Vervalde handwapen lisensie

Post Reply
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Vervalde handwapen lisensie

Post by Hennie Dreyer »

Admin: help my reg as ek die verkeerd post, of as daar antwoorde op die forum is. Dis net dat ek bietjie tegnologies gestremd is en weet nie hoe om die antwoord te soek nie.

My vriend se handwapen lisensie het verval die 11 Desember 2017, en hy het 'n sms gekry wat hom daarvan verwittig het.

Watter stappe staan hom nou te doen?

Mag hy die wapen nog wettiglik by hom hou terwyl hy die hernuwings proses deurmaak, en wat behels die hernuwings proses?

By voorbaat dank
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by tripodmvr »

Ek sou poog om die lisensie te hernu. As hulle hom kon verwittig per SMS na die vervaldatum, hoekom het hulle nie 4 maande gelede ook so SMS gestuur nie. Hy moet sy DFO gaan sien met sy lisensie en al die papierwerk wat nodig is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Chevvy SS »

Myne het in 2012 verval en ek het dit presies 12 maande later probeer hernu (geen sms-waarskuwing in daardie tyd). Ek het 'n kwitansie dat hulle my geld gevat het, maar het nog steeds niks gehoor nie. Laat hy die proses deurgaan.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Hein M. »

CFR stuur nie 'n SMS om jou te herinner aan die lisensie wat oor 3 maande gaan verval nie. Hulle beskou dit as jou verantwoordelikheid om op die kaartjie te kyk wanneer dit gaan verval. Hulle stuur wel daardie SMS om te kenne te gee dat dit wel verval het... Ongelukkig hoe dit werk. En dit is beslis om wettige vuurwapeneienaars te benadeel ;)

Die DFO sal hom terugstuur huis toe. Daar is nog 'n regsgeding aan die gang aangaande die lisensies wat verval het, aangesien die Staat appel aangeteken het teen die Hooggeregshof se uitspraak dat vervalde lisensies steeds wettig is.
Hy moet maar die wapen in die kluis hou tot verdere kennisgewing. Daar is tienduisende wapeneienaars wat hulself in dieselfde situasie bevind. Tragies.
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Hennie Dreyer »

Dankie vir die terugvoer. Ek was saam met hom by die DFO plaaslik, en hy was meegedeel dat aangesien die lisensie alreeds verval het hy nie mag aansoek doen vir hernuwing totdat die appel afgehandel is, in welke geval daar dan beter riglyne behoort te wees. Hy was wel aangese om ten minste sy 'Competency Renewal' te doen (SAPS 517(g)) met ander meegaande dokumente.
Intussen mag hy glad nie die vuurwapen gebruik of nerens saamdra nie.
Nog 'n geval van suksesvolle ontwapening...of mis ek die punt?
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Hein M. »

Hennie Dreyer wrote:Dankie vir die terugvoer. Ek was saam met hom by die DFO plaaslik, en hy was meegedeel dat aangesien die lisensie alreeds verval het hy nie mag aansoek doen vir hernuwing totdat die appel afgehandel is, in welke geval daar dan beter riglyne behoort te wees. Hy was wel aangese om ten minste sy 'Competency Renewal' te doen (SAPS 517(g)) met ander meegaande dokumente.
Intussen mag hy glad nie die vuurwapen gebruik of nerens saamdra nie.
Nog 'n geval van suksesvolle ontwapening...of mis ek die punt?
Jy is heeltemal reg ;)
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by airhunter »

Wanneer jy lid is van die SA Jagtersvereeniging kan jy jou lisensies daar registreer op jou profile en dan sal hulle jou 90 dae voor verval van n lisensie laat weet per sms.
Indien mens daarvan gebruikmaak sal jy nooit laat aansoek doen nie.
Die waarde daarvan is alleen beslis die ledegeld werd.
Aan die anderkant kan als dalk verander na gelang van die appèl.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Zuku »

