.30-06 Winchester XPR te koop

Have some thing for sale, trade or looking to buy? No commercial ads allowed!
Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

.30-06 Winchester XPR te koop

Post by Lourens »

More ouens,

Soos julle op my herlaai post gesien het is dit weer skoonmaak tyd. My 30-06 Winchester XPR is te koop. Geweer is net meer as 'n seisoen oud en daar is so 150 skote deur die pyp. Toestand is puik en geweer is skitterend akkuraat met fabrieksammunisie. Dis 'n baie lekker werksgeweer en ek dink een van die beste waarde-vir-geld opsies beskikbaar.

Ingesluit by die geweer is ook 'n stel teleskoop basisse en 'n Silent Hunter knaldemper. Geweer is ook reeds gesny. Daar is ook 'n stuk of 50 fabrieksrondtes en so 50 doppe ingesluit. Die teleskoop, ringe en beld is nie ingesluit nie. Ek soek graag R8000 vir die pakkie. Ek verkoop hom bloot oor ek laasweek nog 'n 30 kaliber gekoop het en nou reeds met 4 van hulle sit. Ofskoon ek myself vertel en skiet baie, kan ek nie aandag aan al 4 gee nie... Stuur gerus 'n PM of laat weet my by 082 3ses4 077ses.
1-final.jpg
2-final.jpg
Groete,
Lou
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply