Page 5 of 6

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Thu Jan 02, 2014 4:23 pm
by James Wilson
Dimitri, in die skrywes van win270 word daar n onderskeid gemaak tussen jagters en skieters. Langafstandjagters beskou hulself as jagters. Persone wat walk and stalk jag, se aan ons, ons is skieters, en slegs walk en stalk jagters is ware jagters.

Eerstens as ek jag is die etiese doodmaak van n dier die heel eerst en belangrikste reel, dan daarna kom my eie behoeftes eers ter sprake.

Ek mag nie trots wees en gesels oor n ver skoot wat ek geskiet het nie. Want dan "brag" ek. Maar n walk en stalk jagter mag maar brag oor hoe naby aan n bok kan kom, dit is aanvaarbaar? Dit is dubbel standaarde.

Dimitri wrote:" That, I believe, was what Dr Lucas was saying in the article that Win270 posted. That he distinguished between a hunter and a shooter on the basis of what happened leading up to the shot. "

Once again, why do we need to distiguish between two ways of hunting? And then why the need to label the one diccipline in a section, aka shooters,, that is to all concerned a lesser name than hunter??

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Thu Jan 02, 2014 6:22 pm
by Carl
James Wilson wrote: Daar is tans plase wat cater vir langafstand jagters.
James,
Dit is 'n interresante wending. My skoonpa sit huidig met so 4km (80m bree skoon strook) Eskom hoogspanning draad op die plaas. Dit is nie die mooiste ding op aarde nie, maar nou ja as jy niks mens gemaak wil sien nie, moet jy verder ry Kalahari of Karoo toe. Ons het nou verneem Eskom gaan nog 2 lyne neffens die span wat min of meer dieselfde area gaan beslaan. Hy is nou sommer lus om te verkoop, veral in die lig van ander gebeure.

Ek het nou begin dink dat voorsit plekke vir manne wat nie wil loop en bekruip jag (of Boogjag) 'n moontlikheid is. Hierdie is egter ook 'n deel wat ideaal is vir langafstand jag. Daar is dele waar die skootvak 400-800m is, met 'n koppie vir 'n keerwal aan die een kant. Die area word baie deur die wild besoek, wei en natuurlik beweeg.

Ek dink die investering van die boer se kant is minder as bv om 'n skuiling te bou. Die res van die infrastruktuur is baise dieselfde as wat 'n loop jagter benodig. Ek gaan met hom gesels dalk sien hy die lig....daar doer in die verte.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Thu Jan 02, 2014 6:38 pm
by Eugene
Carl, vir 'n vindingryke en oopkop wildsboer, het ek baie tyd! Gelukkig is daar baie daarbuite!

James, om by jou aan te sluit, eenvoudige voorbeeld: Ek drink nie graag Stoney Gemmerbier nie. Ek skryf egter nie elke keer vir die Spar 'n brief of veroordeel en maak dit af as nonsens teenoor elke ou wat dit wel geniet nie. Ek koop die koeldrank wat ek wel geniet en ignoreer die res.

Is dit so moeilik om dieselfde met die verskillende jagsporte te doen? As jy nie hou van voorsit of langafstandjag of boogjag uit 'n hide nie, vermy dit bloot. Daar is tog geen rede om dit as tweederangs te klassifiseer nie.... Dit veroorsaak net onnodige tweespalk tussen jagters wat veronderstel is om saam te staan!

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Thu Jan 02, 2014 8:01 pm
by Cobus(Cobb)
Eugene wrote: Ek drink nie graag Stoney Gemmerbier nie. Ek skryf egter nie elke keer vir die Spar 'n brief of veroordeel en maak dit af as nonsens teenoor elke ou wat dit wel geniet nie. Ek koop die koeldrank wat ek wel geniet en ignoreer die res.
Beste voorbeeld nog....as enige ou nou nog wil karring, moet hy maar bietjie diep in sy eie oë loop kyk in 'n spieël....hy sal die probleme daar vind.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Thu Jan 02, 2014 8:08 pm
by James Wilson
Eugene, goeie voorbeeld.