Laat hy aansoek doen. Hulle mag nie weier om sy aansoek te vat nie. AL wat hulle kan doen is om aan te dui dat die aansoek laat ingedien is. In n goeie wëreld behoort n mens na die DFO gaan. Jou Lisensie te betaal en onmiddelik uitstap met nuwe lisensie asof jy brood gekoop het. Maar ons bly in RSA. die 90 dae grasie is om genoeg tyd voorsiening te maak dat die nuwe lisensie uitgereik kan word en deur die stelsel gaan
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by 243Songdaug »

Die vriend kan sy aansoek om hernuwing inhandig, hy gaan egter nie verwerk word of selfs op die stelsel geplaas word nie - dis 'n direkte bevel van Brig. Jaco Botma.

Hy is reg aangeraai om sy bevoegtheid so spoedig moontlik te hernu en inplek te kry.

Jou vriend is baie gelukkig, paar van my vriende is versoek om hul wapens waarvan die lisensies verval het in te handig by die plaaslike SAP.

Hy moet asb onder geen omstandighede die wapen gebruik en aan hom dra nie - laat hy dit veilig in sy kluis stoor tot tyd en wyl die hofsaak afgehandel is.

Ontwapening. Ek wil so bietjie daar van jou verskil, die lisensie houer is reeds 5 jaar terug inkennis gestel van die datum waarop sy lisensie sal verval, die verval datum is gedruk op 'n lisensie skyfie wat in sy besit was - hyt ongelukkig nagelaat om tred te hou van tyd. Dit gebeur so maklik en baie van ons het al in dieselfde gat getrap.

Is die wapen werklik die moeite werd? Kan hy hom nie liewer opgee en 'n nuwe wapen aankoop nie - hierdie hofsaak ding kan 'n ping pong geveh raak wat nog jare kan aanhou.
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Hennie Dreyer »

243Songdaung...net as antwoord: Op geen stadium het ons probeer se dat my vriend onskuldig is om nie by die sperdatum te hou nie, inteendeel was my post baie eerlik en rerig gefokus om hulp te kry in die verband.
Maar soos Tripod ook genoem het, hulle kan tegnologie inspan om jou te herinner dat die lisensie verval het, maar geensins aanmanings stuur dat dit tyd raak vir hernuwing nie? Ons motor lisensies point in case?

Ontwapening: Hier is die punt wat ek probeer maak: Om nie vroegtydig 'n persoon in kennis te stel van die feit dat die lisensie gaan verval nie, wel wetende dat wanneer dit wel verval die persoon nie die wapen mag gebruik of saamdra nie tot tyd en wel sekere hofsake en ander dinge afgehandel raak, dit vir my defnitief vertaal kan word in ontwapening onder huidige wetgewing. (Doelbewus??? Weet nie en wil nie spekuleer nie...)
Ek hou rerig nie van die manier hoe jy insinueer dat my vriend nalatig was en dus sy pak slae moet hanteer nie. Dink regtig jy mis die punt.

In elk geval: Ek het ten minste (behalwe vir jou insae), baie konstruktiewe raad gekry van die res van die forumiete en is gelukkig daarmee. Lekker slaap ou grote
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by 243Songdaug »

Môre Hennie

Dankie vir jou boodskap. Jammer as ek aanstoot gegee het - dit was nie so bedoel. Regtig.

Sterkte vir jou vriend, die posisie waarin hy is is nie aangenaam nie, ons hoop saammet him vir 'n positiewe uitkoms op die hofsaak.

Vra jou/sy vereniging om 'n soortgelyke diens as SA Jagter in werking te stel - dit help regtig baie. (Die SAP het duidelik 'n soortgelyke stelsel inplek wat werk om te verseker dat hulle hul werk (om die wettige lisensie houers se lewe so moeilik moontlik te maak) doen. Hul stelsel kon/kan vir dieselfde geld 'n sms stuur dat jou lisensie verval, maar tog is hy nie so oogestel nie) Ons moet vir onsself sorg.

Mooi dag daar.
Jaco
Last edited by 243Songdaug on Thu Dec 14, 2017 10:11 am, edited 1 time in total.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Mac »

Ek was per sms deur SAP meegedeel dat 4 van my wapens, met serial nommers by, se lisensies oor 120 dae gaan verval, en my aangemaan om asap te hernu.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Hennie Dreyer »

243Songdaug wrote:Môre Hennie

Dankie vir jou boodskap. Jammer as ek aanstiot gegee het - dit was nie so bedoel. Regtig.

Sterkte vir jou vriend, die posisie waarin hy is is nie aangenaam nie, ons hoop saammet him vir 'n positiewe uitkoms op die hofsaak.

Vra jou/sy vereniging om 'n soortgelyke diens as SA Jagter in werking te stel - dit help regtig baie. (Die SAP het duidelik 'n soortgelyke stelsel inplek wat werk om te verseker dat hulle hul werk (om die wettige lisensie houers se lewe so moeilik moontlik te maak) doen. Hul stelsel kon/kan vir dieselfde geld 'n sms stuur dat jou lisensie verval, maar tog is hy nie so oogestel nie) Ons moet vir onsself sorg.

Mooi dag daar.
Jaco
Eintlik moet ek om verskoning vra vir my uitlating vriend. Sommiges van ons staan al meer befoeterd op hoe ouer ons word ++>:

Eintlik moet mens nie toelaat dat frustrasies op die forum uitkom nie en ek het my skuldig gemaak daaraan.

Kersgroete
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 1000
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Toyrsi »

Manne ja dit is n teer saak die.
Die manne wat sms gekry het vir hernuwing is gelukkig.
Ek glo die SAPD se stelsel het daai funksie maar om op dit staat te maak is roekeloos.
Die onnis bly tog maar die wapen einenaar sin om te sorg dat jy vroegtydig jou lisensie hernu.
Soos Songdaug se gebruik SA Jagters te opsie om vir jou n SMS te stuur, ek doen dit op al myne.
Totdat die hofsaak klaar is is enige persoon wat nie hernu het nie skuldig maar moet asb nie jou wapen inhandig nie.
Sluit hom toe in kluis en wag.

Groete Jacques
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by vriell »

Net ter inligting. Google het ook n reminder opsie wat jou n epos stuur nadat jy die datum aangebring het op die stelsel...gebruik myne jare al so....
Dan ook geen wapen wat se lisensie verval het sal konfiskeer word nie totdat appel voorkom in Feb nie... of enigeiemabd vervolg word tot dan nie. Sal maar moet sien wat daarna gebeur.
Het v2 weke gelede met Gen Botma gepraat.
Daar is ook ander aspek van wapens wat ingeneem is by geweerwinkels wat ook nognie deur sap oorgedra is nie en die wapens (liensies wettiglik nog nie verval of dan ook wat verval het...soos ek verstaan duisende reg oor die land...Tragies!! kan ook nie verkoop word nie.....maar hulle werk daaraan...sug !!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by Ratel »

Ouens die eintlike probleem word gemis hier. Hoekom moet 'n vuurwapen lisensie verval terwyl ek bevoeg verklaar is om so 'n klas wapen te besit? Daai lisensie behoort geldig te wees solank as wat ek as bevoeg gesien word deur CFR.

Dis 'n geld maak storie en ek is van mening dat die Polieste (CFR) vir hulle 'n moerse klomp onnodige administratiewe werk maak. Hopelik sien hulle die lig na die hofsake teen hulle.
Maak 'n verskil
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Vervalde handwapen lisensie

Post by 243Songdaug »

Ratel, daai is nou 'n baie waar ding wat jy daar sê - Hoekom moet 'n lisensie verval???
Post Reply