Wagenaarskraal 2019

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Wagenaarskraal 2019

Post by Gian_dP »

Die afgelope naweek het ons span weer Karoo toe gesuiker om bietjie by die MacRoberts op Wagenaarskraal te gaan kuier en so bietjie te jag.

Donderdagoggend het almal so 05h00 se kant weggetrek uit Durbanville/Brackenfell om mekaar 06h00 by Worcester se Vida te kry.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/97fe755e7ea93a7d1b3e656ac2ec865a.jpg

Vinnige koffie en hot chocolate vir die kleinspan, toe is die konvooi op pad. 'n Paar "tradisionele" stoppe langs die pad - Wimpy brekfis op Laingsburg, koffie en pasteie by 4 Sheep in Beaufort-Wes het die tyd gou laat werbygaan.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/1e16849e4e78fcbb0c5ee42b193c7363.jpg

Na die reen wat onlangs in die area geval het, was dit heelwat groener as die afgelope paar jaar. Soos wat ons die laaste paar draaie op die grondpad gevat het, kon mens die opwinding omtrent voel.

Op die plaas aangekom, het ons gou uitgepak, iets geëet en seker gaan maak gewere is reg.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/5fa3b64682e2ae5e22955c6b81814890.jpg

Die eerste aand kom ons Andrew se nuwe vuurmaakplek goed inwei! Ek dink hy het 'n hele laning se bome afgekap om seker te maak hy het genoeg hout vir die naweek!

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/ca5521c397a1dd727e0b9841769e6f3b.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/c49ad51c88d93fc8cbf1aebdf665cf53.jpg

Vroeg Vrydag is ons uit die vere. Soos altyd het Carin seker gemaak ons gaan nie met honger mae veld toe nie. Vinnige "briefing" van wat die oggend se planne was, toe is elkeen by sy "spot" afgelaai.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/41499e75be5add896a4dc92b812eecc6.jpg

Eerste sessie het redelik stadig verloop, darem paar bokke geval. So 11h30 oorgeskuif na volgende kamp toe.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/558b89cead265cba3a3d3392fc088abf.jpg

Hier het die aksie aansienlik toegeneem. Een of twee manne se nuwe gewere wil nie lekker saamwerk nie, maar meeste van ons het darem al iets wat hang toe die dag verby is.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/ac62e4304cdc18c0c7231c5535e059dc.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/f75f350057f6ae04fe3629f06f7314da.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/d63762a3c1bcbe04a6265c2e70efe4b9.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/e51eec907e9a834844e6de1fca26c22b.jpg


//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/497625b5cd16eaac4584270851fe7f96.jpg

Volgende oggend is die konsentrasievlakke bietjie hoër, want daar is heelwat "tag" bokke in die kamp waar ons die saterdag gejag het. Gelukkig kom ons hulle vermei die jaar! Na die oggend se springbokke het, die aandag verskuif na gemsbokke toe. Daar was twee ouer diere wat afgehaal moes word.

Sonder te veel moeite is die twee koeie op die cruiser gelaai. Francois syne met 'n mooi bladskoot laat val, Wihan s'n mooi agter die oog geskiet met sy 6mm Creedmoor.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/aef4873390af3aca2279b3f715301418.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/2605e17ae271e5e638f334e62ae4ea16.jpg

Die aand vir oulaas om die vuur gekuier, soos altyd fantastiese tyd saam met vriende en familie gehad.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190603/e8f4791dc0bba590e1a06216bb507b4e.jpg
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
WihandV
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Sun Jan 17, 2016 9:03 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by WihandV »

Ongelooflike herinneringe. Dankie Dr Dup
22-250 Savage VLP
243 Musgrave
6.5 Creedmoor Ruger Precision Rifle
30-06 Ruger
300WM Sako TRG 42
12Ga Benelli M2 SP
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by ruaanb »

lekker manne! Niks so lekker soos n familie jag nie.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by Mellies »

Mooi gegooi.

Met n vleisie...
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by Gawie(13mm) »

Baie dankie vir die deel.
Ek verlang sommer nou erg Karoo toe.
Nog net 2 slapies.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by Plaashaas »

Lekker! Dankie vir die deel
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by tau »

Baie geluk julle. Lyk na great familie ervaring.

Opvallend hoe familie jagte deesdae baie gewild raak as ek vat as kind was dit net die Pa's wat gaan jag het op hulle eie tot jy oud genoeg was om saam te gaan. Dit is great dat ons 'n nuwe generasie kan kweek, of altans 'n algemen praktyd.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
FrancoisW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 295
Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by FrancoisW »

Baie nice. Die familie jagte is 'n hoogte punt. Sien nou eers uit na ons tirp einde Junie.
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by Apie »

Oorlekker!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by Geno »

Netjies en baie geluk met julle jag!
Goed, beter, 6millimeter!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by Carl »

Dit lyk na 'n baie lekker jag, stem dis goed om te sien die kinders wat saam met die pa's gaan. Baie beter storie as die musiek videos ;)

* Lekker om te hoor die wêreld het reën gekry.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by Chevvy SS »

Lekker Gian!
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by dawiec »

lekker familie ervaring Gian! Wihan ek sien die RPR het mooi gemaak :-)
WihandV
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Sun Jan 17, 2016 9:03 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by WihandV »

Ek en die 6mm Creed RPR moes mekaar die eerste dag bietjie vind. Reken bokkoors het die beter van my gekry want hy het die middag op die nommer geskiet to eek gaan bepaal waar die probleem lê. Dag twee op die gems het ons mekaar darem mooi gevind.
22-250 Savage VLP
243 Musgrave
6.5 Creedmoor Ruger Precision Rifle
30-06 Ruger
300WM Sako TRG 42
12Ga Benelli M2 SP
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Wagenaarskraal 2019

Post by Wouter Roets »

Baie geluk manne! Welgedaan. Gian dankie vir die vertel en lekker kiekies.
Post Reply