Ek wil weer net se dat ek dink Dimitri se laaste post is soekend en oop vir n gesonde debat sonder labeling. As iemand dus vrae het en of opinies wil lig, wat OOP is vir bespreking dan is hierdie die plek.

Hierdie topic se naam is long range ethics. Stellings soos:"Walk en stalk is die enigste ware form van jag!", is bloot dit : n stelling/ a statemant. Not open for discussion, thus redundant.

N gesprek gaan egter tog welkom, en produktief wees.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Thu Jan 02, 2014 8:14 pm
by James Wilson
Carl, dit gaan nie veel kos om daardie plek te omskep in dit wat jy be-oog nie. Ek ly af die wil is nie in daardie 80m ingehok nie maar is free roaming. Die ander opsie is om dit beskikbaar te stel as n kamplek met n LR(long range) skietbaan. LR skietbane is baie skaars en deur so n plek uit te verhuur kan dalk net so goed werk. Die manne wat dan daar kamp kan dus hulle gewere en trajekte op verskillende tye van die dag toets. Iets wat nie tans beskikbaar is vir lede van die publiek nie.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Thu Jan 02, 2014 8:31 pm
by Carl
Hallo James
Dis maar net deel van 'n 700Ha plaas, so die wild is "free range" ;). Waterval skietbaan is redelik naby en hy loop darem to 600 dink ek.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Thu Jan 30, 2014 7:57 pm
by henning
Ek wil net dankie s? vir al die manne wat deel geneem het aan hierdie post. Vir my was dit baie interresant en insiggewend.
Ek het ook al baie gedink oor lang afstand jag, maar dit sal wees vir n ander dag.

En dit het op n lekker not geendig.

Groete

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Wed Aug 01, 2018 4:10 pm
by 308Win
Ek het die ook gelees. En het ook maar my idees. Etiek is dikwels 'n moeilike ding. Dit lyk my dis iets wat ons altyd op iemand anders wil toepas. Nie altyd op onsself nie.
Met al die nuwe langafstand jag en skiet, dink manne hulle kan ook dieselfde doen as gesoute skuts as hulle sulke toerusting aanskaf. Ek praat die week met 'n ou. Grootbek. Hy kannie 3 skote met 'n 30-06 op 'n A4 bladsy hou nie(met die gevolglike kwesbokke elke jaar), maar nou gaan hy 'n 6.5 koop. Want nou gaan hy die bokke wys. Hy gaan hulle op 800 meter skiet.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Wed Aug 01, 2018 4:37 pm
by 308Win
Maar dan ook as ek dink wat ek getik het, dan is die veiligste plek op die jagveld waarskynlik reg voor die bok op 800m.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sun Oct 14, 2018 11:22 am
by naas222
Hallo manne. Ek seker op verkeerde draad en as ek hi jack skuif hom asb.
Ek glad nie n Long range skieter of jagter nie.. so my kennis en deelnemers aan die tipe van jag of papier skiet baie beperk.
Ek en my swaer sit met so 500ha in Warmbad.
As ons sou geld spandeer en n sentrale skiet punt met 3 skiet vlakke van 300m tot 800m x sê 50m wyd sou oopstoot en elke 50m merkers aanbring vir die doel van jag.. sou dit aftrek kry uit GP se jagters.. nie naweek lading ontwikkeling oefen nie.
Akomodasie en koelkamer beskikbaar.
Sou n ou nou standaard bok prys vra en tariewe of n extra vir die LR ouens.
Ek toets maar net die idee om te sien of dit haelbaar is.
En hoe weet ek as ek nou n ou daar aflaai of hy dit kan doen.. kan ek verwag op eerlikheid of is daar n naspoorings databasis /club waar n man inligting oor skut kan bekom..
Ek nie lus om ure saam ou te sit en wag dat bok on skootvlak kom nie..
Net n breedvoerige ant sal wardeer word
Dankie
Naas

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sun Oct 14, 2018 3:18 pm
by win270
Dit klink na 'n interessante gedagte. Jy wil as't ware "voorsitjag" in die bosveld implementeer. Na my beskeie opinie gaan jy dalk daarin slaag om 'n paar manne van bakkies te laat afklim en dan op so 'n manier die wild in te wag. Die hoeveelheid veld wat jy gaan moet opgee deur die area oop te stoot, is enorm. Ek neem aan die pryse van die wild sal ook die soort van oorhoofse kostes moet insluit.

Enigste moontlike voordeel is dat jagters beter kans gaan kry om 'n netjiese skoot te skiet en die bok slagkamer toe te laat kom.

Verskoning dat ek nie jou vrae volledig kan antwoord nie.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sun Oct 14, 2018 3:59 pm
by naas222
Ek laat eerder n ou 509m skiet as vanaf bakkie :)

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sun Oct 14, 2018 5:06 pm
by PWV
Waar val jy uit, Nasie? :confused:

Weet jy hoe lekker skiet 'n mens van 'n bakkie af? Jy kan selfs verder as 509 meter skiet. Sal maar net sukkel met 'n 222, veral as daar 'n luggie trek!

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sun Oct 14, 2018 5:25 pm
by JPS
Lees ek nou weer deur die posts en dink so by myself. 6 jaar is darm maar vinnig verby.

Lekker om weer name te sien soos Blok, James Wilson, oom piet Breedt ens. ens.

Dan dink ek ook aan die volgende:

And how far did we not come in the past few years.....

Die 6.5 Creedmoor is nou amper beste ding seders gesnyde brood, 6mm meerkat gewere is nou al in baie meer doppe te vinde, stywe twist 22-250 is nie meer die beste ding onder die son nie of altans nie meer die flavour of the month nie.

En ek het nou al drie .284Win gewere.

En ergste van alles is daar is nou selfs ‘n .308win in die kluis (maar dit is my laaitie sin met gaaitjie visier op) maar hy is nie in die kluis waar die .284’s staan nie :laugh:

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sun Oct 14, 2018 5:35 pm
by Diesel Dog
Ek nie lus om ure saam ou te sit en wag dat bok on skootvlak kom nie..
Net so is ek nie lus om ure te wag vir n bok om onder skoot te kom nie. :laugh: As jy die tipe jag wil aanbied sal die wild met aanjaers moet geroer word om onder skoot te kom. Die lang afstand jag word meestal beoefen in terrain waar die jagter sy prooi kan sien en dan sy skiet posisie beplan om n akkurate skoot te skiet en dit vat tyd en meeste kere moet jy jou posisie verskuif dan begin alles van vooraf.

DD

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sun Oct 14, 2018 6:04 pm
by Eduard Venter
naas222 wrote:kan ek verwag op eerlikheid
NEE. Meeste jagters is eerlik, maar moet asseblief nie daarop staatmaak nie. En selfs jou beste jagters maak foute in die veld. Daar is baie wat kan skeefloop in die veld as jy nie toesig hou nie.

Groete

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Mon Oct 15, 2018 6:59 am
by Smitstertjies
Ons skiet al n hele klomp jaar bokke op langafstand (300m tot 900m). Ons groepie pelle het met die tyd ons eie etiek norme opgestel waarmee ons gemaklik is:

1. Ons toerusting moet te alle tye 100% werk en getoets wees. Baie tyd op die baan voor ons gaan skiet.

2. Ons skiet net op die oop vlaktes, waar ons ten minste van n elevasie af kan skiet met n 180 grade uitsig voor ons. Baie maklik om n dier te volg na n skoot.

3. Ons skiet nie diere wat in troppe loop nie. Net alleenlopende diere.

4. Verkieslik skiet ons wind op/af alhoewel ons al die windmeters en katoeters nog steeds gebruik.

5. Ons skiet nie van bakkie af nie maar prone, waar jy baie meer stabiel is.

6. As n skoot nie aan is nie vat ons hom nie.

Met die basiese reels het ons in die laaste jare tientalle bokke oor 500m geskiet. Net 1 het in die veld agtergebly.

Volgens my is daar baie min plase waar L/A skiet regtig eties gedoen kan word waar die topografie hom daartoe laat.

