Knaldempers op 'n buffeljag????????
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Knaldempers op 'n buffeljag????????
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6968
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Knaldempers op 'n buffeljag????????
Als goed en wel tot iemand ñ horing in die h#l kry....
Buffel is nie ñ sirkus dier nie
Buffel is nie ñ sirkus dier nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Zane de Beer
- Full Member

- Posts: 182
- Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm
Re: Knaldempers op 'n buffeljag????????
Ek moet sê ek was (en is seker nog) 'n groot voorstander dat 'n groot kaliber nie 'n knaldemper moet op hê nie.
MAAR, ek het die laste paar jagte agtergekom dat my ore al hoe seerder raak en langer vat om reg te kom na die .375 afgegaan het (en selfs my vrou se .308).
Ek oorweeg dit sterk om vir my 'n knaldemper aan te skaf vir die 2024 jaar, my ore is vir my nou belangriker as die looks en wat ander dink. Ek het al probeer om met gehoorbeskerming te skiet in die veld, maar ek wil die bos hoor as ek loop... die klank deur die oorfone klink vir my blikkerig.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13509
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Knaldempers op 'n buffeljag????????
Mens kry mooi KDs deesdae. As dit jou help om beter te skiet gooi hom. Manne sit tot MBs op hul groot kalibers
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Knaldempers op 'n buffeljag????????
Balans en hantering is baie belangrik as jy vinnig skote moet skiet. Enige ekstras voor aan die loop befoeter daardie hantering en balans.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1534
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Knaldempers op 'n buffeljag????????
Ek voel ook soos Zane. So paar jaar gelede het iemand met 'n ongedempte 30-06 reg langs my oor, onverwags en ongevraagd, 'n skoot afgetrek. Sedertdien sit ek met tinnitus. Ek dra nou al gehoorapparate om met die tinnitus te help. Jou ore kan nooit herstel nie. Ek ry deesdae met van daardie elektroniese oormowwe saam wanneer ek gaan jag, ander kan maar vir my lag, dit is hulle saak. Ek hoor oor die blikkerige klank vir wanneer jy in die bos loop met dit op. Daar is ander nuwer apparate ook deesdae beskikbaar wat nie so bulky is soos oormowwe nie, maar dit is baie duur. Ek gebruik ook pasgemaakte oorpluisies wat ek vir die motorfiets en kraggereedskap gebruik, ek kan nog redelik goed hoor omdat dit veral sekere frekwensies uitsny, maar vir bekruip van veral gevaarlik wild kan jy nie genoeg hoor nie.
Demping word daarom al meer gebruik, eerder dit as tromprem vir my. Die demping maak ook dat die wild nie so seker is van waar die skoot gekom het nie en dikwels eerder sal stilstaan, wat met gevaarlike wild kan help.
Ek hoor ook Driepoot se opmerking dat met gevaarlike wild balans en hantering belangrik is. Maar ek kan nou maklik praat, my 375H&H verkoop,(ek huil nou nog daaroor) nou is dit net die gedempte 30-06 of 270.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.