Page 5 of 21

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Fri Nov 07, 2014 10:35 am
by Chevvy SS
As ek so iets sien pak ek sommer my gunne vir 'n jaar weg......... Mooi Eugene!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Fri Nov 07, 2014 11:24 am
by Jacques du Plooy
Jy het mooi probeer om daai bout uit te skiet :laugh:

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Fri Nov 07, 2014 2:27 pm
by Hein (Haan)
Lekker Eugene mooi geskiet.
daai geweer is nou kwaad

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Fri Nov 14, 2014 10:49 am
by QG18de
Manne

Hier is my poging. 400m in 'n dwarswind van so 10mph geskiet vanaf bipod en agterste rus.
Die koeel in die foto is 70,5mm tpl.

260 Rem
nosler cc 140gr @ 2780fps.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Fri Nov 14, 2014 12:13 pm
by Fritz
Netjies!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Fri Nov 14, 2014 1:46 pm
by Wouter Roets
[quote="QG18de"]
Die koeel in die foto is 70,5mm tpl.
quote]

Maggies maar dis n lang koeel! Hoe groot is jy dan want jou hand verdwerg daai rondte? ;D

Mooi gegooi daar.

Groetnis
Wouter

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Mon Dec 29, 2014 7:40 pm
by QG18de
Ek het darem die TPL gedeelte reg. Hehe.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:52 am
by WerMos
Dagse kerels

Ek deel graag hierdie 4 skoot groep wat ek geskiet het op 500m (8" ghong)

Kaliber: 6.5 Creedmoor

Geweer: Ruger M77 VT

Punt: 123gr A-Max @ 3080vps (44gr S365)

amper geen wind.

Groetnis
Lekker skiet!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 8:59 am
by Capt. Yoda
Baie netjies!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:11 am
by Smous v.d. Vyver
Ek wil graag hier 'n klip in die bos gooi.Ek ervaar presies dieselfde maar ek verstaan dit nie miskien weet julle slim manne.Hoekom as dieselfde skut 'n 5 skoot groepering op papier skiet is die groep 10 duim groot en dan 'n groepering op 'n gong is 2 duim somtyds of selfs kleiner.Ek self skiwt baie kleiner groepe op gonge wanneer dit by verder afstande kom 300m +

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:13 am
by Smous v.d. Vyver
Dit is nie asof jy 'n fyn mik plekkie het soos op plakker nie tog sit die skote bymekaar op verder afstande op gonge.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:20 am
by WerMos
Corné v.d. Vyver wrote:Dit is nie asof jy 'n fyn mik plekkie het soos op plakker nie tog sit die skote bymekaar op verder afstande op gonge.
Hallo Corne

EK het nog nooit op papier groepe probeer skiet verder as 300m nie.

hahaha dalk is dit omdat ons meer aandag gee met die korrel op daai groert teikens ek weet nie!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:30 am
by Eugene
Aim small, miss small! 8)

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:36 am
by Capt. Yoda
Ek hou van na n klein gong skiet.So 15-20mm gong is baie lekker vir my en dit help my om bitter klein groepe op 500m+ te skiet.











Almal wat nie in die 15-20mm is nie is mis en hy wys nie

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:47 am
by Nickvn
Ja Corne, En n mens skiet ook baie beter groepe as jy lekker alleen skiet waar niemand jou sien nie. Sodra jy tussen ander mense is en moet skiet dan maak daai groepe lekker oop. Seker maar minder stress as jy lekker net vir jou self skiet en nie hoef te presteer en jouself moet bewys nie. "Stage fright"

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 9:57 am
by Eugene
Capt. Oblivious wrote:Ek hou van na n klein gong skiet.So 15-20mm gong is baie lekker vir my en dit help my om bitter klein groepe op 500m+ te skiet.

Almal wat nie in die 15-20mm is nie is mis en hy wys nie
:o :o :o Wanneer kan ek kom klas vat by jou? Ek sukkel om 'n 200mm gong altyd op 500m raak te skiet.... ;)

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 10:00 am
by Capt. Yoda
aai ek en wiskunde ::)

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 10:14 am
by Smous v.d. Vyver
Ek het nou net begin bekommerd raak,gedog ek sal vir my ook sulke gonge moet koop as die ander manne dan so fyn skiet.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 10:27 am
by Gawie(13mm)
Capt. Oblivious wrote:aai ek en wiskunde ::)
Plaas jy stilbly en die manne laat sweet oor jou bonzai ghonge! >:D

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 10:27 am
by PWV
Eugene wrote:
Capt. Oblivious wrote:Ek hou van na n klein gong skiet.So 15-20mm gong is baie lekker vir my en dit help my om bitter klein groepe op 500m+ te skiet.

Almal wat nie in die 15-20mm is nie is mis en hy wys nie
:o :o :o Wanneer kan ek kom klas vat by jou? Ek sukkel om 'n 200mm gong altyd op 500m raak te skiet.... ;)
Eugene, jy sien mos hy sê al die skote is nie raak nie. Die wat hy vir die mense wys (die raakskote op so 'n klein ghong is redelik mooi gegroepeer), lyk indrukwekkend! ;)

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 10:33 am
by Capt. Yoda
Wel ek moet se ons skiet golf balle op 500m en hy is seker nie baieeeee groter as 20mm nie of meet ek nou weer verkeerd erens 8)

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 11:05 am
by Smous v.d. Vyver
hahahahahahahaha micro gonge!

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 11:21 am
by Capt. Yoda
My vrou se altyd ek moet eder net staan en smile as mense oor sulke goed praat.

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 11:27 am
by Eugene
Capt. Oblivious wrote:My vrou se altyd ek moet eder net staan en smile as mense oor sulke goed praat.
++>: ++>: ++>:

Ek het nou nie micro gonge nie, maar ek kan weer nie 'n 100mm gong op 300m raakskiet, voor ek nie eers die 100mm gong op 400 en die 200mm gong op 500m raakgeskiet het nie. Weet glad nie hoekom nie.... As ek by 300m moet begin, is dit mis, 400m raak, 500m raak. Nou begin ek op 400m, dan 500m en dan eers 300m....

Re: Langafstand groepering fotos

Posted: Tue Mar 17, 2015 11:31 am
by Hein (Haan)
Kaptein ek ken n ou wat se baas altyd vir hom se as hy sy mond oop maak kom sy voet daar uit. Jy het dit darem nognie so erg nie.