2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3941
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by tau »

J le Roux wrote:Hierdie Waterbok bul was nou 'n lekker gelukkie.

Ons het 'n vinnige jagnaweek in die Bylsteel omgewing gereel. Met ons eerste trippie veld toe het ons heelwat Nyalas en Koedoes gesien. Ek het egter gehoop om my eerste waterbok bul te skiet.

Later het ons gelukkig 'n paar waterbokke van die bakkie af gewaar, ons het verby gehou en ek en die eineaar se seun is 'n hele ent verder afgelaai. Na wat na 'n ewigheid voel het ons die koeie raakgeloop. Die Bul was nie in sig nie. Toe die koeie ons opmerk het hulle op 'n draffie laat spaander. Die bul moes nog in die area wees en ons het verder gesoek.

So paar minute later het ons hom opgespoor, oppad watergat toe. Ek kon nie my geluk glo toe ek 'n mooi plankdwars skoot kry nie. Ek wou geen kanse vat nie, en het laat loop toe die S&B Klassik my 30-06 Howa vertel dis nou middel-blad tyd. Dubbel long skoot met 180gr Nosler Accubonds. Die bul het nog asem gehaal toe ons by hom kom, en die breinskoot is gegee omdat my 3 messe nog veilig in my jagsakkie by die kamp laat le is ::) .

Ek is nie 'n trofee man nie, maar is dankbaar vir die mooi vleis en die 28 duim horings.
Baie geluk. Mooi bok.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3941
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by tau »

Diesel Dog wrote:
Dale SH wrote:DD
What do you do with all that meat ?
We get orders from friends and family and a treat for employees and the local old age home.

DD
So wat jy sê is dat jy eintlik 'n softy is wat omgee oor ander mense :laugh: :laugh:

Great gebaar en deel so jou genot van jag se opbrengs.

Is darem lekker as jy so die eerstebok laat val en die ander beweeg nie te ver nie of hulle is nie bewus waarvandaan die gevaar kom nie en jy kan so 3-4 bokke op dieselfde afstand en posisie skiet.

Baie geluk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Geno »

Diesel Dog wrote:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190727/60da67e34e13d06cfffd29a4025cb08f.jpg

Daardie HK moes eerder 'n .243AI gewees het dan sou daardie hou darm bietjie hoër gesit het... ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by ruaanb »

Geno wrote: Daardie HK moes eerder 'n .243AI gewees het dan sou daardie hou darm bietjie hoër gesit het... ;)
Hy wou die horings heel hou man >:+
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by JacquesT (Stompe) »

Ons het die afgelope naweek tussen Clarens en Fouriesburg in die Drakensberge as 'n familie gejag. Ons gesin het saam albei my ouers en my niggie se man en seuns gegaan. Dit was heel moontlik een van die beste jagtogte van my lewe omdat ek dit met my hartsmense gedeel het.

My vrou het haar eerste bok geskiet met my 308 gelaai met 155gr Kriek. Die Rooihartbees bul was so 150m gewees en sy het die perfekte hartskoot geskiet. My bors het redelik geswel van die trots, totdat sy die aand vir my gevra het wat sy volgende kan skiet... Ek het besef my kwota bokke per jaar het sopas drasties veminder en sy sal die skietwerk begin doen ++>: Sy het ook kleintjie in die arm haar inlywing gevat, maar nie sonder om my te oorreed om saam haar te eet nie, sy het gewen.

Later die middag was ons uit en opsoek na 'n alleen loper Springbok ram. Die spesifieke bok is kwaai wild en hulle het gesukkel om nader as 500m te kom. Ons het hom op 780m gekry waar ek hom kon plat trek. Die was vir my veral baie spesiaal omdat my pa en vrou daar was om dit te beleef. Die boer het die rangewerk gedoen en my vrou het my app bestuur.

