Skietstoel direk van vevaardiger.

Handelaars wat advertensie regte gekoop het mag hier adverteer/Dealers that have paid for advertising rights may advertise here.
Post Reply
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

3D SKIETSTOEL EIENAARS

BAIE DANKIE VIR ALMAL WAT MY DIE JAAR GEONDERSTEUN HET. VINCENT CLACK IS DIE LAASTE PERSOON WAT SY STOEL NOG MOET ONTVANG WAT KLAAR AFGELEWER IS IN PRETORIA. MAG JULLE DIE LOOD RAAK GOOI EN OOK 'N GESEENDE FEESTYD Hê.

MOOI BLY

NS. IAN, GELUK MET DIE 100STE "REPLIE" OP DIE "TOPIC".
VAN IAN ;D ;D
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Roger »

Ek self het nog nie n stoel aangeskaf nie, maar ek was nou in n paar stoele saam met ander manne.
Ek het nie op n stoel gesit wat ongemaklik was nie, maar Ian sn was vir my die gemaklikste en maklikste om op en af te laai.

Persoonlik het ek baie lekker gesit in Reggie se 3D Skietstoel van Ian. My besluit is gemaak op sit en pas, en ek het besluit op een van Ian se stoele.

Alles het mooi by mekaar gekom vir my en ek was baie gemaklik.
Binnekort sal ek ook kan pronk met n 3D Skietstoel van Ian agter op my Isuzu ++>:
Too many to mention ;-)
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

OPVOUBARE 3D SKIETSTOEL.

Hoe vêr sal ek gaan om die kliënt se stoel pasmaak te maak sodat dit aan die kliënt se behoeftes voldoen? Hier is 'n mooi storie. Oom Johan (Prohunt) het vir hom 'n ruk terug 'n ander skietbakkie aangeskaf en my gevra of ek vir hom 'n skietstoel kan bou wat kan opvou. Die rede daarvoor is dat as oom Johan nie in die jagveld is nie die stoel kan opvou en so sy "canopy" kan toesluiter en so sy skietstoel permanent binne in die bak los. Wat nou aangenaam is van dit, niemand sal sê dat oom Johan 'n jagter is nie en alles wat die oog nie moet sien nie is onsigbaar.
So 'n paar foto's
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Roger »

Bakgat!
Too many to mention ;-)
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Danie01 »

Ian,

Ek het net een vraag oor jou stoel: Sal n mens nie uitval uit stoel uit terwyl bakkie ry nie? Dit is nou as jy deur onverwagte gat of oor klip of iets ry. Ek het al my alie afgeval met my eerste stoel wat ek self gebou het omdat dit nie reelings teen kant gehad het nie, los uit die stoel uit gegooi toe my broer deur erdvarkgat ry.

Groete
Danie
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by G-force »

Danie01 wrote:Ian,

Ek het baie kilos agter die blad in my stoel wat ek by Ian gekry het sovel as klomp ander stoele.Nog nie een keer uitgeval nie.Dalk le die probleem by die drywer wat nie die ou in die stoel in ag neem nie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Roger »

G-force wrote:

X2

:-)
Too many to mention ;-)
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Dawie Malan »

Na so Een en 'n halwe bottels Bells

...dan val ek uit Ian se stoel uit.
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Roger »

Dawie Malan wrote:Na so Een en 'n halwe bottels Bells

...dan val ek uit Ian se stoel uit.

Ek val tot uit my tekkies uit :-)
Too many to mention ;-)
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by G-force »

Dawie Malan wrote:Na so Een en 'n halwe bottels Bells

...dan val ek uit Ian se stoel uit.
Jy het mos geld,koop beter whisky man.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Roger »

JWB loop mooi op n jag :-)
Too many to mention ;-)
SNIPER
Full Member
Full Member
Posts: 240
Joined: Mon Oct 19, 2009 6:49 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by SNIPER »

Hi Dawie

Reel dat Ian vir jou saftey belt op daai stoel vas sit dan reel ek nog n bottel Bells.

Groete

SNIPER
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Danie01 »

Dankie manne van die sirkus.

Nee ek weet mens behoort nie so maklik uit te val nie en my drywer het al baie vir my gery maar daardie keer het hy nie die gat gesien nie en mens verwag dirt mos ook nou nie terwyl jy in stoel sit nie.

Ek het daarna vir my stoel arms aan kante gesit en lyk nou meer soos alan truter se stoel (dink dit is sy stoel, die een wat oom heinrich ook het).

Hoop nie jul vang n gat eendag onverwags nie. Sit maar daai safety belt aan. 8)

Groete
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by cassie_calvinia »

ek het vir my 'n skietarm bestel bt ian.
werk hy lekker, hou hy geweer goed vas? as ek by hek oopmaak, kan ek maar geweer los op bakkie?
die Velcro voor, maak jy seker net liggies vas?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by marno »

Baie dankie ou Ian.

