By baie van die plase waar ek al gejag het, is die fokus op boerdery, met wild/jag meer van 'n sideline. By Mega is wild en jag al waar oor dit gaan! PJ en sy span doen baie moeite om seker te maak dat die jagters 'n goeie ervaring het.
Jag was hoofsaaklik voorsit gewees. Eerste dag het ons elkeen 'n goue wildebees, swartwildebees en RW springbok ram gehad om te jag as deel van die pakket. Een van die manne het sy eerste blouwildebees ook geskiet.
Tweede dag na 'n ander kamp vir blesbokke. In daardie kamp was ook 'n sable wat PJ graag wou laat skiet teen bietjie afslag oor sy horings nie wyd genoeg was nie.
Laaste dag was voorsit by 'n plaas van Oom Pieter du Toit buitekant Britstown. Hy het lanklaas hier laat jag, so heelwat ramme gehad wat moes afkom.









Tussen deur al die jag was daar darem tyd vir kuier langs die vuur ook.

Die "entertainment" area met pool tafel, darts en 'n regte "arcade" speletjie waar jy jag het ons tot laat besig gehou.

Soos die pienk gewaad kan getuig, het ons hier en daar 'n flater ook ondergaan!
As iemand lus is vir 'n lekker jag waar jy bederf word met mooi bokke, lekker kos en fantastiese geriewe, sal ek enige tyd MegaSpringbok aanbeveel.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk


