My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
-
honda2
- Full Member

- Posts: 194
- Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Lekker Sniper - jou storie lees heerlik. Baie geluk - en dis n lekker skoot so met die 300! Perfek.
- BSniperEM
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Ons hervat op dag 2 van ons Neefs Jag…
Nou hierdie gaan nie so exciting wees soos daai Koedoe bul jag… maar kom ek begin met die stats:
2 x jagters, te voet!
1 x pensionaris turned “spotter” (my Oom)
1 x 1000 hektaar jag kamp
1 x Custom .243 Ackley (aka Lelik)
1 x Stock Standard Weatherby Mark V .270 Win (aka Reaper)
Eind telling: 9 bokke en 3 varke
2 x mis skote
0 x kwes skote
Soos ons by die plaashek uitstap, en die boer vra ons een laaste keer “Ouens is julle seker julle wil stap-jag, my bokke is wild??” besef ek ons het n taak te verrig vandag en alles moet in plek val.
Net voor ons split, Mellies regs en ek links (sien julle n patron hier?)… vra Mellies vir my: “Challenge?? Verste Kopskoot??”
Ek se dis reg en stap aan. Wag n bietjie…. Ons moet darem op n gelyke speelveld wees!! “Mellies, draai daai Z5 se vergroting af na x12 dan is die challenge aan!!
En so draai ek my rug op my neef, kry so lekker smile op my gesig, en dink saggies by myself… vandag gaan die ou boring 270 vir n 243 Ackley wys wies baaaas! Hahaha
Eerste op die spyskaart is Rooi Ribbok, siende dat hulle nog kromrug in die son op die oostelike hellings van die rantjies staan, is dit die beste tyd om hulle te kry.
Dit was nie lank en ek spot 2 troppe so 2km aan die anderkant van die jagkamp. Tyd die stalk te beplan.
Kyk, as Lady Luck saamjag en Murphy bly weg, dan is dit darem lekker. Ek begin net my stalk toe my Oom roep op die draadloos dat hy n trop nader aan ons gespot het. Ek loop toe in daai rigting en le aan op n rammetjie, afstand… 331m.
Dis die lekker ding van Ribbokke wat se olie nog koud is… Die hele trop staan doodstil asof hulle van wax gemaak is en net daar vir n uitstalling is. (en neee, ek het nie n knaldemper op nie)
Die skoot breek die koue oggend stilte en ek skiet die ram heeeeeltemal mis, so kop is darem bitter klein op daai afstand. (vir my altans)
Ek laai toe maar n 130gr Accubond vir n blad skoot, en Reaper stuur hom teen 2980fps downrange en hy val na so 10m morsdood.
Nie lank daarna hoor ek n skoot in die verte… Mellies roep en se dis n misskoot wat hy op n Springbok ooitjie gemaak het.
Ek begin toe maar die lang stalk agter baie wilde Blesbokke aan. Die goed is so wild hulle skrik vir mekaar as die een dalk net poep in die trop… en dan sit hulle sommer nog n km of twee tussen my en hulle!!!
Uiteindelik kan ek naby genoeg kom en skiet toe my eerste Wit Blesbok Ram ooit. Baie happy.
Weereens hoor ek n skoot van n klein kalibertjie iewers ver, en dis Mellies, die keer darem n Springbok gedrop. En nie lank daarna skiet hy ook n Wit Blesbok ooi met n baie mooi “Saddle” van bruin op haar rug.
Net so vir info… die spesifieke Ooi… die boer is n paar jaar terug R400k vir haar aangebied… maar daai bubble is lank al gebars en Mellies drop haar vir R1200 hahaha
So gaan die dag aan en ek stalk van ver af n klein vark wat alleen eet. Kry seker een van die lekkerste skiet plekke om van af te skiet, en kon selfs n video van die skoot maak.
Skiet hom in die regter oog met n 130gr BT. Ek dink hy was dadelik dood!
Nie lank daarna, kom ek op Frikkie en Cedric af, twee varke wat “frolic” in die stof op so 200m! Ek skiet vir Cedric eerste, en soos varke baie keer maak as die een drop en bietjie skop nog, die aander staan rond en kyk hom aan! Ek hoor hoe skree Frikkie vir sy boyfriend… “KOOOOOM CEDRIC, DIE MAN SKIET OP ONS BL*&KS£$M”
Maar dit was n fout ou Frikkie… en ek stuur hom ook vark Hemel toe met hartskoot in die bors.
Intussen het Mellies ook n ribbok geskiet.
Die dag trek water en ek kort nog n springbok maar hulle is mal wild en kom nie verby my nie.
Ek besluit toe ek gaan eerder n RHB skiet en begin die trop stalk. Kry toe n lekker plek bo op n koppie en maak myself tuis vir n kopskoot. 272m. Dis nou nie baie ver volgens sekere mense, maar tot op die punt behoort dit die challenge te wen!
Hulle weet nie van my en staan rustig in die laat middag son. Die 130gr BT vang die Bul net onder sy regter oor, en hy val in sy eie vellies net daar neer.
Dit blyk ons is klaar gejag en die boer kom met sy Cruiser om bokke te laai, maar oppad na die Noorde van die kamp waar Mellies is… hoor ons iemand en iets wat kwaad is en oorlog maak!
Mellies en Lelik het op n paar Springbok ramme afgekom, en ek hoor 3 skote binne 30 sekondes. Klink soos n SA Jagters skiet dag met die 50m vryhand na die Wildebees teiken!
Die resultaat…. Sien foto hieronder. Almal so 200m.
Wat n dag van stapjag, 12 diere tussen ons twee. Die 270 het die 243 AI pak gegee met die verste kopskoot en geen bokke is gekwes nie!
Mens kan nie vir beter vra nie!
Dankie Mellies en Oom Lawry, weereens n bevange jag en kuier saam met julle!
Ek sit sommer n paar ander nice pics by, een van my stap roete, my nuwe gunsteling mes ens...

