Botswana Jag

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Botswana Jag

Post by Evert »

So Ja Ek was in Botswana van Laas week donderdag af tot nou.
Die 9.3 x 62 het weer sy werk gedoen en al die wild op die plek gedrop.
Die veld is maar droog en het baie gesukel om te loop met die mopanie blare wat geval het. Die wind het ok heeltyd gedwarel.
Die Area waar ons gejag het.
[img width=560 height=420]http://i559.photobucket.com/albums/ss38 ... 043341.jpg[/img]
n Mooi 23 dium Rooibok ram wat my pel geskiet het.
[img width=560 height=420]http://i559.photobucket.com/albums/ss38 ... 043231.jpg[/img]
N Blouwildebees wat my pel geskiet het. Ek het weer gesien die naweek die goed is taai.
Die eerste skoot het my pel hom bietjie hoog deur die longe geskiet en net daar geval. Ons almal staan toe naby en daar staan die bul op en storm die gidse. Weer n skoot van agter af deur die blad en voor uit. Maar die bul hardloop nogsteeds en na 3km eers hom tot n einde gebring. Hys nie verniet "poor mans Buffalo" nie
[img width=560 height=420]http://i559.photobucket.com/albums/ss38 ... 043431.jpg[/img]
Na Baie gesoek en baie geloop het ons hierdie ou kudu bul gekry. Hy was baie maer en iemand het laasjaar n deel van sy horing af geskiet. Die horing wat reg was is 49"
[img width=560 height=420]http://i559.photobucket.com/albums/ss38 ... 043551.jpg[/img]
Ok laat Maandag Midag het ons hierdie mooi Waterbok gesien saam koeie wei. Maar elke keer het hy ons geryk of gesien as ons hom bekryp seker na die 4 de keer het ek n skoot gekry.
n Baie Mooi 31" Waterbok, let op die ander horing wat skeef is, seker vroeer in sy leeftyd hom gebreek en net so aan gegroei. Dis 1 baie spesiale trofee vir my
[img width=560 height=420]http://i559.photobucket.com/albums/ss38 ... 043661.jpg[/img]
Maar uit en uit was dit baie lekker jag gewees hard gewerk om al die bokke te kry
Last edited by Evert on Wed Aug 10, 2011 9:19 am, edited 1 time in total.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Botswana Jag

Post by PITSMIT »

e bird

dis baie mooi fotos daai.  dis altyd mooi as die manne moeite doen met die fotos.

dis ook mooi bokke wat gejag is .  baie geluk aan die jagters
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
300Winmag

Re: Botswana Jag

Post by 300Winmag »

Baie mooi bokke daai!! Dit lyk sommer na 'n lekker lappie grond om met die geweer rond te loop. En so raak die kantoor sommer
weer klein. :'(
herley

Re: Botswana Jag

Post by herley »

E-Bird
Dis regtig mooi fotos en mooi bokke, n rooibok ram is volgende jaar op my lys
SmitH
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 453
Joined: Tue Feb 16, 2010 11:36 am

Re: Botswana Jag

Post by SmitH »

Vergeet die mooi bokke kyk na daai roer
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Botswana Jag

Post by Lourens »

Baie mooi bokke en baie mooi roer!! Baie geluk!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Botswana Jag

Post by Evert »

Baie Dankie Almal.
Dit is n groot vooreg van bo om sulke wild te jag.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Botswana Jag

Post by .::Alwyn-U::. »

E-Bird

Met watse grein het jy geskiet?

Groete
Alwyn
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Botswana Jag

Post by Wouter Roets »

E-Bird

Pragtig man! Dit lyk of dit n great trippie was. Waar in die buurstaat het julle geskiet?

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Thu Aug 11, 2011 8:22 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Botswana Jag

Post by Evert »

@Alwyn- Ek skiet met 286gr Highland patrone

@Wouter- Baie Dankie ons jag net oorkant die grenss in die Tuli Block so 60km Noord-oos van Groblersbrug
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Botswana Jag

Post by Wouter Roets »

E-Bird

Het so gelyk toe ek die veld sien. Pragtige gebied.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Botswana Jag

Post by .::Alwyn-U::. »

E-Bird en Wouter

Julle manne ken mos die buurstaat,  Is die wild goedkoper daar? En wat van verblyf?

Dit lyk na 'n baie lekker trip, sal eendag so iets wil aanpak.

