Ek het in Augustus 'n toets gedoen op die "auto dispensers" wat ons hier kry. Die idee was om objektief te kan sien hoe weeg hulle teen mekaar op, op 'n praktiese vlak met die hoop dat die gene wat in die mark is vir 'n skaal kan sien waarop hy uitmis indien hy besluit om klein bietjie meer of minder te betaal.
Al die skale is onder dieselfde toestande getoets en met 'n Peregrine skaal as kontrole gebruik. Ek was redelik verbaas om te sien hoe goed Peregrine teenoor die FX120 gemeet het.
Ek het aan geen van die skale gepeuter nie, en het alle settings gelos soos die skaal van sy ma af kom. Ek is bewus van die strooitjie truuk - hier was als standaard.
Ja, die toets is nie perfek nie en daar is seker mense wat beter werk kan doen as ek, maar hierdie is nou op die tafel en ek hoop dat dit iemand kan help beter besluite neem of geld spaar.





Sent from my SM-N970F using Tapatalk



