2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7546
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Wouter Roets »

Lekker John!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by joe rocket »

Nou Johnna het julle darem eties van naby gejag? ;D
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Johan Nel »

wynis wrote://uploads.tapatalk-cdn.com/20190804/5f17584a6a84b60056e7a16719e00c5c.jpg
My jongste dogter is verseker ‘n gelukbringer.
My eerste Blesbok, Blouwildebees en nou Rooihartbees saam met haar gejag. Almal te voet en na harde werk.
Sy kon die naweek nie haar eerste bok kry nie, maar daar was ‘n paar geleenthede wat net nie uitgewerk het nie.
Ons maak klaar planne vir die volgende jagtog.
Netjies man!
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Stephan86 »

Ons (ek en Emile AKA OupaZA soos bekend hier op die forum) het oor die langnaweek in Augustus weer ons jaarlikse springbok jag/uitdun naweek gehad daar in die Hopetown omgewing. Ons het die Donderdag middag weg gespring en eers na donker op die plaas aan gekom. Vrydag oggend het ons al bibberend (agv die kouefront wat net deur die Kaap beweeg het) soos gebruiklik die gewere gaan toets op die baan.

Die plan was dat ons Vrydag eers al die jong springbokramme in ons teelkamp sou uitskiet en dan ons getalle volmaak op die res van die plaas. Ek en Emile het elkeen ons stelling in geneem in die kamp waar ons die springbokke sou voorsit. Die kamp is ongelukkig bietjie groot vir net twee manne in die veld en wat dit moeilikker gemaak het wou die bokke nie regtig by ons draai nie. Emile kon gelukkig 'n jong rammetjie afhaal voor ons middagete gaan eet het.

Die middag sessie het beter gegaan en ons kon 'n paar rammetjies afhaal asook 'n foutjie van my kant af. Die foutjie is so begaan, met een van die kere wat daar so 'n trop bokke verby my hol sien ek 'n jong ram en sonder om twee keer te kyk, skiet ek hom sommer so on die hardloop. Met die loop haal van die bok tussen die klippe kom ek agter met elke tree wat ek nader gee dat my rammetjie al hoe meer sy geslag verander en so 20m weg is daar nou geen meer twyfel dat ek soos my g@t gekyk het en een van ons teel ooie geskiet het.
Springbokooi 9 Aug 2019.jpg
Saterdag het gekom en ek moes nog so paar springbokke skiet om saam huistoe te neem. Daar was besluit dat ons die dag sou dieselbekruip aangesien ons in 4 verskillende kampe sou jag. Ek en my 308 wou nie die dag baie mooi saam werk op die langer afstande nie en na ek met 5 skote slegs twee bokke kon skiet met die 308 was Emile so gaaf om sy 223Al aan my te leen en toe gaan dit voor die wind en kon ek vinnig 4 bokke almal met een skoot in die kop laai.
Springbokke 9 Aug 2019.jpg
Ek soek al 'n rukkie vir 'n mooi voorstelling van 'n springbok trofee om my ander trofeë aan te vul. So was ek die geleentheid gegee om 'n ex-teelram wat toe nie so besonders uitgedraai het nie ook af te haal.
Mooi Springbok 9 Aug 2019.JPG
So vir nou is die biltong, droëwors, maalvleis en braaiwors genoeg tot ons volgende jaar weer die pad karoo toe vat.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Frederik »

My eerste buffel wat ek vir myself gejag het.
Dit was die tweede keer dat ek die jaar gaan soek het en die geluk het aan my kant gedraai die keer met die prag ou koei.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by NicoSmit »

My jag in Harrismith se berge so rukkie terug
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by DanieDegenaar »

Hier is so bietjie van ons jagte ook die jaar. Met die kinders dra ek deesdae meer geweer as wat ek self skiet.

My jongste (6 jaar) was bevoorreg gewees om sy eerste bokke te skiet die jaar. Hy het 'n rooibok ooi geskiet naby Rust te Winter en toe 'n baie mooi ram op Alldays. My oudste (9) het ook 'n ooi en ram geskiet op die selfde plekke.

Ek het self darem bloed getrek, Blouwildebees op Rust te Winter en 7 springbokke en 'n varkie in die Vrystaat! Die springbok jag was 'n eerste vir my en ek het dit ongelooflik geniet!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DanieDegenaar
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 368
Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by DanieDegenaar »

Nog
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by FCLoretz »

Was die 4-6 September in Dullstroom en het vir Mamma gevat om haar Rooihartbees te jag, ek het ook toe sommer 'n Blesbok in gewerk.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190906/acd1c15d25d46e5a95457189f4176299.jpg

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190906/04109e08a0b2ad958f4a41e549d32724.jpg

Blesbok is op 90m met die 30-06 gejag en die Rooihartbees is op 170m met die 6.5x55 gejag.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by Frederik »

Frederick, was julle by Gerhard?
Geluk julle.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 2019 Jag. Kom deel jou geluk.

Post by FCLoretz »

Frederik wrote:Frederick, was julle by Gerhard?
Geluk julle.
Hi Frederik, ja ons was daar by Gerhard. Ek kan met alle eerlikheid se vinnigste blesbok jag ooit, maar dit was lekker. En die rooihartbees van my vrou se sy dit was die lekkerste jag waarop sy ooit was.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
Post Reply