Page 5 of 9
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Jul 13, 2020 9:24 pm
by tau
Dankie almal.
Redelik geskok met vleis skade. Die GS Customs 265gr HV het ek nou eers op Kudu een blad vir honde gekook en nou moes ek een rib omtrent 2/3 wegsny en die linkerblad ook. Bloeding is in nek aan albei kante. Ek het nie met 200gr Gs Customs of met 270 gr Barnes die tipe skade gekry nie. Het die koeël vanaand in linker blad gekry. Ek beseg dit is koeëls wat vir Buffel bedoel is, maar nie die tipe skade tweekeer namekaar verwag nie.

Dit is die eerste GS Custom wat ek al herwin het.

Ingangs wond

Koeël het hier in linker blad gestop

Hierdie is regterkant waar koeël by agterkant van ribbes in is. Bloeding loop op tot in nek en op blad skeiding. Die slagter het nie netjies die blad verwyder nie, want hy was sponserig.
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 3:06 am
by Pappabeer
Baie geluk met daai mooi Gemsbok bul John! Daai foto lyk meer soos n klomp bloed wat daar sit as stukkende vleis.
Hoe lank het hy gelê nadat hy geskiet is, voordat hy gebloei is? Het hy met sy vel aan in die koelkamer gehang? Hoe lank voor die blad oopgevlek is om skoon te maak in daai oksel?
Jy en daai Ruger .375 verstaan mekaar mooi.
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 7:53 am
by tau
Pappabeer wrote: Tue Jul 14, 2020 3:06 am
Baie geluk met daai mooi Gemsbok bul John! Daai foto lyk meer soos n klomp bloed wat daar sit as stukkende vleis.
Hoe lank het hy gelê nadat hy geskiet is, voordat hy gebloei is? Het hy met sy vel aan in die koelkamer gehang? Hoe lank voor die blad oopgevlek is om skoon te maak in daai oksel?
Jy en daai Ruger .375 verstaan mekaar mooi.
Dankie Dewald.
Bok se pens is getrek 15 minute nadat hy geskiet is en ek het dadelik die vlies oop gesny en bok oop pens na onder laat lê dat bloed kon uitloop. Het ook gat voor in borsholte gesteek maar hy het niks daaruit gebloei nie. Bok is dadelik geslag en gehang. Ek het so 4 ure later die blad afgesny om te hang en toe sien ek eers die gemors in blad. EK besef toe hoe min hy gebloei het in veld.
Kyk die 265gr wat ingaan teen 2450 fps is nie belaglik nie en op 140m is hy darem seker al op 2200fps. Ek dink as hy anderkant uit is sou daar minder skade gewees het. As die bok se lyf die koeël stop absorbeer hy al die energie.
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 8:51 am
by Gian_dP
Netjies Tau! Sal ook eendag so oop visier wil kan skiet. Hopelik speel CFR saam dat ek my Ruger binnekort kan leer ken.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 8:54 am
by saswart
Baie geluk Tau!
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 9:34 am
by Koos Barnard
Tau die groot fout wat jy gemaak het is om daardie koeël nie teen 3200vps te laai nie... Volgens Gerhard se slimpraatjies destyds met my moet die GS Custom vrek vinnig wegvlieg en vrek vinnig tref dan is daar geen skade nie. So... tel 'n bietjie op jou lading, moenie sulke poefter-ladings skiet soos ek nie, ha-ha-ha!!!!
Mooi loop
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 9:51 am
by tau
Koos Barnard wrote: Tue Jul 14, 2020 9:34 am
Tau die groot fout wat jy gemaak het is om daardie koeël nie teen 3200vps te laai nie... Volgens Gerhard se slimpraatjies destyds met my moet die GS Custom vrek vinnig wegvlieg en vrek vinnig tref dan is daar geen skade nie. So... tel 'n bietjie op jou lading, moenie sulke poefter-ladings skiet soos ek nie, ha-ha-ha!!!!
Mooi loop
Wil mos my ore uitleën en ophou die GS Custom 200gr teen 2900fps skiet !!!!
Nou weet ek tenminste die 265gr GS Customs gaan 'n Buffel seermaak. Ek en Oom Gerarh was ook later slaags met mekaar oor ladings en oor sy advies aan my 3250fps uit my 20" loop gelewer het toe blameer hy my skaal en herlaai vermoë. Ek dink steeds die GS customs is yster koeëls en soos genoem is dit die eerste een wat ek herwin. Die Barnes 270gr maak vir my soms te min skade op bokke en hardloop reguit anderkat uit op Elande, BWB, Kudu en kleiner bokke wat ek al geskiet het. Nou almal weet ek is 'n 7mmRM fanboy, my Pa is nog erger en nou moet ek elkeaand as ons vleiswerk hoor watse 'K%K" kaliber 'n .375 is

Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 10:06 am
by Koos Barnard
Ek stem, die GS Customs is baie goeie koeëls. Ek het net uit beginsel opgehou om hulle te gebruik oor Gerhard se praatjies. Ek het verlede week 'n rooibokram geskiet met my .375 met 260gr Accubonds gelaai teen 1983vps (52gr S335). Maar daaruit kan 'n mens niks leer nie want die bok is op ongeveer 40m skuins agter die kop geskiet.
Mooi loop
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 10:55 am
by Capt. Yoda
Oom Koos, daai is amper soos om hom met n baksteen agter die kop te gooi
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 11:04 am
by tau
Capt. Oblivious wrote: Tue Jul 14, 2020 10:55 am
Oom Koos, daai is amper soos om hom met n baksteen agter die kop te gooi
Jong Oom Koos het in Dordabis grootgeword, daar is Kudu's so mak dat jy hulle sommer met klippe doodgooi.

Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Jul 14, 2020 12:22 pm
by Koos Barnard
Jip Kaptein maar dis effektief. Jy moet net leer raak gooi want jy moet kompenseer vir die feit dat die bok die koeël kan sien kom en dan koes. Baie eties sou ek sê, hê-hê!!!!
Mooi loop
Re: Oop visier bende.
Posted: Sat Sep 12, 2020 1:04 pm
by projagter
dae toe korrel, visier en teiken nog al drie duidelik was. Nou sien jy die een is die nader twee weg.
Re: Oop visier bende.
Posted: Mon Aug 30, 2021 1:36 pm
by heywillie
Het die naweek my eerste bok met my 375 Ruger geskiet op 111m.
Skoot was bietjie hoog, maar die dakvleis hang.
Het 23jaar terug my eerste bok geskiet met 'n oopvisier geweer, toevallig ook 'n rooibok en wou dit nog altyd weer doen.
Dit verander darem maar die dinamiek van die jag heeltemal sonder die glasies op - "optically challenged" soos my swaer dit noem.
Baie bly ek kon dit weer regkry !
WhatsApp Image 2021-08-30 at 12.45.58.jpeg
Re: Oop visier bende.
Posted: Wed Sep 01, 2021 9:33 am
by Wouter Roets
Lekker man! Baie geluk!
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Sep 02, 2021 12:27 pm
by Smitstertjies
Twee naweke terug die Njala gejag met die 416Rigby sonder teleskoop. Altyd gedog Njala jag is maklik. Toe nie! 2 ure se bekruip om naby genoeg te kom.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Sep 02, 2021 2:34 pm
by Frederik
Netjies Martin geluk met jou njala.
Hoe ver was die skoot toe?
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Sep 02, 2021 3:08 pm
by Koos Barnard
Baie geluk Martin!
Oop visier bende.
Posted: Thu Sep 02, 2021 3:17 pm
by Smitstertjies
Dankie Julle. Frederik, so 30 tree. Nooit geweet Njala is so skelm nie. Jy stalk hom van 200m af dan kruip hy weg in dik bosse dat selfs n koedoebul by hom kan leer. Op n stadium het ons eers n ander bul se spoor geloop. Hy het so goed weggekruip dat hy letterlik 3 tree voor ons uit die bos gespring het en gehardloop het sonder dat ons geweet het hy is so naby.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Sep 02, 2021 3:52 pm
by Frederik
Klink soos 'n lekker jag, weereens geluk.
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Sep 02, 2021 4:19 pm
by swc-tr
Baie geluk manne, dit sit verseker weer die "jag" gedeelte terug, nie net van skiet nie.
Terloops, met die belangstelling tussen die oopvisier en reflex sight bendes, hoop ek daar is ook weer binnekort belangstelling in oopvisier/gaaitjievisier skyfskiet. Net soos oopvisier jag, is dit n uitdaging.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Sep 02, 2021 4:58 pm
by Capt. Yoda
Smitstertjies wrote: Thu Sep 02, 2021 12:27 pm
Twee naweke terug die Njala gejag met die 416Rigby sonder teleskoop. Altyd gedog Njala jag is maklik. Toe nie! 2 ure se bekruip om naby genoeg te kom.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie mooi bok daai!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Sep 03, 2021 9:14 am
by saswart
Netjies! Baie geluk!
Re: Oop visier bende.
Posted: Fri Sep 03, 2021 9:21 am
by Wouter Roets
Geluk Martin met n pragbul!
Re: Oop visier bende.
Posted: Tue Oct 12, 2021 5:03 pm
by tau
Smitstertjies wrote: Thu Sep 02, 2021 12:27 pm
Twee naweke terug die Njala gejag met die 416Rigby sonder teleskoop. Altyd gedog Njala jag is maklik. Toe nie! 2 ure se bekruip om naby genoeg te kom.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie geluk!!!
Re: Oop visier bende.
Posted: Thu Oct 14, 2021 7:26 pm
by heywillie
swc-tr wrote: Thu Sep 02, 2021 4:19 pm
Baie geluk manne, dit sit verseker weer die "jag" gedeelte terug, nie net van skiet nie.
Terloops, met die belangstelling tussen die oopvisier en reflex sight bendes, hoop ek daar is ook weer binnekort belangstelling in oopvisier/gaaitjievisier skyfskiet. Net soos oopvisier jag, is dit n uitdaging.
Sent from my SM-A125F using Tapatalk
Daar is nog manne wat so skiet. Op Piet Joubert skietbaan is daar jaarliks ‘n 303 skiet waar hulle nog oopvisier skiet tot op 300m