Vaal ribbok
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Vaal ribbok
Dag sê almal.
Ek wil by julle hoor. Ek het 'n geleentheid gekry om 'n moontlike trofee ribbok te skiet. Ek wil egter hom nie net skiet omdat hy 'n trofee is nie en wil daarom eers vra, hoe is hulle vleis? Ek het bitter lank terug biltong van hom geëet, maar kan nie lekker onthou nie. Is die vleis geskik vir droëwors, kabernossies en dalk selfs 'n stukkie braai?
En dat as ek besluit om hom wel te skiet, weet iemand dalk wat dit kos om 'n shouldermount te laat maak van hom?
Groete Ben

- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Vaal ribbok
Hi Ben. Ek het al so handvol vaal ribokke geskiet. Ek maak gewoonlik "huisvleis" van hulle.... patties, braaiwors, blokkies vleis, maalvleis, so paar steaks ens. Ek voel dieselfde oor ribbok as eland.... minimum biltong en droëwors en maksimum "kos".
Ek twyfel of ek al biltong of droëwors van hulle gemaak het.... ek skiet genoeg blesse en springbokke daarvoor.
Ek twyfel of ek al biltong of droëwors van hulle gemaak het.... ek skiet genoeg blesse en springbokke daarvoor.
Gooi lood!!!!
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vaal ribbok
Dankie, dit is presies wat ek wou hoor. Dan gaan ek kyk of ek hom in die week kan skiet. Die "huis kos" is in elk geval meer geskik vir hierdie tyd van die jaar.
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Vaal ribbok
Vaalribbok iets anders as rooiribbok. Vaalribbok se karkas naby aan ‘n springhaas 
- dennisinpe
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Re: Vaal ribbok
Veral die ooie se vleis is tops. Heelwat beter as koedoe, beter as springbok ook.
Steaks goed verouder en bevogtig is absoluut braaivleis. Moenie vermors met droewors nie.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Steaks goed verouder en bevogtig is absoluut braaivleis. Moenie vermors met droewors nie.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vaal ribbok
Oom kan nie dalk net miskien 'n resepie deel van 'n lekker staek nie?dennisinpe wrote: Tue Dec 17, 2019 8:40 pm Veral die ooie se vleis is tops. Heelwat beter as koedoe, beter as springbok ook.
Steaks goed verouder en bevogtig is absoluut braaivleis. Moenie vermors met droewors nie.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Vaal ribbok
Ek het baie vaalribbokke in die Moordenaarskaroo geskiet en die vleis is glad nie so lekker vir my nie. Ons het slegs wors en maalvleis daarvan gemaak en dan die maalvleis met ander vleis gemeng. Dit is vir my interessant dat iemand hierbo noem dis lekkerder as springbok. Dit vind ek moeilik om te glo maar dan moet ek ook toegee dat smaak verskil. In elk geval vir my was vaalribbok nog nooit lekker nie.
Mooi loop
Mooi loop
- Jurgen Visser
- Hero Member

- Posts: 815
- Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm
Re: Vaal ribbok
Vaalribbok is ook nie lekker vir my nie , as jy die vleis werk kom dit :snotterig" voor vir my , maar Rooiribbok is moer lekker
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE
Die lewe is te kort om nors te wees
Die lewe is te kort om nors te wees
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1378
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Vaal ribbok
Ek het al 'n paar keer vleis geëet, maar dit was nog nooit steaks nie. Dit was baie lekker, maar altyd gemarineer of so iets.
Onthou 'n trofeebok in die tyd van die jaar gaan heel moontlik effens snaaks proe.
Onthou 'n trofeebok in die tyd van die jaar gaan heel moontlik effens snaaks proe.
- dennisinpe
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Re: Vaal ribbok
O nee, my kommentaar was spesifiek tot rooiribbok in Oos Kaap. Ken nie vaal ribbok nie. Soos my gaai gelees.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
- Askari
- Hero Member

