Nuwe boog advies

Post Reply
User avatar
Stephandt
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Wed Jan 06, 2016 12:39 pm

Nuwe boog advies

Post by Stephandt »

Hallo manne,

Ek soek so bietjie advies. Ek het op 'n kol so 10 jaar terug lekker boog geskiet met hoyt. Maar ek is heeltemal uit die game uit. Ek wil graag weer in die game kom maar ek het geen idee wat 'n goeie waarde vir geld boog is nie. Wat beveel julle aan tussen die make deesdae. Ek kyk maar net vir jag doeleindes en lekker teiken skiet wat to tussen 60 en 80 pond trek. Enige voorstelle?
Groete, Stephan
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Nuwe boog advies

Post by jdpretorius »

Hier op die forum is 'n lekker Bowtech Destroye.....al die nuwe boe is nice ja, maar duur om aan die gang te kry na al die goeterkies. Ek weet nie of die nuwe boe soveel meer kan doen nie ? 'n Pel van my het gese' "hoe ver wil jy deur die bok skiet ?" So, jy kan seker nie vout maak met enige van die groot name nie
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 888
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Nuwe boog advies

Post by Ranger »

I agree with JDP above, buy used (unless money is no object). New top of the range Bowtechs for over R20k I hear...

I've just recently bought a used Bowtech Boss. Decided on that one because you don't have to worry about module changed for draw length adjustments so should be easier to sell again as it's not limited to just one DL.
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by henried »

In die 2020 boë hou ek van die Elite Kure.
Mathews triax is ouer, maar hy skiet baie lekker.
Ek self skiet 'n Mathews Z7, 2011 model, tweede hands gehoop vir R5000, ek kan hom weer vir daai prys verkoop.

Die nuwe boë kos meer as 'n geweer setup, tweede hands kan jy baie goeie boë koop.
Geno se boog wat hy wil verkoop is ook 'n yster: viewtopic.php?f=19&t=76332&p=803709&hil ... ch#p803709
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Nuwe boog advies

Post by Thunderhead »

Nuwe boog is hopeloos te duur. In my opinie het hulle in die laaste paar jaar nie gevorder nie. Ek skiet nog n 2012 Bowtech insanity 80lb omdat daar niks is wat hom klop nie. Soos bo gese het kyk na n goeie tweedehandse boog met kit. Bowtech, Mathews en Hoyt is wat ek sal na kyk.
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by Blink Stefaans »

Ek weet so bietjie van boogskiet en kan darm n ietsie se hier. Ek het gejag en kompetisies geskiet. Het my provinsiale en nasionale kleure verwef.
Een ding wat jy moet besef is dat n teiken en n jagboog twee verskillende dinge is.

Teiken boë
gewoonlik baie langer (axle to axle) en is dus baie meer stabiel.
Groter brace height ( distansie van die snaar op rus tot die "grip") meer "forgiveness"
Trek gewig is gewoonlik hier by 60#, n paar kan in 70# ook gekry word.
Spoed teenoor jagboë met dieselfde trek gewig is laer.

Jag boë.
Korter om meer maneuverable te wees dus bietjie minder stabiel
Ponde is hoër en spoed ook.
Nie so akuraat soos teikenboë weens die korter braceheight. Bygese ek het al n baan rekord gebreek met n 80# boog met n 6" brace height.
Spoed is hoër en kan dus swaarder pyle vinniger gooi

In kort. Kies waarvoor jy die boog wil gebruik. Jag of teiken.
Jy kan met enige boog jag en teiken skiet, maar daar is nadele olvan albei in beide sporte.

As jy wil jag en net so bietjie teiken skiet dan moet jy n jag boog kry met n korter A2A.

Geno het n Bowtech Destroyer 350 hier in die advertensie seksie. Ek het met so een gejag. Hy is stil, blitsig vinnig en jy kan sodoende die ponde bietjie afdraai en nog steeds baie goeie spoed verkry en gemaklikker skiet. Die cam sisteem is fantasties. Jy kan trek lengte verstel sonder om die boog in n press te sit. Die overdrive Binary cams laat jou toe om die boog volgens JOU skiet styl te verstel eerder as wat jy moet verander van wat gemaklik is om by die boog aan te pas.