Ek sal later klomp mooier foto's neem met al die "goodies" op die stoel.

Wou net solank baie dankie sê vir jou moeite.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Cobus(Cobb) »

cassie_calvinia wrote:ek het vir my 'n skietarm bestel bt ian.
werk hy lekker, hou hy geweer goed vas? as ek by hek oopmaak, kan ek maar geweer los op bakkie?
die Velcro voor, maak jy seker net liggies vas?
Daai "ruffie en fluffie" voor moet jy leekkkker styf vastrek as jy ry, maar haal heeltemal af as jy skiet..(drukpunt)

Marno, my 240 lens is dalk later vandag by my....he he ou maat, ek kannie wag nie

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by marno »

Hahaha lekker man Cabous!!

Jy gaan lekker skiet.
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Dawie Malan »

Ian het gevra dat ek fotos van my 3 D skietstoel modifikasies hier opsit. Ek het my skietarm na 'n boks verander sodat ek GPSe, fluitjies, tweerigtingradio's, pistool, selfoon, bottel OBS en patrone kan insit. Ek het 'n klein gaaitjie bo in die boks geboor om hom op te lig met my vinger en my doppies daarin te gooi. Ek het die muurprop sisteem geskuif en onder die boks monteer om meer plek op die stoel te hê. Die boks se deksel word met 'n groot luidspreker magneet vasgehou. Ek het skuimrubber op die boks geplak om daarop te druk, net soos Ian dit doen. Ek het die binnekant van die boks met 'n 2mm skuimrubber uitgevoer om klank te demp. Ek het pienk gekies om gestand te doen aan die bynaam wat Geno my gee. ;D

Ek het ook 'n ring gesny wat vir my makliker werk om my stoel mee te draai en dit op die basis vas gesweis.

Al die sweiswerk het ek self gedoen.

Groete

Dawie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by BLOK »

Dawie

Lyk nice en die kleur pas by jou. Ek het juis die naweek vir Ian gese hy moet so kas aanbring, dit is iets waarsonder mens nie kan klaarkom nie. As ek jou nou ook n tip kan gee is dit boor onder in daai kas twee of drie gate. As dit reen kom die water daar in, hetsy by die gat vir jou doppe of as jy ry tussen die deksel en die kas. Glo my dit is nie lekker as jy die kas oopmaak en alles dryf in die water nie.

Net nog een vraag. Waneer borduur jy jou naam in pienk agterop die rugstut. ;) ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by kopskoot »

Dawie Malan wrote:.

Al die sweiswerk het ek self gedoen.

Dawie

Adverteer asb jou dienste op die regte thread.

Werkgeleenthede vir lede! Hou asseblief by die forum reels, om verwarring te voorkom en te verhoed dat die kosbare platform, 'n free for all bazaar word

Dit sal wardeer word

Streng groete

Kopskoot

Ps Ek's mal oor pienk!
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Dawie Malan »

Dankie Blok!

Ek het 2 gate ingeboor vir daai doel.

Ek het meer gedink aan 'n pienk neon sign agterop. Wat flikker.

Groete
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Dawie Malan »

Adverteer asb jou dienste op die regte thread.

Werkgeleenthede vir lede! Hou asseblief by die forum reels, om verwarring te voorkom en te verhoed dat die kosbare platform, 'n free for all bazaar word
Kopskoot

Ek vra nie geld vir sweiswerk nie, ek doen dit gratis en verniet. Gee asseblief my selnommer vir jou vrou.

Groete
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Ian »

Blok

Ek glo nie die bottel STROH van Dawie sal sommer dryf in daardie box van Dawie nie ;D . Hy het spesiaal dit gebou vir sy Whiskey en Stroh.

Dawie

Baie netjies gedoen. Jy is 'n man van vele talente. Nou het ek moeilikheid.

Groete
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by kopskoot »

Dawie Malan wrote:
Adverteer asb jou dienste op die regte thread.

Werkgeleenthede vir lede! Hou asseblief by die forum reels, om verwarring te voorkom en te verhoed dat die kosbare platform, 'n free for all bazaar word
Kopskoot

Ek vra nie geld vir sweiswerk nie, ek doen dit gratis en verniet. Gee asseblief my selnommer vir jou vrou.

Groete

Jy moet die regte "tools" he, as jy delicate werk wil doen,Dawie

Daai ou "spotweldertjie" van jou gaan nie die mas opkom nie. Onthou sy's gewoond aan my "profesionele diens"
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: 3D Skietstoel direk van vevaardiger.

Post by Dawie Malan »

Kopskoot

As jy "professioneel" wil wees moet jy dit eers kan spel.

Hahahahahahaha
Post Reply