- Posts: 714
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Vaal ribbok
Lyk my jy sal maar moet skiet en self besluitAskari wrote: Tue Dec 17, 2019 7:55 pm Hi Ben. Ek het al so handvol vaal ribokke geskiet. Ek maak gewoonlik "huisvleis" van hulle.... patties, braaiwors, blokkies vleis, maalvleis, so paar steaks ens. Ek voel dieselfde oor ribbok as eland.... minimum biltong en droëwors en maksimum "kos".
Ek twyfel of ek al biltong of droëwors van hulle gemaak het.... ek skiet genoeg blesse en springbokke daarvoor.
Gooi lood!!!!
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vaal ribbok
Lyk my ook so oom.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5023
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Vaal ribbok
Vaalribbok soos ander geneom het se vleis is nie van die beste nie hy is heel ander perd as rooiribbok wat jy soos skaap kan eet.
Maar as jy kans kry vir ene doen dit ek wil ook sulke mense ken.
Maar as jy kans kry vir ene doen dit ek wil ook sulke mense ken.
-
Dimitri
- Hero Member

- Posts: 1015
- Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm
Re: Vaal ribbok
Ben, lyk my jy het hiedie onderwerp in die verkeerde afdeling geplaas. Dalk kan n mod dit vir jou skuif.
Ek het nog net twee vaal ribokke geskiet. Altwee was in die Vrystaat naby Harrismith en altwee was ramme.
Van die 25+ verskillende wildsoorte wat ek al geskiet het en van die vleis geeet het was die vaal ribbokke heel onder aan die lys. Die vleis was vir my en die wat saam met my geet het glad nie lekker as tafel vleis nie.

- Nico de Jager
- Hero Member

- Posts: 671
- Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Re: Vaal ribbok
Wel dit lyk vir my asof Vaalribokke se vleis van streek tot streek verskil. By ons in die Suidkaap (fynbos ) word dit gereken as heerlike tafelvleis. Ek het dit al geëet as fyn gekook, pasteie en in bredies en dit is heerlik.
- Pumarais
- Full Member

- Posts: 223
- Joined: Sun Mar 26, 2017 8:50 pm
Re: Vaal ribbok
Manne ek het altwee op my plaas en vaalribbok gee ek vir die volk as iemand een skiet. Rooiribbok aan die anderkand het uitstekende vleis net soos springbok.
Moenie die twee verwar nie!
Hulle is nie eers in dieselfde familiegroep nie.
Rooiribbok is familie van die rietbok (redunca) en vaalribbok is op sy eie (pelea capreolus)
Moenie die twee verwar nie!
Hulle is nie eers in dieselfde familiegroep nie.
Rooiribbok is familie van die rietbok (redunca) en vaalribbok is op sy eie (pelea capreolus)
- Kallie404
- Sr. Member

- Posts: 424
- Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm
Re: Vaal ribbok
Stem 100% saam. Ek het twee trofee ramme gejag in die Bredasdorp/ Napier area en die plaas eienaar gee die vleis vir werkers, hy se dat hulle liewers sonder vleis sal gaan as om een te eetPumarais wrote: Fri Dec 20, 2019 4:29 pm Manne ek het altwee op my plaas en vaalribbok gee ek vir die volk as iemand een skiet. Rooiribbok aan die anderkand het uitstekende vleis net soos springbok.
Moenie die twee verwar nie!
Hulle is nie eers in dieselfde familiegroep nie.
Rooiribbok is familie van die rietbok (redunca) en vaalribbok is op sy eie (pelea capreolus)
- PierrieT
- Full Member