Sterkte met jou besluit.
As jy baie oefen kan jy kompetisies wen met n jag boog
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
egenis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am

Re: Nuwe boog advies

Post by egenis »

Ek het vir jou PSE Full Throttle 70# as jy sou belangstel. Skree maar as jy meer info soek.

Ding lê in my kas - ek en hy het nie gegel nie - verkies my DNA. Maar hy is baie goed vir jag, vrek vinnig maar dis boog wat jy maar moet gewoond raak.
User avatar
Stephandt
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Wed Jan 06, 2016 12:39 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by Stephandt »

Baie dankie vir die advies julle. Ek moet saamstem, ek dink nie ek sal kyk na 'n nuwe boog nie. Die goed het vrek duur geraak, lyk my as ek nuut koop en al die goedies bysit gaan ek maklik by 25K uitkom. Waardeer die insette weereens :-)
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by sPRINGHAAS »

Ek dink eerlik R25k gaan jou nie so ver bring soos jy dink as jy top of the line boog en bybehore nuut gaan koop nie. Tweedehandse boë is verseker beter waarde vir geld. Maar daar is ook iets daaraan om te weet jy het n boog van nuuts af. Die komponente hoef dan nie nuut te wees nie.

Die stelling dat daar nie groot verbeteringe op boë was in die laaste paar jaar nie wil ek mee stry. Ek gaan Mathews as voorbeeld gebruik.. Ek het baie lank met my Z7 geskiet en vir baie jare gevoel die nuwer modelle bied my niks meer nie. Maar van die Triax se tyd af het Mathews groot stappe in die regte rigting geneem. Die Triax, Vertix, Traverse en nou die VXR is in baie opsigte beter. Die korter axle to axle boë raak al meer stabiel en kan gebruik word vir kompetisies ook (hang ook af watse kompetisies ons van praat). En met Mathews se nuwe sisteem waar jy ponde kan verander deur net n module te verander kan jy tussen kompetisie en jag met dit ook speel. Dit hou die voordeel in dat jy met een platform skiet en alle ander dinge soos jou snaar hoeke ens bly dieselfde. Jy word in effek n "one bow man" meer baie opsies.

Maar aan die ander kant is daar niks fout met die ouer hoë nie. Die Z7 en Monster MR reeks sal altyd n gunsteling bly. En hulle maak die bokke nog net so dood soos altyd!

Jy is welkom om te laat weet wat jou begroting is dan sal ek help soek na iets wat sal werk vir jou doel.
User avatar
Stephandt
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Wed Jan 06, 2016 12:39 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by Stephandt »

Dankie Sprinhaas, waardeer!
Ek wil toe net se ek het die naweek by 'n vriend van my gekuier in Vanderbijlpark en toe een van sy vriende wat ook 'n jaracal man is toevallig ontmoet en 'n lekker hoyt alphaburner by hom gekoop teen 'n bakgat prys wat omtrent nog nie bebruik is nie en ek is baie in my noppies met hom. Sal 'n foto opsit as ek kan. Dankie Albert jou yster.
Groete,
Stephan
User avatar
Stephandt
Newbie
Newbie
Posts: 11
Joined: Wed Jan 06, 2016 12:39 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by Stephandt »

Boog.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by sPRINGHAAS »

Nee maar baie geluk! Daai alphaburner het baie met my gepraat toe ek net in die boog ding wou inkom. Geniet hom!!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13520
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by Capt. Yoda »

Ek het self n lus aan my vir n boog maar dink die jaar wil ek eers bq met my revolwer iets probeer jag
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2343
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Nuwe boog advies

Post by henried »

Capt. Oblivious wrote: Tue Mar 17, 2020 4:59 pm Ek het self n lus aan my vir n boog maar dink die jaar wil ek eers bq met my revolwer iets probeer jag
Ek dink weer 'n rewolwer om mee te jag is my volgende koop... :laugh: :laugh: :laugh:
Boog is harde werk... :o
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Post Reply