Goeiemôre Wouter,Wouter Roets wrote: Wed Jun 08, 2022 12:44 pmHallo JaapDs J wrote: Wed May 18, 2022 10:10 pm Soos ek van die ervare manne verstaan het: jy kan dieselfde koeël teen dieselfde spoed met laer druk skiet, of dieselfde koeël teen hoër spoed en hoër druk.
Feit van die saak is dat n mens slegs op enkele kalibers (bv die 243) n noemenswaardige verbetering kry, en dan veral met heelwat ligter koeëls.
In terme van die doppies is dit blykbaar n handige wins omdat hulle maklike werk en minder probleme veroorsaak. Vir die 243 sal ek dit oorweeg, maar nie vir die 30-06 nie.
Mag ek vra waar jy al hierdie informasie oor Ackley's gekry het? Verder hoekom beveel jy nie aan om die 30-06 te Ackley nie?
Groetnis
Wouter
Skuus vir die laat antwoord. So tussendeur moet ek werk ook
Ek het my kennis soos volg ingewin:
Dit het ek hier op die forum gelees.jy kan dieselfde koeël teen dieselfde spoed met laer druk skiet, of dieselfde koeël teen hoër spoed en hoër druk.
Hierdie het ek van n forum in die VSA, waar die skrywer volgens sy eie opgawe die saak prakties ondersoek het. As ek reg onthou het hy ook die data gegee om sy stelling te staaf. Hy het daar genoem dat die meeste kalibers 5-8% verbetering in spoed toon (ek is dalk met enkele persente uit, maar nie veel nie), en het verder gesê dat dit makliker is om n nuwe geweer in n vinniger kaliber te koop as om al die moeite te doen om n kamer te laat sny. Hierdie laaste argument geld uiteraard vir die VSA, en nie by ons nie.Feit van die saak is dat n mens slegs op enkele kalibers (bv die 243) n noemenswaardige verbetering kry, en dan veral met heelwat ligter koeëls.
- - - - - - - - - - -
Hier het jy n baie groot punt beet, en dit sal ek heelhartig ondersteun. Onthou asb dat ek oor die algemeen die gemiddelde biltongjagter en geweereienaar in gedagte hou. Vir die meeste mense is dit nie die moeite werd om n bakkie te chip, n geweer te Ackley, of n verbeterde visier op n handwapen te sit nie. Dit verg oor die algemeen kundigheid en ervaring om werklik die verskil te waardeer. Die geld wat dit kos om die verbeterings te doen kan waarskynlik sinvoller aangewend word as die skut ammunisie koop of laai, en n bietjie meer daarmee gaan oefen.Nou hierdie het alles te doen oor spoed, maar soos ek al hoeveel keer gese het Ackley gaan nie net oor spoed nie maar veel eerder oor die ander voordele. Dit was tog deels die ontstaan van die draad waar n man sukkel met doughnuts.
Sodra n skut meer ervaring het en ernstig is oor die skietsport sal ek graag die voorstel ondersteun om n geweer te Ackley. Ek het egter al te veel keer in die lewe gesien en beleef dat mense onnodig geld uitgee op sake wat op die ou end net die ego streel, en nie werklik n noemenswaardige verskil maak nie.

