Lekke trippie

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Lekke trippie

Post by Kubus »

Elke jaar pak ek en 3 van my jagpelle n trippie aan, om so bietjie te gaan ontspan en te ontlaai. Hierdie jaar het ons besluit om weer terug Cradock toe te gaan.
Vrydag tot Sondagoggend 26 tot 28 Mei was lank aan die beplanning en selfone het voor die tyd bly gons met die beplanning en die opgewondenheid. Dit gaan nie by ons oor trofees nie, net lekker jag.
Vrydagoggend 08:00 kom ons uit alle windrigtings op die plaas aan. Vinnige "brunch" en daar gaan ons veld toe.
So paar van my fotos van die twee dae:
Springbok no 1.jpg
Springbok no 2.jpg
Springbok no 3.jpg
Op hierdie een is ek nogal trots. My een pel moet skiet en ek range vir hom. 320 meter. Hy skiet en die bok spring in die lug op. Die gids is van mening die bok is gekwes, nou is dit vir doodskiet. Die ram draf so ent weg en ek volg op, met n doodskoot. Range die bok waar hy le. 341 meter. Daar aangekom, was die bok nooit gekwes nie en het net my skoot deur sy ribbes.
Ek kry nie nog attachments gelaai nie, so sal maar n vervolgverhaal moet skryf.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Lekke trippie

Post by Kubus »

Toe volg twee rooibokooie, die een so bietjie kleiner as wat ek geskat het.
Rooibokke.jpg
Daarna is ek op soek na twee blesbokramme en kry hulle toe laatmiddag.
Blesbok no 1.jpg
Blesbok no 2.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Lekke trippie

Post by Kubus »

Volgende oggend gaan soek ek toe n Rooihartebeeskoei. My bucket list vir die naweek, want ek het nog nooit een geskiet nie. Kry toe die een hoog teen die berg:
Hartebees koei.jpg
N baie lekker naweek gewees. Baie gelag, stories uitgeruil en net gekuier. Sondagoggend vroeg die pad gevat, met tussen die 4 van ons, 28 stuks wild.
En dan het ons nog n besoeker by ons jaghut gehad, die heel naweek. Ons het al ons brood, nartjies en lemoene uigedeel, vir haar geselskap. Sien haar fotos hieronder:
Besoeker.jpg
Huis opsigter.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Lekke trippie

Post by JuanVE »

Baie lekker, by wie het julle in Cradock gejag? Dankie vir die deel!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Lekke trippie

Post by tripodmvr »

Baie geluk. Sien jy skiet ook sawwe vleisies vir die senior burgers met die winkeltande.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: Lekke trippie

Post by Springkudu »

Baie lekker oom, goed gedoen. Cradock sal altyd na aan my hart lê, dit is waar ek en my pa hulle altyd gaan jag het. Dit moet 'n belewenis wees om die Eland so "close up" te sien. Groete
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
Hoenderhokkie
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Fri Jan 30, 2015 4:36 pm

Re: Lekke trippie

Post by Hoenderhokkie »

Baie geluk met die mooi bokke. Ek gaan Julie daar jag en hoop daar's nog bokke oor vir my.
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Lekke trippie

Post by Plaashaas »

Dankie Kubus. Lekker on te lees en die fotos te kyk
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Lekke trippie

Post by tau »

Is dit tusen Cradock en Cookhouse se wereld?

Baie geluk mooi area daardie my hart verlang sommer.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Lekke trippie

Post by Kubus »

Dit was by Ntoni game reserve, so 30 km buite Cradock, op die grondpad tussen Cradock en Tarkastad.
Puik jagwereld, slaapgeriewe, slaggeriewe en fantastiese gasheer en gasvrou/eienaars.
Pryse onbeskryflik goed. Gautengers sal nie die pryse verstaan nie, dit sal vir hulle wees soos Amerikaners wat in SA kom jag.
++>: ++>: ++>:
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Post Reply