Page 5 of 8

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Mar 27, 2014 4:38 pm
by Nickvn
Vanoggend saam met n man daar uit die Swartwoud in Duitsland gaan skiet. Die man jag al die afgelope 15 jaar elke jaar hier in Suid Afrika en die man kan maar lood gooi. Toe ons inskiet toe wil hy begin op 300m en dan net check of sy 400m en 500m nog reg is…. ::) O my het ek gedink, een van daai windgatte………………. Hy het nie een skoot gemis nie. :o :o

Hy het 10 Blesbokke geskiet naaste op 310m en die verste op 464m. Nie dat ons nie nader kon kom nie, maar hy het lekker agter n rots gesit en die PH het range en die ander ou die wind geroep, en gewag dat die bokke verby loop. Net met twee was n tweede skoot nodig.

Die man het n Sauer 300WM met GRS kolf, Zeis 6-16 scope en hy skiet Berger koeels. Dit is mooi om te sien n man wat sy roer ken en kan skiet.
IMG_3805.jpg
IMG_3801.jpg

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Mar 27, 2014 4:42 pm
by Jean Marais
As jy wil ver skiet, is daar net een besliste feit: Ken jou geweer en koeël trajekte.

Lyk lekker Nick. Sien baie uit na ons jag in Mei.

Groete

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Mar 27, 2014 4:44 pm
by Hartskoot Hennie
Ek dink ek gaan sommer binnekort 'n dag se verlof moet insit! :)

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Mar 27, 2014 6:06 pm
by Rudie
Goeie naand Nick,

Ons is 3 manne hier van Witbank wat graag wil kom skiet. Ons is hoofsaaklik agter Blesbokke aan maar SWB sal ook op die spyskaart wees. Is daar nog datums in April oop ?

Groete

Rudie

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Mar 27, 2014 6:15 pm
by Nickvn
Hi Rudie, daar is nog die 22 April en 29 April oop. Skree maar as dit vir julle kan werk. Groete

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Sun Mar 30, 2014 12:36 pm
by Rudie
Baie dankie Nick, ek gaan Dinsdag aand met die manne bymekaar kom, maar dit lyk voorlopig of dit die 22ste gaan wees, sal jou laat weet.

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri Apr 04, 2014 11:21 am
by Nickvn
Ou Hugo en Jako het weer kom kuier met al hulle toys. Hulle het weer alles ingepak behalwe die kitchen zink. Mens sou sweer hulle het gekom vir n maand... ;D

Lekker gebraai saam met hulle en gesien gerasperde beet kom uit boksies uit…….

Ou Hugo met sy Fanta Grape 300 Short Mans Wily of te well WSM
IMG_3823.jpg
Jako en sy bokkie ontspan in die veld tussen die blommetjies.
IMG_3834.jpg

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri Apr 04, 2014 11:26 am
by Nickvn
Het ook n gister Oupa, seun en kleinseuns uit geneem.

Die oom is nou 79. Ek kon hom darem op n mooi SWB bul kry met bietjie diesel stalk vanuit die voorste sitplek. Die ou bene wil nie meer nie en na 4 hartomleinings en diabetes wat die oe pla, is dit die naaste wat hy weer aan jag kon kom.

Mooi skoot in die kuiltjie op so 150m met 300 H&H
IMG_3857.jpg

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri Apr 04, 2014 1:05 pm
by Jean Marais
Mooi Nick man. Kyk net hoe straal daai oupa. Ek sien baie uit na ons kuier in Mei. Kan net lekker raak.

Groete

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Mon Apr 07, 2014 12:46 pm
by Giepie
Mooi bul daardie, eintlik altwee. :-)

Een van die dae ...

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Sat Apr 12, 2014 5:12 pm
by kettie
Dag se nick,se my gou bietjie is daar nog plek en wild beskikbaar in mei vir n dag of 2

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Sat Apr 12, 2014 8:30 pm
by Nickvn
Dagse Kettie, ek het nog net n paar SWB oor en die eerste twee weke in Junie. PM my as jy belang stel. Groete

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Apr 17, 2014 4:06 pm
by Nickvn
Vanoggend saam met n paar ouens van Nelspruit gaan jag. Die manne het darem Nelspruit se naam hoog gehou en mooi geskiet.

Lekker wye ou bul gewees.
IMG_3907.jpg
Mooi ou Harley Davidson
IMG_3899.jpg

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Apr 17, 2014 4:07 pm
by Nickvn
Nog twee mooi Harleys...
IMG_3898.jpg
IMG_3892.jpg

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri Apr 18, 2014 12:36 pm
by Jean Marais
Flippen mooi bokke. Geluk manne.

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri May 09, 2014 10:25 am
by Jean Marais
Dagsê Nick

Weereens dankie vir alles wat ons daar by jou kon deurbewe. Die manne was baie tevrede en hoogs beïndruk met hoe jy dinge doen. Ons het die jag baie geniet, en sal beslis weer so wil maak in die toekoms.

Ek het jou ook ge-PM

Groete

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri May 23, 2014 11:39 am
by Nickvn
Jean het bietjie kom kuier saam met n paar manne daar van Pretoria.

Hulle het goed geskiet en n paar bokke laat bakkie ry. Laat geraak en toe by ou Dewald gaan slag en hang.

IMG_4027.jpg

Dominee Ockie het ook sy bok gekry.
IMG_4024.JPG

Lekker vet ooi
IMG_4030.jpg

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri May 23, 2014 12:02 pm
by Rasmus
Hallo Nick

Is alles klaar daar by julle of is daar iets oor?

Groete

Rasmus

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri May 23, 2014 1:17 pm
by Jean Marais
Daai vet ooi se biltong is heerlik. Weereens dankie Nick.

Hoe lyk dit, kon die meisiemens toe darem daai skietbaadjie al inwy?

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri May 23, 2014 1:31 pm
by ROBBIE1
Mooi gegooi manne.

Jis maar die diere is in mooi kondusie!

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri May 23, 2014 2:38 pm
by Nickvn
Rasmus wrote:Hallo Nick

Is alles klaar daar by julle of is daar iets oor?

Groete

Rasmus

Hi Rasmus

Ek is besig met nog n konsessie met regtig mooi en groot bokke. Ek sal jou laat weet volgende week.

Groete

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri May 23, 2014 2:39 pm
by Nickvn
Jean Marais wrote:Daai vet ooi se biltong is heerlik. Weereens dankie Nick.

Hoe lyk dit, kon die meisiemens toe darem daai skietbaadjie al inwy?

Bly die biltong loop mooi.

Sy het nog nie met hom geskiet nie kom hopenlik vanmiddag hier by my oefen.

Groete

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Fri May 23, 2014 2:54 pm
by NicoSmit
laat weet maar asb. Ek wil my seun graag vat vir sy eerste Blesbok so in die skool vakansie se tyd

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Jan 08, 2015 4:28 pm
by Nickvn
Middag almal. Ons gaan weer jag hierdie jaar. Ons moet heelwat groot Blesbokke en SWB ooie afhaal en dit is ideaal vir die manne wat biltong soek. Ons sal nie hierdie jaar groot manlike trofees he nie. Die pryse het n paar rand op gegaan maar ek glo dit is nog goeie pryse. Ons sal eers so begin Maart begin jag.

Re: S Wildebeeste, blesbokke, hartebeeste, Zebra in Belfast

Posted: Thu Jan 08, 2015 4:33 pm
by Geno
Oom Nick.
Stuur asb pryse na geno@ggvarminting.co.za
Dankie!