Groete
Alwyn
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7547
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Botswana Jag

Post by Wouter Roets »

Hallo Alwyn

Oor die algemeen ja. Gewoonlik so n derde goedkoper as hier in SA maar dit hang ook maar af op wie se plaas jy is. Selfde met die verblyf. Maar een feit is verseker elke jagter wat sy sout werd is moet nog so trip aanpak! Dit is net ongelooflik om n week te jag en nooit n draad of teken behalwe vir die paaie van n mens te sien nie. Min sulke plekke oor.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Botswana Jag

Post by Evert »

Soos Wouter se dis goedkoper daai kant, dis nie bietjie moeite met die grenspos en die permitte ens maar uit en uit die moeite werd. Meeste van die plase in Btswana is maar min of meer die sele. Ek weet van van plase van 80000ha waarop mens kan jag.Die dagfooie is maar die sele as hier maar daar is nie snaaksighede soos, vuurmaak hout kostes, afslag kostes en daai goed nie. Waar in die bosveld skiet mens n Kudu bul vir R2500, Eland Bul vir R6000, Rooibok Rame vir R600 jy kry dit net nie.
Ek het die naweek met die boer gepraat waar ons jag daar is nie n mark vir rooibokke wat gevang word nie dis hoekom hy laat jag. Waar het jy gesien met 1 wild telling is daar 2154 rooibokke getel?

Nog n rede hoekom ek daar jag dis nog wild, jy hoor die gevlekte hyenas in die aand en so nou dan kom daar nog leeus deur die plaas, Luiperd wat n rooibok ooi vang 100m van die kamp af. In die aande pasop want die seekoeie gebruik die hoof pad om te gaan wei. Dis nie on gewone goed daar nie. Ek het die naweek 23km ver gestap sonder om n draad te sien. Dis nie ongewoon om 180km per dag te ry nie. Ek dink dis nog hoe jag moet wees.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Botswana Jag

Post by BLOK »

E-Bird

Lyk of julle dit baie geniet het, Ek self het al heelwat in Botswana gejag, maar meer in die Kalahari en so paar keer in die noorde, soos jy se die mense en die jag self daar is net n ander kultuur en ervaring, dis asof dit alles net 1000 keer meer relaxed is as hier. Se net vir my hoe maak julle met die vleis, het julle permitte gekry om dit terug te bring of sommer een van die ander maniere 8) :police:

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Botswana Jag

Post by Evert »

@Blok- Ek wil nog baie graag daar in die Kalahari gaan jag ek dink dis n belewenis en jy kry nog mooi wild.Waar het jy in die noorde gaan jag?
Nee wat mens kry jou permit by Dept Landbou in PTA dan kan jy 250kg vleis, 100kg biltong en droewors terug bring en as jy n uitnodiging het kan jy 500kg terug bring. n Botswana Veearts kyk net na die vleis en teken dit dan af.So ek dink dis meer as genoeg. Ek het nog nooit probleme gekry op die grens nie en verklaar maar altyd die vleis.
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Botswana Jag

Post by .::Alwyn-U::. »

E-Bird & Wouter

Jislaaik julle maak n man jaloers!! Ek sal beslis die ou man by die huis moet inpraat om so iets te doen voor hy te oud raak!

Dankie vir die woorde, ek is nou baie lus vir so iets!!

Groete
Alwyn
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Botswana Jag

Post by BLOK »

E-B

Ek het voorheen al verskeie kere noord van Moremi en wes van Chobe gejag, en een keer Tussen Chobe en Ntxai pan en Zebra een slag so 300km suid van Kasane.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Botswana Jag

Post by spekieries »

E-Bird

Die verbod op jag in Botswana, raak dit net die regering beheerde konsessie areas of gaan dit 'n invloed op privaat plase ook h??

Mooi gegooi hoor, dit klink hemels.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Botswana Jag

Post by Evert »

@Spekieries

Die verbod op jag in Botswana is net van toepasing op die konsesies maar glad nie op privaat plase nie.

Maar daar gaan eers n groter ondersoek geloots word in die verbod op jag, want net sekere dele is "gesurvey", wat ek gehoor het gaan daar net minder of niks kwotas vir sekere spesies uitgedeel word en op ander spesie (Olifante) gaan daar heelwat meer kwotas uit gegee word
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: Botswana Jag

Post by BLOUVALKIE »

hallo oom E-bird

mooi bokke daai. ek het nog nooit so 'n kudu gesien nie!!!

mooi geskiet

groete
BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Botswana Jag

Post by Evert »

Ek het n paar jagters die naweek Botswana toe gevat hier is n mooi ram wat 1 geskiet het.
Hoeveel dink julle meet hy?
[img width=560 height=420]http://i559.photobucket.com/albums/ss38 ... 025981.jpg[/img]
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Botswana Jag

Post by Geno »

Evert,
Mooi ram daai!
26"?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Botswana Jag

Post by JPS »

Ek het nou al 'n paar roland impala's geskiet(almal terwyl ek biltong jag) maar ek moet bieg daai rooibok is vir my persoonlik uitsonderlik mooi en sal defnitief meer vir so trofee bataal as ek moes.

Groete
JP
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: Botswana Jag

Post by Evert »

Hi Geno

Ek het die naweek gemeet daai ram was maar 24" hy draai nie so diep agter toe nie.
Hier is nog +- 24" Ram.
[img width=560 height=420]http://i559.photobucket.com/albums/ss38 ... 014551.jpg[/img]
Hunting: Isn't just something I do it's part of who I am.
300H&H Zastava
9.3x62 Mannlicher Schoenauer
Post Reply