- Posts: 193
- Joined: Sun Dec 18, 2016 6:51 pm
Re: Vaal ribbok
Ek kan 100% saam stem dat daai vleis vir die volk is. Ons het so 3-4 jaar terug 2 vaalribokke in die Oos Kaap (Bedford) omgewing geskiet en ek was nie bereid om die vleis te eet na aanleiding van die parasiete wat ek onder hulle vel sien broei het. Dis blykbaar ‘n algemene ding. Die plaas eienaar het gese dis 1 van die redes waarom hulle dit self nie eet nie maar die plaas werkers is mal daaroor. Die 1 het seker 40-50 van die parasiete gehad en ek kan net dink dat die vleis ook beinvloed word daardeur.Pumarais wrote:Manne ek het altwee op my plaas en vaalribbok gee ek vir die volk as iemand een skiet. Rooiribbok aan die anderkand het uitstekende vleis net soos springbok.
Moenie die twee verwar nie!
Hulle is nie eers in dieselfde familiegroep nie.
Rooiribbok is familie van die rietbok (redunca) en vaalribbok is op sy eie (pelea capreolus)
Die rooiribbok het nou weer lekker vleis en die ooie se vleis is meer smaaklik. Ek het ook al droër daarvan gemaak maar die droewors was nie baie suksesvol nie. Ek het op 2 geleenthede my standaard wilsvleis resep gebruik en dit het beide kere so vetteeige laag in my verhemelte gekos. Weet nie of ander manne al sulke ervarings gehad het nie maar ek sny dit maak soos pot vleis dan weet ek darm dit gaan lekker wees.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Rem 700 300 WSM
Ruger 6.5 Creedmoor
Ruger 416 Rigby
Sauer 202 243 Win
Sauer 202 6.5x55
Sauer 202 6.5x57
Sauer 202 308 Win
Sauer 202 7mm Rem Mag
Sauer 202 300 Win Mag
Sauer 202 8x57
Sauer 202 9.3x62
Sauer 202 375 H&H
Truvelo 338 Lapua Big 5
Taurus 9mm
Ruger 6.5 Creedmoor
Ruger 416 Rigby
Sauer 202 243 Win
Sauer 202 6.5x55
Sauer 202 6.5x57
Sauer 202 308 Win
Sauer 202 7mm Rem Mag
Sauer 202 300 Win Mag
Sauer 202 8x57
Sauer 202 9.3x62
Sauer 202 375 H&H
Truvelo 338 Lapua Big 5
Taurus 9mm
- Pumarais
- Full Member

- Posts: 223
- Joined: Sun Mar 26, 2017 8:50 pm
Re: Vaal ribbok
Ja hys die drear van die botvlieg. Hy maak amper soos ñ papie onder die vel en dis maar ñ vieslike besigheid as jy hom afslag. Ek gaan nie veel daaroor uitbrei nie. Ek het maar ñ swak maag en wil nog ñ ou vleisie braai vanaand!
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vaal ribbok
Ek het maar daai ribbok geruil vir dié twee. Na die larwe goed hierbo, was ek bietjie grillerig.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vaal ribbok
Ek het hom gekry. 9.25 duim.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Vaal ribbok
Jy sal tronk toe as jy nie muur toe gaan met daai horings
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vaal ribbok
Ek gaan definitief oom. Ongelukkig net 'n skull mount. Die werker wat saam my was het die keel so vinnig afgesny daar was nie eers kan vir dink nie.
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1868
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Vaal ribbok
Jou Taxidermist kan vir jou n Cape kry dan maak jy dit nog steets n Shoulder MountBenJacobs wrote:Ek gaan definitief oom. Ongelukkig net 'n skull mount. Die werker wat saam my was het die keel so vinnig afgesny daar was nie eers kan vir dink nie.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
-
BenJacobs
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm
Re: Vaal ribbok
Hoe werk dit dan oom? Vat hulle my horings en 'n ander vel? Die bok het baie merke op hom, sy ore is stukkend en vol snye, baie mooi karakter. Die kop is nou heel af, so ek sou graag hom wou shoulder mount, maar ek dink ek gaan 'n skull stand maak. Het iemand al een gesien of het dalk 'n foto?Rudi Fischer wrote: Wed Dec 25, 2019 10:21 amJou Taxidermist kan vir jou n Cape kry dan maak jy dit nog steets n Shoulder MountBenJacobs wrote:Ek gaan definitief oom. Ongelukkig net 'n skull mount. Die werker wat saam my was het die keel so vinnig afgesny daar was nie eers kan vir dink nie.