Bosveld stapjag bly egter nog koning vir my.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Mon Oct 15, 2018 9:21 am
by Eugene
Naas, my eerlike antwoord is dat jy moet verwag dat ouens gaan misskiet en gaan kwes, net soos met enige ander vorm van jag. Een van die uitdagings van LA jag en is om die bok te kan volg met die teleskoop of verkyker of spotting scope na die skoot. Bokke wat op LA geskiet word (waar hulle nie van jou bewus is nie), reageer anders as 'n bok wat vir jou staan en kyk. Jammer as ek verkeerd verstaan, maar as jy "stroke" gaan oopsny, hoe gaan mens die bok volg as hy uit die strook uit beweeg na die skoot? Dit gaan ook nie net oor eerlikheid nie. As 'n jagter met 'n "harde" koeel skiet en hy skiet deur die bok, met gaatjie in en gaatjie uit, gaan die stof steeds agter die bok uitslaan en gaan 90% van die ouens dit as 'n mis roep, want dit is wat hulle in eerlikheid gaan ervaar. Tot jy die bok 'n week later dood in die veld kry en dan weet jy nie wie het geskiet en wie nie.... Ek weet eerlikwaar nie hoe geslaagd 'n "LA jag op aanvraag" gaan wees nie.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Mon Oct 15, 2018 9:26 am
by Wouter Roets
Naas

Vra n 100% misskootfooi, jy gaan geld maak soos daskak! ;D ;D ;D

As ek jou kan raad gee is dat jou plaas natuurlik geskik moet wees vir wat jy wil doen. Moet nie jou plaas in die proses weer oorkoop om hom te maak wat hy nie is nie.

Groetnis
Wouter

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Mon Oct 15, 2018 5:09 pm
by naas222
Wouter like jou plan om geld te maak.
Nee ok... ek verstaan nou beter.
Dankie vir terugvoer...sal maar die plan laat staan en loop en bekruip maar eerder voorgang gee..
Sterkte vir jul LA manne.. lyk my dis nie net skiet nie.. toerusting.. wind goeters.. range finders.. WATER drink aand voor die tyd..anders bewe julle te veel... dis n kuns op sy eie die gedoente...
Voel die afdeling kan maar sluit..
Dankie

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Mon Oct 15, 2018 9:11 pm
by Zuku
Jag is soos hardloop. Jy het die kort. middel en langafstand atlete, dan is daar nog die veld, maraton en ultra maraton atlete. Dan is daar nog wat multisport doen soos 2 kamp en ysterman. Almal hardloop, almal het verskillendestyle, oefeninge, uitrusting skoene en natuurlik op verskillende vlakke van beginner tot pro.

So is jag ook maar baie wyd verskillend elk met sy klompie eie aanhangers. metodes en uitrusting. Baie min mense het geld om ver skote te waag en om te betaal vir n kwesbok. Die wat kan, laat hulle maar ver skiet.

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Tue Oct 16, 2018 9:19 am
by Eugene
Zuku wrote:Jag is soos hardloop. Jy het die kort. middel en langafstand atlete, dan is daar nog die veld, maraton en ultra maraton atlete. Dan is daar nog wat multisport doen soos 2 kamp en ysterman. Almal hardloop, almal het verskillendestyle, oefeninge, uitrusting skoene en natuurlik op verskillende vlakke van beginner tot pro.

So is jag ook maar baie wyd verskillend elk met sy klompie eie aanhangers. metodes en uitrusting. Baie min mense het geld om ver skote te waag en om te betaal vir n kwesbok. Die wat kan, laat hulle maar ver skiet.
Jong Zuku, jag is maar 'n vreemde besigheid. Ek het die afgelope jag in Natal 'n BWB baie mooi geskiet op 585m in effens moeilike kondisies met die 6.5 en die dag voor dit 'n rooibok op 150m genick..... Dis soms die "maklike" skote wat mens frustreer....

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Fri Aug 09, 2024 4:50 pm
by Lategan1
Ek plaas hier, Erik se nuutste.

Beste.

https://youtu.be/6yq4u9INw94?si=tjQQppdgfNT1IM76

Re: Langafstand jag en Etiek

Posted: Sat Aug 10, 2024 12:30 am
by Capt. Yoda
Basies almal behalwe die seun met die AR was dood skote