Kaboom
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Kaboom
Blykbaar Saterdag by Irene Skietbaan gebeur. Lyk soos 'n Howa(/Webley&Scott/Weatherby) aksie. Ek weet nie wat gebeur het nie, was nie daar nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kaboom
Wonder of hulle hom kan red??
Daai ia lelik. Ek is dankbaar ek was nog nooit naby so iets nie.
Daai ia lelik. Ek is dankbaar ek was nog nooit naby so iets nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kaboom
Synde die loop ongeskonde lyk, wil dit voorkom asof die verkeerde deusnee koeël die loop afgeblok het en die aksie toe oopgekraak het weens die drukking. Die dop is nog in die kamer en het geheel agter weggeblaas. Eina pyn.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Kaboom
Wat vir my skokkend is, is hoe gereëld dit gebeur, as mens so op die ander draad luister.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Kaboom
Hoop die person is ok
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Kaboom
Hulle sou die bruin van my met n WAP moes afspuit. Dit het n klompie terug by 1 van on SAJ skiete ook gebeur. Die skut se snellerhand het lelike houe gevat en sy gesig het ook skrapnel gekry.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Kaboom
Hoop die skut is ongedeerd, maar ai dit is so onnodig. Veiligheid, Veiligheid en weer Veiligheid dit is van kardinale belang.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Kaboom
Ek sit maar altyd n hele ent weg van die manne wat opdie skietbaan kom sit met meer as 1 geweer en n roomys bak gemengde ammo!
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5134
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Kaboom
LSS ek is al snaaks aan gekyk as ek sê dat deel van veilig herlaai is om net 1 soort slagdoppie en 1 blik kruit op jou tafel te hê. Die res word weg gepak. Lyk my ek moet die reël aanpas na net 1 kalibber se ammo op die skietpunt, die res in die skietkrat??
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Kaboom
Ouch, kwadraat.
Ek het hope empatie met die skut, maar geen simpatie.
Jy kan soveel verskonings uitdink as wat jy wil, maar daar is nie een wat vir jou vrou gaan oortuig dat jy nie 'n poephol is nie.
...as ek my hand, of my mond kan waag aan 'n rede, sou ek bespiegel dat daai man 'n 308 rondte in sy 243 probeer afvuur het.
Ek het hope empatie met die skut, maar geen simpatie.
Jy kan soveel verskonings uitdink as wat jy wil, maar daar is nie een wat vir jou vrou gaan oortuig dat jy nie 'n poephol is nie.
...as ek my hand, of my mond kan waag aan 'n rede, sou ek bespiegel dat daai man 'n 308 rondte in sy 243 probeer afvuur het.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- neef
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm
Re: Kaboom
Dit lyk glad nie lekker nie. hoop ook maar die bestuurder is ok, en hulle weet wat hulle verkeerd gedoen het om dit in die toekoms te voorkom
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2108
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: Kaboom
Ek was ook amper in so gatslag betrokke twee weke terug, by Sa jag oopvisier skiet oefening waar jy drie skoet in 30sec moes skiet, man skiet maar geen boom herlaai en slot maak nie toe nie stamp die slot so paar keer maar ons stop hom en doen inspeksie, koeel sit vas in bek van loop net primer geen kruit, nou as daai koeel net 20mm verder die loop in was het daai man my en homself met daai 9.3 opgeblaas. Kry nounog koue rillings, primer kan maklik n koeel tot helfte van die loop indruk as die kamer mooi styf seel. Gebeur maklik ma as jy nie n mooi boom hoor en voel en jou dop kom sonder sy koeel uit dan probeer jy nie n slot toeslaan om daai 30sec spertyd te maak nie.
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Kaboom
Kan n 243 se slot toemaak met n 308 rondte? Ek sal nogal wil weet wat regtig gebeur het?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Kaboom
Dink mens sal eerder n 3006 koeel in n 270 kan in forseer as wat n 308 in 243 kamer gaan pas.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kaboom
270 se kamer is korter om soiets te verhoed. 'n 308 daarenteen kamer wel in 'n 270 en met CF word die dop vasgehou en gaan dan af. Weet van so geval waar die koeël sommer baie kort van die blesbok vasgeslaan het. Sy seun vertel hom toe dit is 'n knakskoot.savage(P Coetzer) wrote:Dink mens sal eerder n 3006 koeel in n 270 kan in forseer as wat n 308 in 243 kamer gaan pas.
Die aksie en loop het dit oorleef synde dit 'n duurder Germaanse geweer was. Kolf was stukkend.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2486
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Kaboom
Ken 'n oom wat sy eerste 270 so opgeblaas het met weermag ammo, sy vriend sin wat dit aangegee het inplaas van 270.tripodmvr wrote:270 se kamer is korter om soiets te verhoed. 'n 308 daarenteen kamer wel in 'n 270 en met CF word die dop vasgehou en gaan dan af. Weet van so geval waar die koeël sommer baie kort van die blesbok vasgeslaan het. Sy seun vertel hom toe dit is 'n knakskoot.savage(P Coetzer) wrote:Dink mens sal eerder n 3006 koeel in n 270 kan in forseer as wat n 308 in 243 kamer gaan pas.
Die aksie en loop het dit oorleef synde dit 'n duurder Germaanse geweer was. Kolf was stukkend.
- Jacques van Eeden
- Sr. Member

- Posts: 286
- Joined: Wed Jun 08, 2011 10:47 am
Re: Kaboom
Weet ook van so 308 deur 'n 270. Koedoe is dood maar geweer ook.Flip nel wrote:Ken 'n oom wat sy eerste 270 so opgeblaas het met weermag ammo, sy vriend sin wat dit aangegee het inplaas van 270.tripodmvr wrote:270 se kamer is korter om soiets te verhoed. 'n 308 daarenteen kamer wel in 'n 270 en met CF word die dop vasgehou en gaan dan af. Weet van so geval waar die koeël sommer baie kort van die blesbok vasgeslaan het. Sy seun vertel hom toe dit is 'n knakskoot.savage(P Coetzer) wrote:Dink mens sal eerder n 3006 koeel in n 270 kan in forseer as wat n 308 in 243 kamer gaan pas.
Die aksie en loop het dit oorleef synde dit 'n duurder Germaanse geweer was. Kolf was stukkend.
Sent from my iPhone using Tapatalk
.177 Gecado, .22 Rem Scoremaster 511, .22 Brno Model 2, 222 Rem Anshutz, Colt AR 15, .303 Lee Enfield No4 Mk1, .308 Win Howa Varm, 22-250 Rem Howa Varm, 12Br Mossberg, 12Br Baikal s/s, .38Spl Taurus, Vektor SP1, Vektor SP2, Ruger Redhawk .44Mag, CZ200
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Kaboom
Ek het eendag terwyl ek gesels het probeer om 'n .308 rondte in my Steyer M se rotary .243 magesyn te fit, gelukkig was die koeel se gap te smal om die 308 te vat, of hy sou pas in die kamer ??
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Kaboom
My grap was tydens 'n jagtog naby Drie Susters. Kry vroegoggend terwyl ons aanry jagplek toe, 'n klomp kudus wat in die son staan en bak. Bakkies word met groot spoed verlaat en ek gryp geweer en probeer die 375 laai. Na groot gesukkel sou ek sien dat ek 'n medejagter se 7x57 beet het en dat die dik en lang 375 nie naby aan inpas kom nie. Bokkoors op sy ergste.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Kaboom
Dit gebeur met die "rook" gewere ook veral as jy nie fokus nie. Vriend praat baie tydens die skiet en op n stadium gaan die laai stok net so half pad in die loop af. Met groot oe vra hy my wat nou? Nee ek weet nie. Trek toe die koele - 3 koele en ladings. Hy bewe so daarna pak geweer skoon weg nadat ek hom 2 keer verseker het geweer is leeg
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Re: Kaboom
Kennis vertel my een maal die vir die waarheid, alhoewel ek in my stilligheid gewonder het daaroor... Vertel sy Oom het 'n 270 gehad, 'n plaasgeweer wat in die bakkie gelewe het en net PMP bruinbokse gevoer is. Toe hy oud word gee hy hom vir 'n familielid persent, en die is meer begaan oor groepe ensomeer. Die ding skiet maar erg bont, en hy sukkel.
Kom toe met 'n skok agter dis eintlik 'n 30-06. Handelaar het oorspronklik 'n fout gemaak en die geweer as 270 geregistreer...
Kom toe met 'n skok agter dis eintlik 'n 30-06. Handelaar het oorspronklik 'n fout gemaak en die geweer as 270 geregistreer...
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Kaboom
LoveHenties wrote:Kennis vertel my een maal die vir die waarheid, alhoewel ek in my stilligheid gewonder het daaroor... Vertel sy Oom het 'n 270 gehad, 'n plaasgeweer wat in die bakkie gelewe het en net PMP bruinbokse gevoer is. Toe hy oud word gee hy hom vir 'n familielid persent, en die is meer begaan oor groepe ensomeer. Die ding skiet maar erg bont, en hy sukkel.
Kom toe met 'n skok agter dis eintlik 'n 30-06. Handelaar het oorspronklik 'n fout gemaak en die geweer as 270 geregistreer...
Daai doppe sou dan lekker gefire form gewees het!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- LoveHenties
- Sr. Member

- Posts: 413
- Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm
Re: Kaboom
Dis presies daar waar ek ook beginDawieKotze wrote:![]()
....en die oom het nooit agter gekom hy skiet alles mis of kwes skote nie??
![]()
![]()
Daai doppe sou dan lekker gefire form gewees het!
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1519
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Kaboom
Het iemand nou al enige feitelike inligting oor die voorval in die foto hierbo?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