Die bokke het afsonderlik vanoggend by die slaghuis 69kg en 20kg geweeg.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/63fa74b070da006552254d933585bc9a.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/09d8b4711a6069e9585e68b2f00d8ac3.jpg


//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/2283a0c494c6b9bec1c0c839cd9b2c8b.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/a40910b99e73520324efa78d6d090a16.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/4b4208638b7e1409758f27968ef3825b.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190729/74ca61d325cf2f13bc450f715060311c.jpg
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Plaashaas »

Baie geluk Jacques! Mooi skote, veral die lang hou van jou op die springbok.
User avatar
Jaco V
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 292
Joined: Thu Jan 08, 2015 6:38 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Jaco V »

Baie mooi Jacques, en geluk aan jou vrou ook!
Hierdie is wat die kleur in ons lewens prentjie inverf.
Groete
Jaco

CZ 416 Rigby, Vektor 300H&H, Sako 222 Rem, Howa 6.5Creed, Walther KKM .22, Walther KK300 .22, Mauser Obendorf .22, Anschutz Mod54 .22, Beretta SV10 and Ruger Speedsix.357
Henlo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Henlo »

Ek het ook darem laasweek woensdag tot sondag naby Hopetown bietjie gaan skiet, n stok ou springbok ram geskiet, nog gewone ram n ooi en n jongerige gemsbok bul
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Te veel gunne en te min geld
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by DWB »

Bevoorreg gewees om my eerste Bosbok op die voet in Pongola te jag. En toe sommer nog ñ lekker ot ook.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Malan123 »

Daar is darrem min dinge so lekker soos 'n bosbok jag. Baie geluk met 'n mooi ram
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by ruaanb »

laat middag hierdie jong vaalribbok ram wat gepla het op die broccoli lande gekry.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190803/4273ffbde297d1a56ff7caa8ebf3cc5f.jpg
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by jankraay »

Mooi so Ruaan. Ek het self n duiker of 2 wat by my swaer die mielies goed opgevreet het wat die tydelike met die ewigheid moet verruil.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Frederik »

ruaanb wrote:laat middag hierdie jong vaalribbok ram wat gepla het op die broccoli lande gekry.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190803/4273ffbde297d1a56ff7caa8ebf3cc5f.jpg
Interesant eerste keer dat ek so jong dooie vaalribbok sien, sien hulle altyd as trofee geskiet. As julle hom self gaan eet en die vleis nie op die plaas los vir die werkers nie. Laat weet hoe smaak hy asb. Die ou ramme is nie baie eetbaar nie weet nie of jonger ramme dalk beter proe.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Frederik »

Geluk Deon, mooi ou ram met dik horings sy horing punte sou nooit uitgaan kante toe nie dis maar sy vorm en sou net stomper word. Lekker vet Ot ook hoe loop die scope op die 404?
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by ruaanb »

Frederik ons het nou al n paar geskiet by die boer en die vleis is heerlik. ek dink dit is oor hulle op die hawer lande wei.
User avatar
Morne Van Der Merwe
Hero Member
Hero Member
Posts: 830
Joined: Sun Jul 12, 2015 4:48 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Morne Van Der Merwe »

Baie mooi fotos
CZ 550 Ebony Edition 30-06
Musgrave K98 .270Win
Howa 6.5 Creedmoor
Gecado Mod 50 Windbuks
.284 Shehane
7mm PRCW
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by wynis »

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201908 ... e00c5c.jpg[/IMG]
My jongste dogter is verseker ‘n gelukbringer.
My eerste Blesbok, Blouwildebees en nou Rooihartbees saam met haar gejag. Almal te voet en na harde werk.
Sy kon die naweek nie haar eerste bok kry nie, maar daar was ‘n paar geleenthede wat net nie uitgewerk het nie.
Ons maak klaar planne vir die volgende jagtog.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Hansieslim »

Ek was bevoorreg om deur my Nelspruit vriende genooi te word vir n voorsitjag naby Middelburg OosKaap. Dit was my tweede voorsitjag ooit na my eerste in 2014. Iets wat ek lank voor voorberei het en bly was om mee te maak. Vriendelike gasvrye plaaseienaar en 'n groot plaas. Lekker geriewe en gelukkig genoeg hout gehad.

Dag 1 was mislik. Yskoud en rukwinde van tot so hoog as 30mph. Ek het geweet die 40gr koeëltjies van die .204 gaan nie die ding doen nie. Tussen bewe van die koue, bewe van die opgewondenheid, bokkoors, snerpende, yskoue wind en ligte sneeu het ek my eerste geleentheid gekry toe n klein troppie op 175m verbygekom het. 3 skote en geen bok het geval nie, maar een sy lyftaal het 'n storie vertel...hoë nekskoot. Kon hom gelukkig kort daarna kry en hom platgemaak. My jag was eintlik verby want ekt begin twyfel in my en die .204 se vermoeëns.

