Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Lees gerus hierdie toets. Dit sluit nie al die produkte in nie maar die toets was lyk my redelik deeglik. Ek is nie seker of dit al geplaas is nie, maar kon dit nie kry nie.
Daar is net drie produkte wat regtig die toets geslaag het. Ek self het toe op FrogLube besluit. Kon nêrens in SA kry nie en het nou 'n klompie botteltjies uit die VSA bestel. Ek hoop om dit so binne die volgende drie weke te ontvang as alles by die poskantoor na wense verloop
EK sal laat weet as dit gekom het en ek getoets het. Die seelug bly maar 'n probleem.
Ja Ruaan dit het my ook met ander oë na die beskikbare olies laat kyk. Ek het begin soek na iets beters toe ek onlangs met my nuwe Howa stainless agtergekom het hy maak roesmerkies, op die aksie, onder die olie wat ek normaalweg gebruik. Dit het my laat besef die produkte is nie effektief nie.
Ek wil ook nou nie Howa afkraak nie maar ek moet sê sy vlekvrye staal roes makliker as al my ander "swart" aksies