Persoonlik maak ek eers my doppe in die tuimelaar skoon. Dit verhoed dat enige kruitmerke of vuilis aan die dop "vasbrand". Ek gloei eers die doppe uit en druk hul dan deur die "nek matrys". Die res van my herlaai stappe volg dan soos normaal.
Ek tuimel met die slagdoppe in plek anders moet ek die media na die tyd uit die ontstekings gaatjies loswoel.
Groetnis.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Thu Aug 21, 2014 11:57 am
by Pvdw
Altyd eers aneal en dan size. Die aneal proses is juis daat om die sizing meer konstant/akuraat/effektief te maak.
As jy suze voor anealing size jy harde brass en is die anealing soos mosterd ma die maal.
Ek het ook een van die rotisserie motortjies gekoop en die ding aanmekaargeslaan.
Maar, my motor draai teen 19 sek per rotasie, so Gawie en Oom PWV sin is teen helfte van daai spoed.
Die stadig draai gee nogals problem met die optel van die doppe.
Gawie, kan ek julle maar 'n R&D fooi betaal vir jul geheime?
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sun Aug 24, 2014 8:44 pm
by Gawie(13mm)
Sal jou terug PM.
Groetnis.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 3:44 pm
by Hennie Oelofse
Gawie(13mm) wrote:Oom Pieter was gister op 'n inkopie strooptog. Hy het my met 'n pakkie droë wors kom afdreig om hom te help en dit is die eindproduk.
Watse motor het julle daar gebruik gawie?
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 5:05 pm
by PWV
Hennie, die video wat jy hier beet het, is van ons eerste prototipe.
\
Kyk na hierdie een:
Dis baie netjies PWV, dit is mos die een met die rotissirie motortjie wat n mens by Mika koop? Ek wonder net oor die motortjie wat so stadig draai... as ek so vinnig tel is daai doppe van jou meer as 10 sekondes in die vlam? Is 7 sekondes nie ideaal nie?
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 8:28 pm
by PWV
Hennie Oelofse wrote:
PWV wrote:Hennie, die video wat jy hier beet het, is van ons eerste prototipe.
\
Kyk na hierdie een:
Dis baie netjies PWV, dit is mos die een met die rotissirie motortjie wat n mens by Mika koop? Ek wonder net oor die motortjie wat so stadig draai... as ek so vinnig tel is daai doppe van jou meer as 10 sekondes in die vlam? Is 7 sekondes nie ideaal nie?
8 tot 9 sekondes. Jy reguleer die temp. deur die vlam nader of verder te skuif. Die temperatuur is belangrik, nie die tyd nie!
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 8:52 pm
by Gawie(13mm)
Stel die transformatortjie op 6Volt. Die dop is dan ongeveer 8.5 sekondes in die vlam.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 9:21 pm
by Hennie Oelofse
PWV wrote:
Hennie Oelofse wrote:
PWV wrote:Hennie, die video wat jy hier beet het, is van ons eerste prototipe.
\
Kyk na hierdie een:
Dis baie netjies PWV, dit is mos die een met die rotissirie motortjie wat n mens by Mika koop? Ek wonder net oor die motortjie wat so stadig draai... as ek so vinnig tel is daai doppe van jou meer as 10 sekondes in die vlam? Is 7 sekondes nie ideaal nie?
8 tot 9 sekondes. Jy reguleer die temp. deur die vlam nader of verder te skuif. Die temperatuur is belangrik, nie die tyd nie!
Ok het hom, dankie.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 9:22 pm
by Hennie Oelofse
Gawie(13mm) wrote:Stel die transformatortjie op 6Volt. Die dop is dan ongeveer 8.5 sekondes in die vlam.
Maak so, dankie vir die hulp.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 9:25 pm
by Gawie(13mm)
Hennie Oelofse wrote:
Gawie(13mm) wrote:Stel die transformatortjie op 6Volt. Die dop is dan ongeveer 8.5 sekondes in die vlam.
Maak so, dankie vir die hulp.
Kwaai. Rekening is in die pos.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 9:35 pm
by PWV
Hennie, jy moet van die begin af oplet in die klas!
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 10:00 pm
by Hennie Oelofse
PWV wrote:Hennie, jy moet van die begin af oplet in die klas!
Jong, ek is glad nie goed met elektriese goed nie. Het al n tumbler gebou... dit was n moerse gesukkel en nou wil ek n anealer bou... sover n moerse gesukkel. Maar ek sal daar kom. Aanhouer wen!!!
Re: Selfdoen anealer
Posted: Fri Aug 19, 2016 10:02 pm
by Hennie Oelofse
Gawie(13mm) wrote:
Hennie Oelofse wrote:
Gawie(13mm) wrote:Stel die transformatortjie op 6Volt. Die dop is dan ongeveer 8.5 sekondes in die vlam.
Maak so, dankie vir die hulp.
Kwaai. Rekening is in die pos.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Aug 20, 2016 1:19 pm
by Hansieslim
PWV/Gawie...
Wat is die koste van julle produk as ek dalk een wil bestel en vra vir aflewering in Pietersburg? Koerierkostes dus ingesluit asb.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sat Aug 20, 2016 2:02 pm
by PWV
Hansieslim wrote:PWV/Gawie...
Wat is die koste van julle produk as ek dalk een wil bestel en vra vir aflewering in Pietersburg? Koerierkostes dus ingesluit asb.
Die prys is: R1600.00
Verpakking en versending: R120.00 (in RSA)
Ekstra pan vir kleiner doppe (223 en 222): R90.00
Totaal: R1810.00
1. E-pos asseblief die bewys van betaling aan my, asook die adres waarheen ek die Gloeiman moet pos. E-pos: pwvorster@vodamail.co.za.
2. Ons gebruik PostNet omdat dit betroubaar is. Laat weet wat jou naaste PostNet-depot is - anders stuur ons dit per pos. (sluit jou selnommer in).
Google “Gloeiman annealer” (op You Tube) dan kan jy sien hoe hy werk.
(Gasbrander en pan wat doppe vang, nie ingesluit nie.)
Die temperatuur word gereguleer deur die vlam nader of verder van die dop te skuif. Om die regte temperatuur te bepaal, word Tempilaq 475 °F (246 °C) gebruik.
(Tempilaq nie ingesluit nie en word ook nie voorsien nie.)
Vra maar as daar nog onduidelikhede is.
Groetnis
Pieter W.Vorster.
Paarl
Ns. Wagperiode normaalweg ± 10 dae vandat geld oorbetaal is en ± 3 dae in die pos.
Re: Selfdoen anealer
Posted: Sun Aug 28, 2016 10:35 pm
by CorneA
Vir die manne wat n paar rand wil spaar totdat jy n gloeiman kan koop kan julle hierdie probeer, https://youtu.be/1uPlbB6LHKE