Dag 2 'n ander storie. Sonskyn en slegs 4°C. Baie beter geplaas gewees en die wind net so 5mph en relatief konstant. Genoeg tyd gehad om bakens te "range" en na 'n uur het ek elke bossie se afstand van my af uit my kop uit geken. En toe kom hulle ... Eerste skoot op 280m was mis, maar die springbokkies het bly staan. Tweede skoot was 'n sukses, maar toe weet hulle hier is iets wat hulle maters laat val sonder dat hulle hom hoor blaf. Ek skiet toe die voorste een in die trop en toe gaan staan hulle en toe val sy maatjie. Slotsom is : 1 minuut, 7 skote, 6 kopskote, 150-280m. My hart wou uit my bors klim...en toe begin ek weer bewe.

Toe ek kalmeer het, het die bymekaarmaak begin, want daar waar hulle gelê het, sou 'n bakkie nie loop nie. Ek het elkeen gaan haal, van hom/haar 'n handsak gemaak (met "cable ties") en na my skietpunt gedra, omgedraai en die volgende een gaan haal. Ek was pootuit. Hulle was klein, maar die klipperige terrein en op en af en afstand het my laat hyg.

Soos wat ek in 2014 met my eerste ervaring besluit het, het ek nou weer besluit : Voorsitjag wil ek BESLIS weer doen !!!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Diesel Dog »

Lekker Hans mooi geskiet.

DD
1lum1nat1
Full Member
Full Member
Posts: 101
Joined: Wed Dec 19, 2012 2:18 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by 1lum1nat1 »

Jong mooi bul, 134kg kop af en pens uit. 6.5x55, 140gr accubond op 409m. Skoot kon so 1" hoër gewees het, maar baie gelukkig met die roertjie.

Bly ek het die skoot gevat, want vir die res van die twee dae was daar nie veel waarop ek kon aanlê nie en ons het lekker vêr gestap. N slegte dag in die veld is nogsteeds beter as n goeie dag op kantoor.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190806/c4669c8dfb352c45107ea66c98e2cbb9.jpg

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
CzFan
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sat Jun 24, 2017 7:21 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by CzFan »

Hierdie was nou glad nie iets wat hierdie jaar op my lys was nie, maar so geleentheid kan 'n man darem nie deur jou vingers laat glip nie. Die 270 met die 145gr Eld-x het ook nie teleurgestel nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3941
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by tau »

DWB wrote:Bevoorreg gewees om my eerste Bosbok op die voet in Pongola te jag. En toe sommer nog ñ lekker ot ook.
Baie geluk Deon. Mooi Bosbok!!
1lum1nat1 wrote:Jong mooi bul, 134kg kop af en pens uit. 6.5x55, 140gr accubond op 409m. Skoot kon so 1" hoër gewees het, maar baie gelukkig met die roertjie.
Mooi Kudu. As Kudu daai tweede krul begin maak is hy skelm :laugh:
CzFan wrote:Hierdie was nou glad nie iets wat hierdie jaar op my lys was nie, maar so geleentheid kan 'n man darem nie deur jou vingers laat glip nie. Die 270 met die 145gr Eld-x het ook nie teleurgestel nie.
Hy die Sable jou gestorm? :laugh: :laugh:

Baie mooi geluk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
CzFan
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sat Jun 24, 2017 7:21 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by CzFan »

Dankie Tau

Daar was gelukkig geen storm betrokke nie, maar as die prys reg is kan 'n man mos nie nee sê nie.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3941
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by tau »

So laaste jag voor seisoen in Namibië sluit saam met my Pa. By vriende in Nina.
[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 9cddad.jpg[/IMG]

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 83b342.jpg[/IMG]

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201909 ... 9bbb95.jpg[/IMG]
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by ruaanb »

tau wrote:So laaste jag voor seisoen in Namibië sluit saam met my Pa. By vriende in Nina.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190902/7e93eb9651079e8521f705e3579cddad.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190902/8e812a0fb001c7b99f54a9631383b342.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190902/882f909cf36f9877ecf3c97a2b9bbb95.jpg
Post Reply