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
- BSniperEM
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Nog pics...

Nog pics... eerste een van die vark skietplek.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
- BSniperEM
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Stap roetes, 10kmdag een en 14km op dag twee.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Ag lekker man. Jyt darem nou genoeg vleis smaak dit my. Dankie vir die moeite met ju stories, hy loop mooi saam 'n koppie koffie so vroeg oggend
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
heerlik dankie vir die deel.
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
dankie vir die deel Sniper...klink na 'n droomjag vir jou!!!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7545
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Baie geluk Sniper en Mellies met n baie lekker jag! Well done!
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Welgedaan manne. Jul verdien jul bokke!
- Dolf014
- Hero Member

- Posts: 533
- Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Was hierdie storie nie laasjaar (2018 ) se jag nie??
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Party manne lees maar stadig....
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Dit was.Dolf014 wrote:Was hierdie storie nie laasjaar (2018 ) se jag nie??
Ons is n maand weg van 2019 se reeks. Wag net vir BSniperEM om uit die woestyn te kom. Hy werk in die Sahara en nou hou hy vakansie in die Namib!
Met n vleisie...
- BSniperEM
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm
Re: My EERSTE Koedoe Bul (T&C's Apply)
Ja dit was laas jaar se jag... 2019 ongelukkig nie so lekker storie nie.
Soos enige gesoute jagter weet... is jag meer as net n bok skiet. Vir ons is dit om in die veld te wees, en bymekaar te wees. Dis altyd lekker saam met Mellies en my Oom, maak nie saak hoe die "jag" verloop.
Die jaar het ongelukkig geen groot Koedoe bulle opgelewer, ons vermoed iemand het tussen daai klomp ingeklim met mening, want die wat gesien is was baie wild, en die enigste baie groot bul wat ons gesien het, was op so 2km, en hy was sterk oppad om die J&B Met te wen!!!
Het darem n koei geskiet, en Mellies het oorlog gemaak tussen die ribbokke en vlakvarke.
Ons albei het ongelukkig, baie hartseer elkeen n ribbok gekwes en nie gekry!
Myne was nog erger, want nie net het ek van so 08:30am tot 4pm na hom gesoek onder elke liewe besembos in daai kamp, maar dit was DIE grootste Rooi Ribbok wat ek in omtrent 30 jaar van die spesie jag, gesien het!!

Sonder om snaaks te wees sou hy top 3 van Rowland gemaak het, maklik... maar dit beteken niks... want hys weg!
Maar soos die ingilsmanne sê, "you win some... you lose some"
Till next year!