As ek reg onthou is dit iets te doen met die rondte se neus se kleur - dit was goud of snot kleurig of so iets
Maar ek praat onder korreksie
Maar ek praat onder korreksie
Skiet bly maar lekker
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Snotneus??
Verstaan ek van my RSM in '84 toe ek uitvra oor die terme, dat die naam sy oorsprong het "omdat die fkn wapen net so kort is soos jy kgb" 
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Snotneus??
Die naam "Snotneus" is eers gebruik op die Viëtnam-era enkelskoot weergawe granaatlanseerder. Die was baie soos die 37mm wat die ou SAP gebruik het vir traangas en rubber-koeëls in onluste.spekieries wrote:Ek was presies dieselfde tyd daar as Jurgen. Die een wat ons gebruik het, het nie die roterende drom gehad nie. Hy het gelaai soos 'n enkelskoot haelgeweer. Ek kan ook bespiegel dat dit iets te doen het met die "ghonk" geluid wat hy gemaak het as jy hom skiet. Dit is 'n wapen wat deur die Amerikaners ontwerp is en sy buiging in Viëtnam gemaak het.
Die plaaslike firma Milkor het later die 6-skoot MGL (Meerskoot Granaat Lanseerder) ontwikkel. Dit het toe die enkelskoot vervang en die troetelnaampie oorgeneem.
Die wapen was en is steeds baie bekwaam, maar die ammunisie was destys baie wisselvallig. Op die bane waar die 40mm geskiet is, het daar honderde "dowwerts" gelê. Ligte aanraking kon hulle afsit. Gevaarlike speelgoed!
Ek weet ook van 'n insident (vergeet nou die troep se naam) in 1990 waar 'n troep 'n ongeluk gehad het met die wapen. Die eerste skoot het in die loop ontplof, wat die ander 5 in die silinder afgesit het. Hy het nog 12 in sy "webbing" gehad, wat ook ontplof het. Daar was glo net skoensole oor om vir sy ma te stuur...
Die wapen word steeds gebruik, o.a. ook in die VSA. Die nuwer weergawe is gemaak vir 'n hoë-druk weergawe 40mm wat die reikafstand omtrent verdubbel. Hoop hulle het die ammu-probleme al uitgestryk.
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Snotneus??
Is hy uitsluitlik vir die weermag se gebruik of kan 'n mens een privaat koop? Nie geweet hy bestaan nog nie! Oulike skietding gewees, net jammer vir daai onvoorspelbare gedrag. En daai rondte is regtig onstabiel gewees! Maar meestal nadat hy geskiet was. Ons het 'n dubbele kaas getrap naby die kaplyn met 'n buffel en die landmyn het hom heeltemal op sy sy laat beland. Daar was 'n klomp snotneus rondtes agter in die bin. Die slag was moerse, maar niks het afgegaan nie - nie die snotneus rondtes of fosfor handgranate (wat net so onstabiel was) nie. Ek het die ou dingetjie gelike en sal like om so een privaat te he!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1543
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Snotneus??
Dink nie hulle gaan sommer privaat besit toelaat nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Snotneus??
Ek sal graag die lisensie motivering wil sien...Giepie wrote:Dink nie hulle gaan sommer privaat besit toelaat nie.
En ook die ou by CFR se gesig as hy die aansoek lees.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Snotneus??
Lisensiëring behoort nie 'n probleem te wees vir 'n versamelaar nie. Hulle is ook nie te astronomies duur nie. Die vangplek kom by die ammunisie. As privaat persoon gaan jy nie die groen/goud brisantrondtes kan koop nie. Daar is oefenrondtes beskikbaar, wat met oranje poeier (talk?) gelaai is. Lyk indrukwekkend maar dis ook al.Giepie wrote:Dink nie hulle gaan sommer privaat besit toelaat nie.
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Snotneus??
Destyds, toe ek by Infanterieskool kennis gemaak het met die MGL, was die versier vir my iets besonders. Dit was nogal tegnologies gevorderd gemeet aan die goed wat ek geken het...
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Snotneus??
Daai RPG het 'n besonere visier op gehad , onthou julle infanterie skool ouens nog daai versier , baie akuraat gewees
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Snotneus??
Jurgen Visser wrote:Daai RPG het 'n besonere visier op gehad , onthou julle infanterie skool ouens nog daai versier , baie akuraat gewees
Was dit nie die pes waarmee die kommies gegooi het nie
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Snotneus??
Ja , maar ons het vreeslik baie afgevat , dit het ook deel van ons eie peleton wapens geraak , een rpg per seksie was saam gedra op die grens , ons het hom meer gebruik om tussen die vyand in 'n boom vas te skiet om verwaring en tydelikke doofheid te veroorsaakHein M. wrote:Jurgen Visser wrote:Daai RPG het 'n besonere visier op gehad , onthou julle infanterie skool ouens nog daai versier , baie akuraat gewees![]()
Was dit nie die pes waarmee die kommies gegooi het nie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Snotneus??
Jip, as ek daai tyd geweet het wat ek vandag weet, het ek van daai rondtes saamgebring en hier gekyk waar ek 'n snotneus in die hande kan kry. Ek wil net een rondte eintlik in so 'n mob in skiet. Net kyk wat hy regtig kan maak - dit sal ook vir my genoeg wees. Of nee, darem so vyf of tien! 'n Mens moet darem werk op 'n gemiddelde skade per rondte!
Kyk nou hoe mooi praat ons army taal! Almal praat so mooi van rondtes! Hier in siwwie straat is dit 'n bakleiery oor patrone, of altans koeels of altans....
Kyk nou hoe mooi praat ons army taal! Almal praat so mooi van rondtes! Hier in siwwie straat is dit 'n bakleiery oor patrone, of altans koeels of altans....
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
- Omnia
- Sr. Member

- Posts: 303
- Joined: Thu Feb 13, 2014 11:27 am
Re: Snotneus??
Middag almal , het nou nie so kwaai met die verskillende guns te doen gehad soos julle manne nie , het maar net met die R1 rondgeloop , was ok maar hier 1982 op vir diensplig maar was 'n tiffie op Pretoria (sal nou nie se wat ons hom genome het nie ) en toe "Oshakity" toe en van daar af gewerk .
Wat ek wel weet van die ou is dat die USA se M79 (dis nou die 40mm) die manne self korter op die loop gesny het en ook op die kolf om hom ligter te maak en om weg te steek. Dis hoekom die manne ook vandag as hulle 'n dubbel loop afsaag praat hulle ook van 'n "snotneus" . Ek het ok destyds gevra nou hoekom daai naam , soos ek verstaan was daar 'n paer projektiele waarvoor hy gebruik was en onder andere die gas grenaat wat leterlik sommer kla die nodige gas uitgegooi het as hy die loop verlaat en dan het die manne snotneus gekry ... soos ons almal weet met opleiding hoe die blerrie 1 liners 'n ou laat suffer het in 'n vervalle gebou . .... sinus kanale heel goed oopgemaak !!

375 Sako
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "
270 Bruno CZ 600 ZKK
Howa 25 06 model 1500
Savage .22
_________________
" Plans are of little importance , but planning is essential "
- Johan7
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm
Re: Snotneus??
Omnia, jou verklaring klink vir my nog die naaste!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper