'n Oom se voorreg en trots!!!
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
'n Oom se voorreg en trots!!!
Elke jaguitstappie kan beskryf word van uit verskillende oogpunte. Hierdie een word geskryf agv ‘n meisiekind, Hannah, wat sowat ‘n jaar gelede dit duidelik gemaak het dat sy graag ook wil jag.
Hannah is nie jou alledaagse 13-jarige dogtertjie nie. Hannah is ‘n pragtige kaalvoet meisiekind wat hou van perdry, stoei en skiet.
Ons het besluit om vir Hannah te wapen met die volgende:
- Howa dunloop 22-250
- Kolf: Boyds Pro Varmint
- Geoffrey Barraball het bedding gedoen en silencer gemaak
- Scope: Sightron S-Tac 4-20x50 wat verskaf is deur Ian Sangoma hier op Jaracal (baie goeie waarde vir geld scope in my opinie)
- Die geweertjie skiet 55gr Nosler Ballistic Tips teen 3570 fps
- My ou maat, Gian du Preez, het die sneller getune sodat hy lekker lig breek.
- Ek het ‘n foto ingesluit waar die geweer gesien kan word.
Onder my toesig doen Hannah al haar laaiwerk self.
Ek weet dat jy ‘n kind se eerste jag reg moet hanteer anders gaan hy/sy nooit weer wil jag nie.
Omdat ons nie toegang het tot grond waar ons kan oefen nie, het ek en twee van my maats, Gian du Preez en Wihan de Villiers, vir Hannah en Pa Francois saam gesleep na ‘n paar veldskiete. Net 1 uitstappie na die skietbaan om die geweer in te skiet, en toe skryf ons in vir die Jag-gong challenge in die Koue-Bokkeveld in November 2017. Die veldskiete was in my kop die beste manier om haar gemaklik te kry met haar nuwe geweer en om haar selfvertroue op te bou. My skiet-maters was almal baie geduldig met Hannah en het nie geskroom om tips en leiding te gee nie.
Ons was almal op ons senuwees vir die eerste kompetisie. Hannah het sommer op die heel eerste baan, voor ‘n klomp toeskouers, haar telkaart baie goed geopen. Beter as ek wat haar spanmaat was vir die dag!!! Die laaste gong vir die dag was ‘n gong op 300 meter en die skietbasis was ‘n sandsakkie agter op ‘n Land Cruiser. Meeste ouens het maar klippe gekou met die gong. Hannah het die Cruiser betree, en het ter aanskouing van amper 50 ander mans die gong laat lui. Slegs 12 uit die 54 deelnemers het kom getref. Job done….die selfvertroue begin groei. Die organiseerders het ‘n groot ding daarvan gemaak en Hannah het begin gemaklik voel tussen al die ouer ooms en skuts.
Daarna het ek vir Hannah geneem na nog 2 veldskiete. By die Ceres veldskiet in Februarie het sy in kwaai winderige toestande ‘n gong wat op 400 meter gehang het ook laat lui. Een van baie min skuts wat dit die dag kon doen.
Donderdag, 7 Junie, vat ons die pad na Wagenaarskraal net buite 3-Susters waar Andrew en Carin MacRobert ons ontvang het. Andrew en Carin is 2 rekenmeesters/ouditeure wat hul penne verruil het vir die plaas. Carin skroom nie om ons te ontvang nie……in aggenome dat ons hul plaas toegesak het met 8 mans en 10 kiddies wat wissel van ouderdom 5 tot 13.
Hannah het verstaan dat ‘n kopskoot altyd lekker is, maar dat ‘n kwesbok iets is wat ons ten alle koste wil vermy. Sy het op die veldskiet uitstappies baie vinnig geleer wat die wind met ‘n 22-250 kan maak, en sy het verstaan dat ‘n kopskoot nie altyd die regte opsie is nie.
Die windvoorspelling vir die naweek het maar sleg gelyk, maar Hannah het haar kans gekry voordat die wind te kwaai opgesteek het. Ek kan nie te veel beskryf van die paar minute voor haar eerste skoot nie…..ek het my eie moeilikheid gehad met die wind so ‘n paar koppies verder. Nadat sy die eerste bok platgetrek het op ongeveer 130 meter kon niks haar keer nie. Sy het nog 2 bokke geskiet op ongeveer 230 en 180 meter…..almal kopskote. Sy het haar pa en haar 3 boeties by haar gehad om die ervaring te deel. Wens ek kon ook daar wees!!! Beide Hannah se oupas was ook saam op die uitstappie…..GROOT VOORREG!!
Ek het haar uitgevra oor haar 3 skote. Sy het bevestig dat sy met al 3 skote 100% gemaklik was met die afstand, die wind en haar skietposisie en dat sy nie getwyfel het oor haar skote nie. Die kopskoot opsie was dus vir haar die roete om te gaan.
Meeste van die ouens op die uitstappie het die voorreg gehad om van of al hul kinders vir die dag by hulle in die veld te hê. PRICELESS!!!
Dit was ‘n baie lekker naweek met vriende, familie, oupas en kinders. Baie dankie aan Andrew en Carin wat uit hul pad gaan om die naweek ‘n sukses te maak en wat hul huis vir ons oopgemaak het. Ons het weereens soos konings geeet.
Hannah se boeties asook my eie, Herman (8 jr oud), het my duidelik laat verstaan dat hulle ook wil doen wat Hannah die naweek gedoen het.
Ek moet noem dat die proses om ‘n kind voor te berei vir hul eerste jag aan my meer vreugde verskaf het as om self ‘n paar bokke plat te trek.
Kan nie wag vir my eie seuntjie se eerste bok nie. Ek weet hoe trots ek was op Hannah…..kan net dink hoe trots ‘n pa moet wees as jou eie kind sy eerste bok plat trek.

22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Die fotos is oppad.....
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Jis my maat. Mooi geskryf! Soos altyd het die MacRoberts ons op die hande gedra.
Hier is 'n paar fotos van die naweek.
Vroegoggend, reg om te ry. Grey Ghost Gear hoedjies het baie mooi uitgekom.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/3f97bd07e6a6cc90c5077086e602fe90.jpg
Skietbaan
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/a62437205916a16d0f31c6e7fc177202.jpg
Hannah by haar bok
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/b70592aeb2a456c1b348d2b5a3eb61ae.jpg
Visser span
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/33340b5f6b055043386bddae892e5494.jpg
Andrew bietjie verfwerk gedoen
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/b22c82dc243b8106d835147a467a2ef3.jpg
Trotse oupa
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/75d490baa1bb4edb48ecf51a4674bc60.jpg
Toets bietjie veldposisies vir volgende jaar
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/41b98e4f917b13a97a2f3d1a23af36cc.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/6f2cad7a50782a47ff290e91acabd27f.jpg
Een van Wicus sn
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/992ccf3d07a66abb9cf4b948e7cbf7f5.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/fc8bacb1a5a921d82f7965ae8acbe5a8.jpg
André se eerste gemsbok
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/dcc173890b73f4180e0f34f1cd5b510b.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/7f1f98b93fdc38c21dbe8c748c4a3a62.jpg
My kleinspan
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/1a91559014f599ba7dd27860f3b05f09.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/c0120627dd391ebf2c7f229384d55451.jpg
Span de Villiers
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/96c779fa25b5c74b211a6e8620c35fef.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/4bb54247c5895cf17fea5ed3b70c4c99.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/7c72a8c452c4fa8d0f48264522879692.jpg
Gerbers
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/97856b5922ae1c1960f60d330605aab8.jpg
Laataand pret
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/10df57355150534899ab1ab58ab8fa86.jpg
Wimpeeeee!
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180612/7078daea19da55ac090e6f292951a2e7.jpg
Sent from my SM-G920F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Awesome!
Baie mooi vertel en baie mooi voorbeeld van hoe om dinge reg en behoorlik te doen met kleinspan.
Ek weet uit ondervinding dis groot voorreg om jou kind sy/ haar eerste bok te laat jag. En nog groter so wanneer Oupa dit kan deel.
Weereens Well done!

-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Pragtige storie
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Awesome julle!
Ekself kannie wag om my kinders te leer jag nie!
Ousus Jolene op 2 en half jaar sê gereeld vir my "Pappa bietjie bok skiet!" en sy mis nie eem geleendheid om saam met my skietbaan toe te gaan nie.

Goed, beter, 6millimeter!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
lekker man!
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Mooi storie, dit gaan baie aan haar selfvertroue doen met enige iets wat sy aanpak vorentoe
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Bitter Nice dankie vir die deel
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Pragtig ou Wickus man, hel dit is n riem onder die hart om te sien daar is nog manne daar buite wat tyd, geduld en 'moeite' insit met ons nageslag. Hannah gaan nog diep spore trap in die jag / skiet gemeenskap - haar hart lyk my is behoorlik in die 'ding'. Dankie vir die deel.
Hannah, pragtig geskiet meisiekind, baie geluk en hou so aan!

Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Lekker man, dis hoe dit gedoen moet word. Baie geluk.
Sent from my F8331 using Tapatalk
Sent from my F8331 using Tapatalk
- henried
- Hero Member

- Posts: 2347
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Te lekker.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa
"Deo Valente "

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Baie mooi skrywe! Lyk of dit 'n jooligheid was!
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Pragtig. Ek kry sommer knop in die keel.
Welgedaan!
Welgedaan!
- WicusdP
- Sr. Member

- Posts: 389
- Joined: Tue Jul 12, 2016 8:50 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Die grootste challenge met hul voorbereiding gaan oor hul oriëntasie agter die geweer. My eie mannetjie is nou 8 jaar oud en hy sal 'n bok skiet.....maar hy sukkel nog om die geweer self op teiken te kry en om die geweer te skuif as die bok beweeg.
Terwyl ons die naweek gejag het, het ek hom 'n paar keer op die bokke laat aanlê en "dry fire"....net om bietjie deur die proses te gaan.
Dit is waar die manne met grond 'n groot voordeel het. Die beste manier om die oriëntasie agter die geweer baas te raak is om windbuks te skiet....EN BAIE!!! So leer 'n kind homself hoe om sy mikpunt op teiken te kry en om aan te pas as sy teiken beweeg.
Terwyl ons die naweek gejag het, het ek hom 'n paar keer op die bokke laat aanlê en "dry fire"....net om bietjie deur die proses te gaan.
Dit is waar die manne met grond 'n groot voordeel het. Die beste manier om die oriëntasie agter die geweer baas te raak is om windbuks te skiet....EN BAIE!!! So leer 'n kind homself hoe om sy mikpunt op teiken te kry en om aan te pas as sy teiken beweeg.
22-250 Musgrave
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
6 XC Krieger/Savage
243 Howa
300WSM Tikka Super Varmint
22-250 Weatherby Varmint
6.5 Creed Tikka
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Magic !! Dankie vir die deel daarvan !
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: 'n Oom se voorreg en trots!!!
Pragtige, onvergeetlike oomblikke!!!