Welman Familie Jag 2017

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Welman Familie Jag 2017

Post by FrancoisW »

Deel graag met julle my storie van ons familie jag wat elke jaar gebeur.

Die jag het uit gesterf na my pa oorlede is in 1995. Ek en my neef het dit weer bigin reel van 2008.
Van toe af is dit 'n jaarlikse instelling. Dis basies my 4 ooms, my broer, my neefs en ons se geslag se kinders.
Dus 3 generasies wat saam in die bosveld is en opvang met mekaar se lewens.

Ok, genoeg van die familie. Nou die jag van 2017.

Ons gaan jag nou al 2 jaar op 'n plaas naby Dwaalboom.

Hierdie jaar het ek my skoonpa ook saam gevat. Hy en my seun (Ruben) is soos bak & terie. Wil net stront aan jaag waar hulle gaan. Ruben leer baie sy skiet tegniek as hy by sy oupa op Hartswater gaan kuier en heeldag duiwe skiet.

Hier is Ruben en sy oupa Danie.
DSC_0061.jpg
Ons het almal mekaar vroeg oggend op Dwaalboom gekry vir ontbyt. Van daar is almal plaas toe.
Vinnig af gepak en almal se roere gaan kyk of hul skiet waar gemik word.
IMG_2453.jpg
Ruben het baie met die voorbereiding deur die jaar met sy Howa 243 van die stokke af geskiet.
Ongelukkig met al die reen wat die plaas gehad het, was die gras nog hoog en het stap en jag moeilik gemaak vir hom. Skoot plasing vir hom sou nie werk deur die gras nie.

Ruben het sy eerste rooibok ram by die sout lek geskiet. Mooi van die stokke af. Bok het half skuins getsaan en hy het hom mooi skuin die bors in geskiet. Was 'n moerse trotse oomblik. Ek het daai mannetjie met geweer en al die lug in getel van blydskap. Was sy eerste manlike dier wat hy skiet. Het na so rukkie na die plek gestap wat die bok gestaan het en daar was sommer dadelik mooi bloedspoor. Bok het 30m verder gele. Die emosies was mooi en Ruben was baie dankbaar.
DSC_1812.jpg
DSC_1812.jpg
(Deel 1)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by FrancoisW »

Die middag was ons weer uit en idee is vir 'n vark of twee. Ons gaan sit toe by 'n grond dam.
Nie lank gesit nie, toe kom daar 'n sog in geloop aan die oorkant van die dam.
Mooi dwars gestaan en Ruben skiet mooi agter die blad. Die vark het amper glad nie bloed gegooi nie. Met die harde turf was dit ook moeilik om spoor te vat. Het in rigting begin loop wat vark weg getrek het en 'n radiius begin soek. Het die vark ook so 30m verder gekry.
DSC_1838.jpg
Vark is in die koelte gesit en ons gaan sit weer.
Ons het skaars gesit toe sien Ruben 'n mooi ram. Ram het om die dam geloop aan ons regter kant.
Ruben slaan die ram mooi op die knoppe. Ram spring in die water en weer uit.
Weer selfde as die vark, amper geen bloed. Loop in rigting van weg hardloop en daar le die ram nie eers 10m van skoot af nie.
DSC_1840.jpg
Ons staan nog by die ram toe tik Ruben my, "pa daar kom varke".
Hy skiet toe oor 'n boom stomp. Skiet vir die bors, maar he trek bietjie die skoot.
Vark is raak en gooi bloed. Ons het op die spoor geklim en gesoek. Bloed het al minder geraak tot dit geen bloed gooi nie. Het spoor gevolg maar was nie suksesvol om die vark te kry nie. Het Ruben gepla en het die aand om die vuur daaroor gesels om hom weer gerus te stel dat dit gebeur.

Almal elke aand om die vuur. Ons bak elke aand 'n lekker vars broodjie in die oondjies met die kole.
DSC_0072.jpg
Oupa Danie wil toe ook sien hoe skiet Ruben en vra Ruben moet die volgende dag vir hom ook 'n vark skiet, maar hy wil saam.

(Deel 2)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by FrancoisW »

Elke oggend is almal vroeg op en drink 'n lekker kondensmelk koffie met 'n ouma in die ander hand.
DSC_0057.jpg
Ons is na 'n ander grond dam. Mooi vark kom sommer vinnig in. Ruben is weer oor die skietstok.
Lekker rustig en weet hy moet nie seker maak en leer uit vorige dag se fout. Skiet mooi skoot en klop die vark onder die oor.
DSC_1861.jpg
Nou is Ruben eers bietjie kamp toe en gaan speel met sy neefs en niggie.

Nou is dit bietjie my beurt. Ek soek nog 'n rooibok en my skoonpa soek 'n waterbok koei.
Met al die wat ek saam Ruben is vat ek toe somme rook die 243.

Skiet kort na middag ete 'n mooi ram en seker halfuur later kry ek 'n mooi vark.
IMG_2417.jpg
(deel 3)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
JuanVE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 261
Joined: Wed Feb 23, 2011 11:39 am

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by JuanVE »

Pitkos vir die oudag, dankie vir die deel!
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by FrancoisW »

IMG_2428.jpg
Laat middag besluit my skoonpa ons moet by die dam gaan draai, miskien is ons gelukkig met die waterbokke.

Soos dit moes wees kry ons 'n mooi trop. Hulle gedrag is nogal anders as ander bokke naby die water. Hul staan nie rond nie. Hulle loop water toe, drink en loop weg.

Ek besluit toe as die koei wat my skoonpa nomineer staan dan gaan ek haar klop. Die koei steek vir die eerste keer in die water vas. Maak mooi seker en skiet haar onder die oor.
IMG_2450.jpg
So is die kwota mooi vol geskiet. Die res van die groep het ook mooi geskiet. Varke, rooibokke en wildebeeste.

Sien uit na die jag in 2018.

Groetnis
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by FrancoisW »

Klein Freddie saam sy oupa Fred met nog 'n mooi rooibok
IMG_2425.jpg
Danie en sy een vark
IMG_2402.jpg
Die Familie
DSC_0074.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by sako 30-06 »

Blikskottel, geluk Francois.
Ruben mag maar skiet, hy is n yster. Lyk of dit n baie lekker jag was met genoeg wild.

Dis mos n storie om die jaar mee te begin.
Nou is almal lus vir die jagte wat voorle.
Daneel
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Mon May 21, 2012 4:13 pm

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by Daneel »

Ja daai was nou lekker lees.
Lyk my die wild is vollop daar,
Dankie vir die deel van die storie.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by J le Roux »

Baie geluk en mooi vertel, dis voorwaar 'n voorreg om so saam met jou familie te jag.

Lyk my daai .243 Groen-mamba van jou pik lekker!
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by ruaanb »

Pragtig dankie vir die deel.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13511
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Welman Familie Jag 2017

Post by Capt. Yoda »

Paar baie mooi Rooibokke wat julle geskiet het, geluk!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply