`n Koue jaghemel
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1995
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
`n Koue jaghemel
Voor verlede week is ek en Skillie Dinsdagoggend net voor 5am weg uit Pots vir ons jaarlikse jagtrip. 8:10 is ons by Benna en Swys in Bloem en haak die tweede double cab. Bloem se grys wolke en ysige wind berei ons so efens voor vir dit wat vir ons voorlê.
12:00 kry ons gou-gou jagpermitte en ys op Koolberg dan die laaste paar kilometer tot op Noupoort waar ons links draai berge toe. Vanjaar is ons lekker vroeg op die plaas. Afgepak, vuurtjie vir `n paar warmbrakke en laatmiddag skietbaan toe met die wind wat ons so halwe kans gee vir roere kyk.
Volgens die SA weerdiens sal dit `n fout wees om aangename weerstoestande te verwag. Woensdagoggend oppad berge toe vir kudus het die Triton se termometer nie bo 2`C beweeg nie. Dan praat ek nie eers van die aanvoelbare temperatuur agterop `n bakkie nie.
Skillie en Swys is in `n heel ander rigting as ek en Benna in `n poging om soveel moontlik van die area deur te stap vir grooootbokke met draaihorings.
Die laaste paar kilometer is ek en Benna agterop die 4x4 dieper die berge in. Met Spike wat sukkel om sy strale deur die grys wolke te kry ons `n pragprentjie bo-op die berg en ook die rede vir die koue en klamheid onder ons voete. Ja, dis wit om ons!! Dit is prentjie mooi!!
Ongelukkig is ons met die wind van agter afgelaai en sukkel ons byna heeldag om enige iets raak te sien. Ek het wel `n trop bo`jane verras.
Kloof na kloof word gefynkam sonder sukses. Elke paar minute duik ons ook vir skuiling met `n verdwaalde perswolk wat wit vlokkies uitstrooi asof ek met `n bruid by die kerk uitstap.
Namiddag stap ek in die rigting van die Skillie en Swys. Benna is terug om sy Triton by die hoofopstal te kry. Ek dink hy is dankbaar vir die hitte in `n voertuig...
Ek hoor op die radios dat die ander twee manne elkeen vroegoggend `n ribbok gekry het. Intussen het die twee makkers ook `n klompie kudus opgejaag, waaronder `n massiewe swart bul wat ons vantevore al gewaar het. Kloof na kloof verras hulle die grootbokke wat dan verder beweeg na die volgende skuilplek.
Laaaaatmiddag laat weet Skillie dat `n trop kudus in my rigting beweeg. Ongelukkig het ongeduld die oorhand gekry en is ek nie naby die plek waar ek vroeër was nie. Fool wat ek is!!
Vanuit my gemaklike sitplek in die son en uit die wind word ek geruk deur `n 30-06 wat sy stem dik maak. Dis Swys. Hy is suksesvol met `n kudubul wat plat is. Die cruiser kon gelukkig tot by die bul wat nie te hoog in die rant lê nie. Swys het nie woorde nie, maar dit is duidelik dat hy en Skillie flou gejag is. Twee manne wat deur `n pakkie cramp ease is en geen van hulle het meer `n heel broek aan nie beteken hulle het geJAG!!
Donderdagoggend is ons agter blesbokke aan. Daar moet 10 afgehaal word. Probleem is om hulle op te spoor... Skaars my sit gekry op `n rant met Skillie se 30-06 wat `n jongram omdop. Dit was die laaste wat ons van die blesbokke gesien het vir die oggend. Ons het hulle `n paar uur later in `n heel ander gekamp `n paar kilometer verder saam met hartebeeste, springbokke en takbokke gewaar.
Ek en Skillie beweeg omtrent so 500m uitmekaar met die hoop dat van die bokke in ons rigting beweeg. Benna en Swys bekruip en dien hopelik as aanjaers. Benna het `n skoor op `n hartebeesbul, maar dit is mis.
Na meer as `n uur gewaar ek die groot trop hartebeeste aankom. Hulle is nog vêr maar beweeg in die regte rigting. Die beeste se eerste stop is reg voor Skillie. Skaars 80m sak `n ou bul in sy spore met `n 3006 wat die slaanwerk doen.
HUlle het geen idee waar die geraas van kom nie en beweeg teen dieselfde tempo in my rigting. Heel agter in die trop is `n agteros wat ek van vêr af identifiseer en vir Skillie sê om haar ook te verlos. Sy het nie `n kalf by haar nie en haar heup en ribbebene duidelik sigbaar. I.p.v. rooibruin is sy ook amper al wit van ouderdom.
Die voorste lot hartebeeste roep halt reg voor my. Die Leica sê dit is 240m. Die Leupold word `n paar clicks opgestel en die rooi dit kry lêplek langs die bul se kop met die dwarswind wat ek teen my wang voel. Lelik, my 243, spoeg `n 88gr Berger en die hartebeesbul is uit sy vellies.
Ek tas rond na die Leica om na die ouma te soek wat ek vroeë gewaar het. Versigtig gaan ek elke bok deur. Ek moet wikkel aangesien hulle baie onrustig is en stadig wegbeweeg. Ah-hah. Soos voorheen is sy agter in die trop. Sy is verder as die bul. Ek vra weer die Leica se hulp en stel die Leupold daarvolgens. Lelik laat loop en ouma is plat. Sy staan weer op maar sukkel baie en is nie instaat om saam met die res te hardloop nie. Sy gaan lê in die lang gras met net haar lang kop sigbaar. Ek herlaai vinnig en gee haar nog `n skoot sodat sy nie ly nie.
Intussen het vier takbokke ook oor die vlakte beweeg met die oorlog naby hulle lêplek. Swys wou ook baie graag `n takbokram met mooi horings vir sy braaiplek plattrek. Met die hartebeeste gebloei en pense uit kry Benna en Swys kans om te rus. Met `n wye draai en stywe klim probeer Skillie en ek die blesbokke na die ander twee druk. Bo-op `n kop verras ons die takbokke van vroeër. Gelukkig beweeg hulle reguit na Swys. Ons radio die ander twee manne dat hulle gereed kan maak. Ook die blesbokke beweeg met moeite na die ander twee manne wat sit en wag. Ek sê met moeite, want intussen het takbokke by Swys gearriveer. Vier skote later en sy takbokram is ook plat.
Die moeite het gekom om bokke sovêr te kry om in die rigting van die geraas te beweeg. Daar trek hulle met `n uitskop hartebeesbul tussen die blesbokke wat voor vat. Benna kry homself gereed. Minute later brul `n 30-06...nog `n skoot volg. Die uitskop bul is plat. Benna se eerste skoot het nie getref soos beplan nie. Skoot nommer twee is net onder die oor in. Net voor donker is vier hartebeeste en `n takbok gelaai.
Dag drie, Vrydag, het die son weer sy verskyning gemaak met die wind wat heeltemal laf is. Springbokke toe. Die troppie springbokke van net meer as dertig is nie lus vir staan vandag nie. Altans nie voor enige voorsitplek nie. Benna bly in die cruiser en kon `n gewone ram plat maak. Die res van die oggend verloop sonder sukses.
Swys en Benna is na `n ander deel van die plaas agter springbokramme aan...rustig/stadig/kalm/stilstaan is nie deel van hulle woordeskat nie...
Vroeër die oggend terwyl die ander manne springbokke voorgesit het, het ek twee blouwildebeeste op `n plato meer as `n kilometer van my af gewaar. Met die nodig toestemming is Skillie en ek agter die twee lone rangers aan. Weereens moet ons `n stewge bult klim, skerp regs swenk om die wind in ons guns te kry. Bo-op `n plato met baie skuilplek vir mens en diet tussen klipstapels en besembosse kry ons `n gemaklike sitplek. Die twee jongbulle moet hier êrens wees. Dan gewaar ek twee horingspunte in die gras. Die van `n blouwildebees. Die ander bees is nie sigbaar nie. Ons verander ons sitplek en hoek in `n poging om die ander bees ook te sien. Beide van hulle lê rustig uit die wind en herkou. Skillie besluit om my alleen te los.
Ek beweeg in trurat en verander die hoek waarteen ek bekruip. Met moeite en geduld kom ek tot by die laaste bos voor die beeste. Hulle is maksimum 60m weg. Die kleiner bul van die twee het in sy broeksak rondgekrap opsoek na sy selfoon. Hy verseker `n boodskap van `n familielid gekry dat ek agter die bos wag vir `n skoot. Vir maklik `n uur stuur ons na mekaar. Die son trek water...
Ek het staaaaadig vanuit die groot besembos op my sitvlak geskuif na my regterkant waar ek `n groot miershoop as rus kon gebruik. Die jongbul het deur sy neus geblaas met sy chom wat opvlieg en in `n heel ander rigtig soek na die gevaar. Lucky Luke het dit selfs gewaag om nader aan my te stap. Ek skuif steeds en hoop op `n skoot. Amper op my plek. Ek raai die afstand op 40m. Safety af...
Met twee sterte wat swaai asof die beeste hulleself aanjaag laat waai hulle. Op 210m gaan staan Lucky Luke my sy frisser chom wat sy voorbeeld volg. Die wind is sterk dink ek. Vinnig stel ek die HD5 tot 200m en hou laaaaaaaaag op die blad.
Al wat ek vir Sven (my 7mm-08) fluister is: `As die wind druk, druk net terug. Daars nie vandag tyd vir kwes met jou eerste bloue nie`. Beide van ons het bestes gegee, maar ons call met die wind is nie 100% nie. Die skoot klap mooi en die bees vorder nie vêr nie. Net `n halfdosyn treë na regs dan gaan lê hy.
Sven knipoog met baie selfvertroue en vra my nogal hoe hy gevaar het? Ek gee hom `n tumbs-up en fokus weer op die bees wat lê. Lucky Luke het intussen besluit hy gaan nie sy chom los nie. Ek stap nader met Skillie so 50m bo my wat volg. Soos minute vroeër laat waai beide beeste weer. Dit is net Luke wat vordering maak. Sy chom wat `n 150gr BT gesluk het vorder skaars 30m. Hy staan `quatering away` en sien vir Luke tussen die bosse verdwyn. Ek sê vir Sven om vinnig stil te lê en weer te spoeg...net agter die blad. Die wind is reg van voor! Die BT glip agter die bladbeen in en die bees plat. Die selfvertroue van vroeër het verander in respek en in paar druppels aan Sven se kant. Ek het eerder nie gevra van waar die nattigheid af kom nie...
Die springbokjagters daag sonder sukses by ons op. My bees is gelaai met moeite en baie dongas. Eers na donker by die slagplek gestop. Daarna het ons jagters en eienaarpel die bokke en goeie tyd in die veld gevier met ietsie koud....gevolg met `n vleisie.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1995
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: `n Koue jaghemel
Nog...

Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: `n Koue jaghemel
Mooi geskrywe my maat. Lekker gelees, mooi geskiet.
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: `n Koue jaghemel
Jaaaaa....lyk sommer na n lekker jagtrip.
Geluk
Cheers
Geluk
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: `n Koue jaghemel
Mooi vertel!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: `n Koue jaghemel
Jyt 'n gawe om iets neer te pen!! Lekker vertel , hard gejag , suksesvolle wegbreek vir 'n klomp lekker vriende!!
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2335
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: `n Koue jaghemel
Die veld lyk mooi en die diere vet.
Daai klas kudus het ek nog net in fotos gesien!
DD

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5026
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: `n Koue jaghemel
Mooi gegooi in die koue.
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 486
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: `n Koue jaghemel
Baie netjies Mellies! Lyk soos 'n lekker jag en bly daai 7mm08 (Sven) wat jy genoem het is in die kluis, kon die veld sien en so mooi presteer!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13618
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: `n Koue jaghemel
Jy stuur my 20 fotos van n berg en bere die bok fotos, mooi skote daai en n baie mooi Koedoe
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2958
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: `n Koue jaghemel
Lekkerrr bibberrr…
Netjies en baie geluk, wonderlike ervaring.
Beste.
ns. Net gesukkel om die Oblivious bere raak te sien op die foto’s, net om te besef dit is bêre! Uiterste koue en bere loop mos saam.

Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 